Menu terloops
In TV [5 Feb 2026]

‘Boer soek ’n vrou’ se 17de seisoen nou ook op Showmax


Die 17de seisoen van die maatsoekreeks ‘Boer soek ’n Vrou’, wat verlede jaar op kykNET uitgesaai is en kykers week ná week vasgenael voor die kassie gehou het, is nou op Showmax beskikbaar.

Deur Redaksie

Kyk 'Boer soek ’n Vrou' op Showmax

‘Boer soek ’n vrou’ se 17de seisoen nou ook op Showmax

Dis nog sowat ses maande voordat die volgende sarsie boere se liefdesavonture as deel van die 18de seisoen van kykNET se Boer soek ’n vrou begin. As ses maande soos ses maande te veel voel, is daar goeie nuus: die mees onlangse seisoen van dié immergewilde maatsoekreeks is vanaf Donderdag 5 Februarie 2026 op Showmax beskikbaar.

Hier is als wat jy oor S17 van Boer soek ’n vrou moet weet. (En lekker kyk!)

S17 se boere…

“Om te sien hoe die boere verander van die begin tot die einde, en wat hulle ervaar, was net onbeskryflik spesiaal,” het Reandi Grey, Boer soek ’n vrou se aanbieder, oor dié boere se reis vertel. Oudergewoonte het ons in die eerste episode al 10 boere ontmoet, waarna die res van die reeks net om die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, gedraai het. Lees meer oor dié vyf boere.  

Die top-vyf! Foto’s: Verskaf

Volg saam

Terloops se Annelene Oberholzer het naarstiglik saamgekyk en ’n recap vir elkeen van die seisoen se episodes geskryf.

Boer soek 'n vrou
Die vonke het vroeg reeds tussen Pieter en Anzelle gespat…

Ontboesemings…

Die deelnemers en boere het ook hul harte teenoor Terloops oopgemaak.

Onder ons gunsteling-gesprekke tel:

Boer soek 'n vrou, Lizelle
Lizelle het toe nie haar sprokieseinde met Rudi H gekry nie.
  • Elmarie Laubscher, oftewel Ella, se openhartige onderhoud waarin sy gedeel het dat sy vrede in haar geloof het dat haar liefdesverhaal steeds geskryf word. 
  • Daar is ’n tyd om te kom . . . en ’n tyd om te gaan. Maar ai, as dit jou tyd is om Boer soek ’n vrou te verlaat, is die gaan nie altyd lekker nie. Veral nie toe boer Evert vir “asemrowende” Theresa Venter huistoe gestuur het nie…
  • Die hartsake het egter ook nie tussen Evert en Lauren uitgewerk nie. Die liefde het omtrent vir dié twee tydens die reeks geblom, maar ongelukkig het dit na verfilming dat dié verhouding nie bestem was nie. “Die lewe het soms ’n vreemde manier om ons dinge oor onsself te leer. Dinge het nou wel nie uitgewerk op die manier waarop ek gehoop het nie, maar aan die einde van die dag het ek voel nou sterker, is meer bewus van my eie self en baie dankbaar vir die groei en die herinneringe waarmee dit gepaard gegaan het,” het sy vir Terloops vertel. Lees ook die res van die onderhoud.
  • Ons gesprek met Lizelle is ook een van daais wat ’n mens bybly. Natuurlik was daar teleurstelling, maar haar hart is egter nie gebreek nie, het Lizelle vir ons vertel nadat kykers onkant gevang is toe Rudi H met ’n splinternuwe pasmaat – en nie Lizelle soos almal verwag het nie – vir die reeks se vakansieweek aangemeld het. 

Boer soek ’n vrou S18 saai vanaf Donderdag 23 Julie 2026 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit. Die 17de seisoen is vanaf 5 Februarie 2026 op Showmax beskikbaar om te stroom. Seisoene 14, 15 en 16 is ook reeds op dié platform beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies