Menu terloops
In TV [2 Apr 2026]

Gratis DStv vir Showmax-intekenare (…minstens vir ’n rukkie)


Aandag Showmax-intekenare! Julle kan tot einde-Mei gratis na programme en kanale op DStv Compact Stream kyk. Lees meer oor wat ná Showmax se sluiting vir intekenare gebied word.

Deur Redaksie
Gratis DStv vir Showmax-intekenare (…minstens vir ’n rukkie)

Daar is goeie nuus vir Showmax-intekenare in Suid-Afrika – én dit kom boonop met ’n prysverlaging. Ná MultiChoice se onlangse aankondiging dat Showmax aan die einde van April 2026 sal sluit, het die uitsaaier nou ’n aanbod bekend gestel om kykers aan boord te hou.

Vanaf 1 Mei 2026 sal huidige Showmax-intekenare kwalifiseer vir een maand se gratis toegang tot die DStv Compact Stream-pakket.

Ná afloop van die gratis proeftydperk kan daardie intekenare teen R99 per maand die DStv Compact Stream-pakket vir die volgende 12 maande kyk. Dis ’n beduidende afslag op die huidige koste wat R299 per maand beloop.

123 kanale

Hierdie aanbod vorm deel van MultiChoice se strategie om sy stroomdienste te konsolideer. As deel daarvan word Showmax-inhoud na ’n toegewyde inhoudsafdeling op DStv Stream geskuif.

Die DStv Compact-pakket bied toegang tot 123 kanale, insluitend kykNET & kie. Dít beteken dat byvoorbeeld getroue Suidooster-aanhangers steeds hul gunsteling-sepie kan volg. Daar is ook ’n aantal SuperSport-kanale as deel van hierdie pakket wat ’n wye verskeidenheid sport-inhoud dek.

Intekenare behou dus nie net toegang tot sommige gewilde Showmax-reekse nie, maar ontsluit ook ’n veel breër vermaak-aanbod, met regstreekse TV, sport en op-aanvraag-inhoud.

Vir meer inligting, besoek die DStv-webwerf.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
Sien alle opsies