Menu terloops
In Realiteit & Speletjie [12 Jan 2026]

‘Op my eish!’: Dié 16 vroue wil Ruan Smith se hart wen


Ontmoet die 16 vroue wat die oudrugbyspeler Ruan Smith vir die vierde seisoen van die kykNET-reeks ‘Op my eish!’ gekies het.

Kyk solank S2 en S3 van Op my Eish!

‘Op my eish!’: Dié 16 vroue wil Ruan Smith se hart wen
Kyk lokprent

Van avontuurlustiges en entrepreneurs tot professionele vroue met groot drome – elkeen van Op my eish! se 16 deelnemers het ’n rede waarom sy glo sy die voormalige rugbyspeler Ruan Smith se perfekte pasmaat is.

Ná honderde inskrywings om vir Ruan se hart mee te ding, het hy dié 16 vroue gekies om hom in persoon te ontmoet. Uiteindelik kan hy net 12 dames saam met hom op die reis neem, en dit sorg vir nog meer spanning, emosie en onverwagte oomblikke.

Op my eish! keer op Donderdag 15 Januarie 2026 om 20:00 terug na kykNET.

Ontmoet die top-16:

Jenine Combrinck (32), verkoopsrekeningbestuurder, Kaapstad

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? ⁠⁠

“Ruan het my laat lag in sy video. Daar was iets van hom wat uitgestaan het, en ek het besluit ek wil die kans waag om hom beter te leer ken.”

Wat soek jy in ’n man?  

“’n Christen en iemand wat doelgerig is en lus is om avonture saam aan te pak. Iemand met wie ek die kar kan pak en net onverwags weggaan, asook iemand wat my kinders aanvaar soos hul eie.”

Caitlin McLaren (30), toerisme, Pretoria

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ek is al vir vier jaar enkellopend en het besluit om iets nuuts te probeer.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Ek soek ’n man met ’n lojale hart, ’n skerp verstand en ’n warm sin vir humor – iemand lank, vriendelik en opreg met wie ek iets egs kan bou.”

Bejanke Nel (32), entrepreneur, Nelspruit

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Daar was iets van Ruan wat my as mens aangetrek het, en toe besluit ek, kom ek vat ’n kans op liefde. As mens nie ’n kans vat nie sal mens nooit weet nie.”

Wat soek jy in ’n man?    

“Ek soek ’n eerlike en betroubare man wie se Christelike waardes reg is. ’n Persoon wat kan pret hê, met wie ek kan lag en huil deur goeie en slegte tye. Iemand wat ook mooi na homself kyk, respek het en my hele pakkie sal aanvaar vir wie ons is.”

Carmen Hamman (37), entrepreneur, Pretoria

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ek hou van avontuur en wou graag bietjie uit my gemaksone kom en iets nuuts probeer. Boonop is Ruan my tipe, en ek het hom baie aantreklik gevind.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Selfvertroue, sukses, stabiliteit en veiligheid – met ’n dash of fun, want die lewe moenie te ernstig opgeneem word nie.”

Sonja Mostert (37), tuissorg-adviseur, Klerksdorp

op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ek het ingeskryf op soek na ware liefde, gereed om iemand opreg te ontmoet en om my vermoë tot vertroue te herstel ná die teleurstelling van seer.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Wat ek in ’n man soek, is respek, betroubaarheid en stabiliteit. Nie net sterk van buite nie, maar sag genoeg om liefde te wys.”

Lorraine Minnie (39), kantoorbestuurder, Hartbeespoortdam

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Mens waag maar ’n kans op liefde. Dit is ’n lekker avontuur, en terselfdertyd is daar ’n moontlikheid vir liefde.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Iemand wat goedheid na my lewe toe bring. Iemand wat trane kan verander in glimlagte, en spanning kan verander in avonture.”

Charlene Wolmarans (41), aktrise en eienaar van agentskap, Kaapstad

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ek het ingeskryf vir Ruan omdat ek kwaliteite in hom gesien het wat ek van hou en ek glo my kan aanvul. Onder normale omstandighede sal ek nie ’n man benader uit my eie nie, maar Op my eish! het my die geleentheid gegee om myself in ’n posisie te plaas waar iemand van my keuse my kan nastreef. Ek voel my lewe is vol, en ek het al redelik baie bereik saam met Jesus, baie opgebou en beleef en drome uitgeleef, asook al baie alleen gereis. Dit sal lekker wees om dit alles te kan deel met iemand spesiaal.

“Ek glo in ware liefde. Ek het net nog nie my ware liefde gevind nie. Ek’s ook mal oor ’n lekker uitdaging en voel ’n mens moet gereeld jouself uitdaag, en buitengewone ervaringe is seker die beste manier om uit jou gemaksone te tree en te groei om die beste weergawe van jouself te word.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Ek het vir jare ’n lang lysie gehad van wat ek soek in ’n man, maar onlangs het ek besef ek wil net iemand hê wat swakker is waar ek sterk is en sterk is waar ek swakker is. Op so ’n manier kan ons mekaar aanvul en die beste uit mekaar bring, maar ook mekaar nodig hê.

“Ek glo die man is die hoof van die huis en dat hy moet lei en ek hom moet respekteer. Ek wil nie die man se rol speel nie. Ek hou van ’n man wat my toelaat om die vrou te wees: vroulik, myself, vol liefde, sag, iemand wat gereeld lag en spontaan is. Ek wil openlik getuig, praat en lewe vir Jesus. Ek waardeer ook iemand wat hou van sport en oefen, want ek geniet dit self baie, en dis iets wat ons saam kan beoefen. Ek love ook ’n man wat my kan laat lag en baie liefdevol is met my.”

Chantelle Wilson (35), gastehuisbestuurder, Pretoria

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ek het ingeskryf omdat ek op soek is na ware liefde. Ek wil graag ’n man hê en eendag ’n kind hê.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Ek soek ’n respekvolle man met selfvertroue en sterk waardes – iemand wat leiding kan neem en verantwoordelikheid dra.”

Christine van Wyk (28), grafiese ontwerper en sosialemediabestuurder, Pretoria

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ek het oorspronklik as ’n dare ingeskryf en toe besluit, kom ons kyk wat gaan vir wat.” 

Wat soek jy in ’n man?  

“Ek soek iemand wat opreg hulself is, eerlik is en ’n goeie vriend is; iemand wat saam met my kan lag en huil, wat deur alles langs my sal staan en my ondersteun.”

Cindy-Lee Burrell (35), entrepreneur, Kempton Park

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Toe ek sien wie die nuwe bachelor is, het ek gaan kyk wie Ruan is. En wat ek gesien het van Ruan, het my laat besluit om in te skryf om te kyk of daar potensiaal is vir moontlike liefde vorentoe met Ruan omdat sy persoonlikheid en menswees baie dieselfde is as myne. Wie nie waag nie, wen nie, of hoe?”

Wat soek jy in ’n man?  

“Dis maklik om ’n man te kry, maar dis nie maklik om iemand te kry waarmee jy ’n verhouding kan bou met volle vertroue, lojaliteit, respek en kommunikasie nie. Ek soek iemand wie dit kan bied en so ook ek in ruil. Ek soek iemand wat my emosionele ondersteuning kan gee deur vriendelikheid en empatie. Ander belangrike eienskappe is eerlikheid, geduld en ‘n bereidwilligheid om kompromieë aan te gaan om uitdagings saam aan te pak deur die lewe.”

Melissa Jonker (30), skepper van sosialemedia-inhoud, Johannesburg

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ek wou ’n kans waag om liefde te vind.”

Wat soek jy in ’n man?  

“’n Man wat God liefhet, groot droom en ’n goeie leier is.”

Minette Prinsloo (33), entrepreneur, Limpopo

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“My lewe is reeds in menige aspekte vervul, en ek is al lank gereed vir ’n “vir ewig-verhouding”. Ek streef elke dag daarna om die beste vrou te wees wat ek kan. Ek sien so baie uit om ’n betekenisvolle lewe saam met my man te deel. Al my hartsmense bid ook saam met my vir my pasmaat. Opregte liefde is altyd die moeite werd – en wie nie waag nie, wen nie. Van wat ek kon sien, is Ruan ook iemand baie spesiaal. Sy lewensreis en wie hy geword het, asook sy persoonlikheid (en natuurlik sy looks – mooiste man), laat my graag ’n potensiële verhouding met hom verder wil ontdek.”

Wat soek jy in ’n man?  

” ’n Man wat ’n aktiewe verhouding met die Here het. Hy moet die hoof van die huis wees en sy gesin kan lei. Ek wil met respek en vertroue met toe oë aan hom onderdanig kan wees in my vroulike rol. ’n Man met integriteit, nederigheid en ’n hart vir mense. My man moet saam met my kan droom en bou. My pasmaat moet ook emosionele intelligensie en kapasiteit hê. Hy moet spontaan, avontuurlustig en humoristies wees, vol liefde en vreugde. Ons moet natuurlik mekaar se grootste ondersteuners en beste vriende wees.”

Hermi Dempsey (41), naelsalon-eienaar, Pretoria

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Verskeie mense na aan my het my aangemoedig om in te skryf. Daar is so baie mense in my lewe wat bid vir ’n ware liefdesverhaal vir my. Om ’n kans op liefde te neem moet ’n mens braaf wees. Hierdie was my groot stap.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Ek vind sterk karaktereienskappe in ’n man baie aantreklik. Iemand wat na aan God leef, sal dit mooi uitbeeld. Iemand wie my ten volle sal liefhê vir wie ek is en by wie my hart veilig kan wees. ’n Verhouding wat die gevoel het van jou huis wees, waar daar baie liefde, respek en vrede is.”

Ziska Pretorius (28), verpleegkundige, Noord-Wes

Hoekom het jy ingeskryf? 

“Ruan se video vir Op my eish! het my vreeslik aangetrek. Ek het onmiddellik gedink: Hierdie is ’n man wat ek sal wil leer ken. Hy is snaaks, aktief en natuurlik aantreklik! Liefde het my nog nie op die tradisionele manier gevind nie – geen skade om alternatiewe metodes te probeer nie.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Eerlikheid, integriteit, lojaliteit en ’n goeie humorsin.”

Maritha Albertyn (27), dieetkundige, Johannesburg

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? ⁠

“Ek het besluit om ‘n kans op liefde te vat, selfs al was dit ’n groot stap om myself daar buite te sit, veral op ’n TV-program. Ruan het vir my na iemand gelyk wat vol lewe en fun is, met ‘n sterk en manlike teenwoordigheid, en ek wou sien of ons moontlik ’n konneksie kon bou. Liefde is ’n risiko, en ek is nie bang om dit te waag nie.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Belangrike eienskappe in ’n man vir my is om werklik die Here lief te hê; een wat by sy woord hou, nederig is, ambisie het en my aanvaar nes ek is. Ek soek iemand wat saam met my die lewe wil geniet en wat my butterflies gee elke keer wanneer ek hom sien.”

Chantal Viljoen (26), onderwyser, Wes-Kaap

Op my eish

Hoekom het jy ingeskryf? ⁠

“Ek het besluit om in te skryf omdat ek glo dat ware liefde begin waar waardes ontmoet – by geloof, respek en opregtheid. Ek sien baie van my eie waardes in Ruan raak: sy deursettingsvermoë, nederigheid en liefde vir God en vir mense. Ek glo dat die Here mense oor mekaar se pad bring met ’n doel, en ek vertrou Sy tyd daarmee.”

Wat soek jy in ’n man?  

“Ek soek ’n man met ’n opregte hart – iemand wat God eerste stel, respek en sagtheid uitleef, en vir my en my kind met liefde en stabiliteit sal lei; ’n man wat saam met my wil bou aan iets werkliks, eerliks en geseënd.”


Op my eish! begin op 15 Januarie 2026 om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. Kyk ook S2 en S3 van Op my Eish! op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies