Menu terloops
In TV [13 Nov 2025]

Ontmoet ‘Boer soek ’n vrou’ se nuwe oes boere vir 18de seisoen


Ná talle kinkels en mooi liefdesverhale wat die pas afgelope seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ opgelewer het, maak Kupido gereed om die eerste pyle in die 18de seisoen van dié maatsoekreeks af te vuur met die bekendstelling van ’n nuwe groep boere.

Ontmoet ‘Boer soek ’n vrou’ se nuwe oes boere vir 18de seisoen
Kyk lokprent

Voor Herman Lensing en Yolani Abrahams Suid-Afrika se volgende bobaashuiskokke in Kokkedoor: Son & see op Donderdag 20 November begin soek, kan kykers eers begin wonder – of dalk droom – oor die nuwe boere van die volgende seisoen van Boer soek ’n vrou.

Ja, ná talle kinkels en mooi liefdesverhale wat die pas afgelope seisoen van Boer soek ’n vrou opgelewer het, maak Kupido gereed om die eerste pyle in die 18de seisoen van dié maatsoekreeks af te vuur. 

Kykers sal die tien boere om 20:00 op Donderdag 13 November op kykNET ontmoet, waarna hul profiele hier op Terloops gedeel sal word. 

Die boere se ouderdomme wissel van 26 tot 43, en hulle verteenwoordig ses provinsies, met die Vrystaat wat die voortou met vier enkellopendes neem, terwyl Noordwes deur ’n vroueboer verteenwoordig word. 

Die nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou sal van Augustus 2026 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan weer die boere se liefdesreise kan volg. Die reeks sal, soos altyd, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het. 

Die boere vir die 18de seisoen is:

Arno (28) van Tzaneen, Limpopo

Boer soek 'n Vrou S18 Arno
  • Bosbouboer 
  • Vroulike pasmaat

David (43) van Vierfontein, Vrystaat

Boer soek 'n Vrou S18 David
  • Gemengde boerdery
  • Vroulike pasmaat

Francois (34) van Hoedspruit, Mpumalanga 

BOER SOEK 'N VROU, FRANCOIS
  • Natuurbewaarder
  • Vroulike pasmaat

Jack (30) van Hermanus, Wes-Kaap

Boer soek 'n Vrou S18 Jack
  • Appel- en peerboer
  • Vroulike pasmaat

Jacques (32) van Nelspruit, Mpumalanga

Boer soek 'n Vrou S18 Jacques
  • Makadamianeutboer
  • Vroulike pasmaat

JD (28) van Reitz, Vrystaat

Boer soek 'n Vrou S18 JD
  • Gemengde boerdery
  • Vroulike pasmaat

Junior (35) van Bethlehem, Vrystaat

Boer soek 'n Vrou S18 Junior
  • Gemengde boerdery
  • Vroulike pasmaat

Leandi (36) van Ventersdorp, Noordwes

Boer soek 'n vrou, Leandie
  • Beesboer
  • Manlike pasmaat

Luan (26) van Strydenburg, Noord-Kaap

Boer soek 'n Vrou_18_Luan
  • Skaapboer
  • Vroulike pasmaat

Willie (37) van Harrismith, Vrystaat

Boer soek 'n Vrou_18_Willie
  • Bees- en mielieboer
  • Vroulike pasmaat

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 4 Desember 2025 ingedien word.

Soos voorheen sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling in die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys. 

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou is vir nog ’n wyle op DStv Catch Up beskikbaar. Kyk ook die vorige seisoene op Showmax.   

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies