Menu terloops
In TV [10 Feb 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Een keer om die son’ S2


Kom saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se meeslepende gesinsdrama, ‘Een keer om die son’, se tweede seisoen.

Deur Redaksie
Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Een keer om die son’ S2

Ná die eerste paar episodes van Een keer om die son se tweede seisoen, blyk dit dat dié omwenteling kykers ewe veel as die eerste seisoen ontroer. Dié familiedrama, wat onder leiding van die akteurs en storieskeppers Ivan Botha en Donnalee Roberts vervaardig is, sien die terugkeer van al die hoofspelers in hul onderskeie rolle – en ook enkele nuwe gesigte – soos ons die Van Wyk-familie se doen en late (en trane en trauma) oor die verloop van nog ’n kalenderjaar volg.

Jacques Bessenger is dr. Ruan van Wyk, en sy kinders word gespeel deur Liam Bosman (Markus), Alma van Heerden (Leandri) en Klara van Zyl (Sophia). Jana Kruger (Lani), wie se dood Ruan en die kinders steeds verwerk, is weer in terugflitse te sien. Amé (Donnalee Roberts), Ruan se jonger suster, se huwelik het in die eerste seisoen in die hek geduik. Albert Maritz is te sien as Sebastian, ’n afgetrede professor in insektekunde. Joanie Combrink is Elma, die Van Wyks se matriarg wat in die eerste seisoen met Alzheimer se siekte gediagnoseer is.

Een van die nuwelinge op stel is die bekroonde Binnelanders-alumna Cindy Swanepoel. Sy is te sien as Erika du Randt, ’n maatskaplike werker by die hospitaal waar Ruan nou die hoof is. Heinrich Wentzel van Niggies– en Die Nuusmakers, betree ook in dié seisoen die Van Wyks se wêreld as Elijah Smith.

Kyk saam met Terloops na wat op die stel van dié dramareeks tussen tonele gebeur het. (Die foto’s is deur kykNET verskaf.)


Die tweede seisoen van Een keer om die son saai Dinsdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. Kyk ook die eerste seisoen op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies