Menu terloops
In TV [17 Mar 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van senutergende moordreeks ‘Die oord’


Kom loer saam met ons agter die skerms op die stel van TV-skepper Christiaan Olwagen se nuwe dramareeks, Die oord, met Jana Kruger in die hoofrol.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van senutergende moordreeks ‘Die oord’
Kyk lokprent

In Die oord is Martie Pretorius (Jana Kruger) ’n kriminoloog wat vir die eerste keer in jare met vakansie gaan. Haar seun, Paul (Liam Bosman), is op universiteit, en hulle sien mekaar min. Martie is oortuig hierdie vakansie by die Seerust-kampterrein in die fiktiewe Kalfiebaai by haar suster, Elsabé (Erica Wessels), en haar gesin kan hulle net goed doen… 

Maar die vakansie ontspoor egter wanneer ’n tienerseun se liggaam op die strand gevind word. Skielik is almal ’n verdagte. Terwyl Brandi Jacobs (Melissa de Vries) van die plaaslike polisie dink dit is die bendes van die Kaap wat hulle kloue in die klein gemeenskap begin inslaan, het Martie ’n ander teorie. Sy het immers jare gelede iets soortgelyk gesien… Is die reeksmoordenaar Prediker terug? Só word sy teen haar sin by die ondersoek ingetrek terwyl sy ook probeer om ’n verpletterende geheim vir haar seun weg te steek.

Ook in die rolverdeling tel akteurs soos Zane Meas, Antoinette Kellerman, Laudo Liebenberg, Minke Marais, Amalia Uys, Clayton Evertson en Nicole Holm.

Kyk saam met Terloops na wat op die stel van dié reeks tussen tonele gebeur het. 

Alle foto’s is deur Enya Degenaar geneem.

Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR
Die oord BTS, CREDIT: ENYA DEGENAAR

Die oord begin op 14 April op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies