Daar was talle kinkels in die pas-afgelope seisoen van kykNET se gewilde maatsoekreeks Boer soek ’n Vrou wat kykers omtrent onkant gevang het.
In verlede week se reünie-episode het Boer soek ’n Vrou–aanhangers uitgevind wie Kupido se pyle raakgeskiet het. Maar sedert die verfilming van dié episode in April vanjaar het daar baie water in die see geloop. Van die boere en pasmaats wat toe nog liefies was, se verhoudings het intussen (ongelukkig) in die stof gebyt, terwyl ander paartjies van krag tot krag gaan.
Hier is hoe die boere se sake van die hart vandag daarna uitsien:
Hulle is nog saam:
- Pieter en Anzelle
- Rudi H en Lenmarie
- Lourie en Monya
- Nicolaas en sy Chantel

Hulle is uitmekaar:

En die ander boere?
- Renier was dalk “been-af” by die reünie-episode, maar het enkellopend opgedaag.
- Ruan en Christoff het nie die reünie-episode (weens ander verpligtinge) bygewoon nie.
KykNET stel die agtiende seisoen se tien boere op Donderdag 13 November om 20:00 bekend. Volgende op kykNET se werklikheidsreekspyskaart is Kokkedoor: Son & see wat op Donderdag 20 November begin. Dié seisoen van Boer soek ’n vrou is vir nog ’n wyle op Catch Up beskikbaar. Kyk ook die vorige seisoene op Showmax.
Ook lekker om te lees
‘Boer soek ’n vrou’ se Lauren: ‘Evert sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê…’
‘Boer soek ’n vrou’: Geen trouklokkies vir Cilmari en Willie nie, maar…
‘Boer soek ’n vrou’: Dis reünietyd! Wie se harte het Kupido getref…?
‘Ek dink my sielsmaat is al oorlede,‘ sê ‘Boer soek ’n vrou’ se Lizelle
‘Boer soek ’n vrou’: Die kinkel van alle kinkels…Wat jy alles moet oor Rudi H se Lenmarie moet weet