Menu terloops
In TV [19 Jan 2026]

‘Een keer om die son’: Wie’s wie in tweede seisoen van gewilde gesinsdrama


Die rolverdeling van die gesinsdrama ‘Een keer om die son’ sluit van skermlegendes soos Albert Maritz en Joanie Combrink tot kykergunstelinge soos Donnalee Roberts en Jacques Bessenger in, met Ivan Botha as regisseur.

‘Een keer om die son’: Wie’s wie in tweede seisoen van gewilde gesinsdrama
Kyk lokprent

Die storieskeppers en kreatiewe duo Donnalee Roberts en Ivan Botha se eerste uittog as die vervaardigers van ’n TV-drama het in die eerste seisoen van Een keer om die son vir een helse emosionele wipplankrit gesorg. Daarin het ons gesien hoe ’n gesin gaan van lag en dans, na huil op die vloer – als oor die verloop van ’n enkele jaar.

Tweede keer om die son

Vir die tweede seisoen word dieselfde resep gevolg met elke episode van die reeks wat een maand van die jaar uitbeeld.

Maar, wanneer die tweede seisoen van Een keer om die son op 20 Januarie 2026 begin uitsaai, is die Van Wyk-gesin nie weer oudergewoonte saam om die afskop van die nuwe jaar te vier nie. Die lewe het sy pad geloop, en elkeen het hul eie uitdagings – nie net op die eerste dag van die jaar nie, maar ook in die 12 maande wat gevolg het. Onder die uitdagings tel aanvaarding vind, tweede kanse aangryp, verslawing, lewensveranderende mediese probleme en elkeen se soeke na hulle plek in die familiekring.

Oor wat kykers in die tweede seisoen kan verwag, sê Donnalee: “Die balans van seisoen 2 is voller as die eerste seisoen. Daar word verskeie temas aangeraak: angs en depressie, om jou eie sterflikheid in die oë te kyk, wat ná die dood gebeur, verslawing en hoe maklik dit kan gebeur, generasies wat weer saam onder een dak moet woon en ja, tweede kanse. In die hart en kern kom ons egter terug na die feit dat familie die middelpunt van jou sonnestelsel moet wees.” 

Ons vertel jou meer oor die karakters van dié reeks:

1

Jacques Bessenger as dr. Ruan van Wyk

Een keer om die son
Ruan word deur Jacques Bessenger vertolk. Foto’s: Skermgrepe/Verskaf

Jacques Bessenger is weer te sien as dr. Ruan van Wyk, ’n neuroloog wat sy werk soms voor ander prioriteite plaas. 

2

Jana Kruger as Lani van Wyk

Een keer om die son
Jana Kruger as Lani.

Jana Kruger is Lani van Wyk, Ruan se vrou, wat in die eerste seisoen oorlede is en wie se dood meer vrae as antwoorde gelos het. Lani is in terugblikke weer deel van seisoen 2. 

3

Die sibbe

Een keer om die son
Liam Bosman
Een keer om die son
Alma van Heerden
Een keer om die son
Klara van Zyl

Ruan en Lani se kinders is Markus (Liam Bosman), Leandri (Alma van Heerden) en Sophia (Klara van Zyl), en in dié nuwe seisoen het elkeen ’n uitdaging wat oor hul pad kom. In die eerste seisoen het Leandri se gedrag baie rebels geraak, terwyl Sophia eerder na haar eie fantasiewêreld ontsnap het om só van haar realiteit sin te maak. 

4

Donnalee Roberts as Amé Cloete 

Een keer om die son
Donnalee Roberts as Amé.

Amé Cloete (Donnalee Roberts) is ’n ambisieuse finansiële bestuurder in haar dertigs. Sy is ook ruan se jonger suster, en haar huwelik het in die eerste seisoen op die rotse beland. In seisoen 2 vind sy haar voete as onafhanklike en ambisieuse vrou, maar sal sy weer liefde vind? 

5

Ouma en oupa

Een keer om die son
Joanie Combrink en Albert Maritz.

Albert Maritz is te sien as Sebastian, die afgetrede professor in insektekunde, en Joanie Combrink is Elma, die matriarg van die Van Wyks wat in seisoen 1 met Alzheimer se siekte gediagnoseer is. 

6

Cindy Swanepoel as Erika du Randt

’n Nuwe karakter in seisoen 2 is Erika du Randt, ’n maatskaplike werker wie se loopbaan haar eerste en enigste liefde is. Die rol word deur Cindy Swanepoel vertolk. 

7

Susanne Beyers en Pierre van Pletzen as Salie en Jan Wessels

Een keer om die son
Susanne Beyers en Pierre van Pletzen.

Die akteurs Susanne Beyers en Pierre van Pletzen vertolk Salie en Jan Wessels. Hulle is Sebastian en Elma se beste vriende. 

8

Heinrich Wentzel as Elijah Smith

Die jong akteur Heinrich Wentzel, bekend vir sy rolle in Niggies en Die nuusmakers, is te sien as Elijah Smith, met wie Leandri se pad op ’n ongewone manier kruis. 

9

Alex van Dyk as Xavier 

Xavier (Alex van Dyk) is Leandri se kêrel. Hy is die cool kind op skool, en steur hom glad nie aan reëls nie.

10

En nog…

Ander karakters wat terugkeer, is Markus se dansmaat, Charlie (Simone Neethling), Lani se pa, Trevor de Kock (Deon Lotz), die verpleegsuster Karen (Isadora Verwey) en Charl Boshoff (Ivan Botha), Amé se kollega.

Een keer om die son
Isadora Verwey as Karen.
Ivan Botha as Charl.
Simone Neethling as Charlie.

Die tweede seisoen van Een keer om die son begin op Dinsdag 20 Januarie op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitsaai. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. Kyk ook die eerste seisoen op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies