Wat begin het as ’n perfekte wegbreek op die idiliese Kalfiebaai, het verander in ’n dodelike nagmerrie in die dramareeks Die Oord.
Hier is als wat jy moet weet voor vandeesweek se finale episode:
Skuldig, onskuldig… of framed?
Marioli se optrede het ernstige vrae laat ontstaan oor of sy Prediker se copycat is. Die grootste skok van als is dat sy haar intieme verhouding met Stefan voortgesit het, selfs nadat sy uitgevind het dat hulle sibbe is.
Die leidrade wat ons dalk gemis het
Noudat ons weet dat Stefan aan selfdood gesterf het, is dit asof die doppe van kykers se oë afgeval het. Subtiele leidrade wat deur die loop van die reeks dalk misgekyk is, is nou duideliker – die senuweeagtige kyke, die onderbroke gesprekke en die sigbare angs wat na vore gekom het wanneer Stefan se dood ter sprake gekom het.
Een gemeenskap. Te veel geheime
Elke moord het skokgolwe deur Kalfiebaai gestuur, maar hoe dieper die ondersoeke gegaan het, hoe meer ontstellend het die waarheid geword. Elke onthulling het nog ’n leuen oopgevlek. Wat aanvanklik soos afsonderlike misdade gelyk het, het ontwikkel in ’n web van familieverraad, verborge identiteite en geheime.
Die einde is in sig
Met die finale episode op hande, sit kykers met meer vrae as antwoorde. Wie het die gebeure agter die skerms gemanipuleer? Wie sal nog staan wanneer die stof gaan lê? ’n Pragtige vakansie-paradys het ’n begraafplaas van geheime geword, met gesinne wat uitmekaar geskeur is, vertroue wat vernietig is en lewens wat verlore gegaan het.
Kyk die finale episode van Die oord op Dinsdag 23 Junie om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Alle episodes is na uitsending op Catch Up beskikbaar.







