Menu terloops

Gons

‘Die Wynmeester’: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon 

Andrew Mellish, ’n eerstegeslag-wynmaker, is gekroon as vanjaar se wenner in die tweede seisoen van VIA se realiteitsprogram 'Die Wynmeester'.

Meer

Morné Visser bring ’n nuwe karakter – en ’n paar geheime – na ‘Skemergrond’

Morné Visser, bekend vir sy rolle in 'Summertide', 'Spooksoeker', en 'The Trek', sluit by 'Skemergrond' aan.

Meer

kykNET se Stylikoon-veldtog kry kinkel by

Die soektog na kykNET se Stylikoon-veldtog van 2026 het afgeskop - en vanjaar skyn die kollig op mans ook.

Meer

Reënboogrant eersdaags terug op die kassie vir tweede seisoen

Dit was ’n lang wag vir aanhangers van die Afrikaanse telenovela 'Reënboogrant', maar dié TV-verwerking van Louise van Niekerk se gewilde tienerboekreeks, keer binnekort terug met selfs meer drama en dilemmas.

Meer

Sherlin Barends se resep vir balans: ‘Een dag en een tree op ’n slag’

Die borrelende KFM-omroemper Sherlin Barends neem die leisels van 'Ons gesels balans' by Katryn Kruger in die nuutste seisoen van dié leefstylreeks oor.

Meer

‘Boerbokke’: Breyton Paulse se rugbyreeks is reg vir afskop

Met die oud-Springbok Breyton Paulse as veld-en-ateljee-aanbieder, kuier 'Boerbokke' elke week by ’n voormalige Bok om oor sy rugbyloopbaan, boerdery en lewe ná professionele sport te gesels.

Meer

‘Koek’ se tweede seisoen nou gereed vir kykmarathon

Die hele heerlike donker verhaal van 'Koek' se tweede seisoen – al 10 episodes – is nou op DStv Stream beskikbaar om te stroom.

Meer

‘Boer soek ’n vrou’: Reandi Grey groet ná twee seisoene

“Om ná twee seisoene afskeid te neem, is meer emosioneel as wat ek verwag het. Dit was jare lank my droom om 'Boer soek ’n vrou' aan te bied," het Reandi Grey met Terloops gedeel.

Meer

‘Kwêla’ se Dorp van die Jaar: Hier is die wendorp!

‘Kwêla’ se Dorp van die Jaar-kompetisie was vanjaar kop aan kop tot reg aan die einde, maar uiteindelik het Hartbeespoort as wenner uit die stryd getree. 

Meer

Van ‘Magda Louw’ en ‘Die Kantoor’ tot ‘Niggies’ en ‘Appels en tee’ – hier is die TV-benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings

Jaco Bouwer se boeiende dramareeks ‘Niggies’ spog met die meeste benoemings by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV.

Meer

Nuwe kykNET-dokkiereeks vertel verhaal van ‘Die Boere van Patagonië’

’n Byna vergete hoofstuk van Afrikaner-geskiedenis kry nuwe lewe in die boeiende dokumentêre reeks 'Die Boere van Patagonië', wat eersdaags op kykNET uitsaai.

Meer

‘Elders: Viëtnam’: Wat jy van dié besonderse reisreeks moet weet

In die agtste seisoen van die bekroonde reisreeks 'Elders', deurkruis die stapper en skrywer Erns Grundling Viëtnam in ’n reis van noord na suid. 

Meer

‘Klippe kou’ oor veel meer as ou karre, stofpaaie en adrenalien

In 'Klippe kou', ’n dokkie-realiteitsreeks wat vier spanne volg soos hulle veteraanmotors opbou en regmaak vir die legendariese Bull Run by Vanwyksvlei, is dit die stories van gewone Suid-Afrikaners wat die grootste indruk maak.

Meer

‘Skemergrond’ se Cheryl het ‘so baie lae’, vertel aktrise Robyn Rossouw

'Skemergrond'-kykers het Robyn Rossouw se karakter, Cheryl, eers onlangs ontmoet, maar dié aktrise het al maande gelede besef dat dié rol haar álles gaan verg.

Meer

Gewilde ‘Lamb Champs’ keer terug na die kassie

Die soektog na Suid-Afrika se beste lam duur voort wanneer die gewilde dokkiereeks, 'Lamb Champs' vroeg aanstaande maand na kykNET terugkeer.

Meer

Gratis DStv vir Showmax-intekenare (…minstens vir ’n rukkie)

Aandag Showmax-intekenare! Julle kan tot einde-Mei gratis na programme en kanale op DStv Compact Stream kyk. Lees meer oor wat ná Showmax se sluiting vir intekenare gebied word.

Meer

‘Op my eish!’: Dié 16 vroue wil Ruan Smith se hart wen

Ontmoet die 16 vroue wat die oudrugbyspeler Ruan Smith vir die vierde seisoen van die kykNET-reeks ‘Op my eish!’ gekies het.

Meer

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Só gaan dit met die boere se hartsake

Verlief? Verloof? Vergete? So gaan dit met boere Evert, Rudi, Willie, Pieter en Rudi H nadat hulle aan 'Boer soek ’n vrou' deelgeneem het.

Meer

Die beste kookwenke uit die ‘Kokkedoor: Son & see’-kombuis

Nes 'Kokkedoor: Son & see' se deelnemers, kon kykers ook baie kombuis-wysheid inneem soos die seisoen uitgespeel het. Ons het nagenoeg 30 van die beste wenke saamgevat.

Meer

‘Suidooster’ se Mrs J deel haar tropiese trifle-resep vir Kersdag

'Suidooster' se Mrs J, vertolk deur Theresa Sedras, is ’n bobaaskok. Ons deel haar resep vir die smullekker-trifle wat die Jacobs-gesin ook dié feestyd gaan geniet.

Meer

‘Skemergrond’: Kyk wie kom krap dinge lekker deurmekaar!

Asof daar nie al genoeg drama hierdie jaar in Gemoedsdrif was nie... Die aktrise Emily-Rose van Diemel kom krap nou ook die kaarte deurmekaar met haar gasverskyning as ene Melanie de Jager in 'Skemergrond'.

Meer

Foto’s: Spesiale Kersfees-episode op ‘Diepe Waters’ gaan harte roer

Ná al die dag se feesvieringe, kan sepiekykers ook uitsien na ’n baie spesiale episode van ‘Diepe Waters’ op Kersdag. 

Meer

‘Een keer om die son’: Hart van nuwe seisoen draai om hoop, deel medeskepper Donnalee Roberts

Een van die grootste plaaslike TV-treffers in 2024 was die dramareeks ‘Een keer om die son’ – 2026 begin dus sommer op ’n goeie noot vir kykers met die tweede seisoen wat op 20 Januarie op kykNET begin uitsaai. Kyk nou die lokprent.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies