Menu terloops
In Gons [30 Jun 2025]

‘Op my eish’: Rugbystut dié keer in liefdeslosgemaal


Ruan Smith, voormalige professionele rugbyspeler, is die nuwe alleenloper in kykNET se gewilde realiteitsreeks ‘Op my eish!’.

‘Op my eish’: Rugbystut dié keer in liefdeslosgemaal
Kyk lokprent

Die voormalige rugbystut Ruan Smith, wat verlede jaar amptelik uit die professionele rugbywêreld getree het, sien sy deelname aan Op my eish! as ’n kans om liefde via ’n ander roete te vind. “My vorige verhoudings het nie uitgewerk nie, en dié geleentheid is perfek om uit my gemaksone te kom en ’n alternatiewe manier te probeer.”

Wie is Ruan?

Ruan, wat al voorheen getroud was en ’n pa van twee is, spits hom deesdae toe op familie, geloof en die bou van betekenisvolle verhoudings. Ná alles wat die lewe al na sy kant toe gegooi het, is hy gereed om liefde weer ’n kans te gee.

In 2006 het Ruan saam met sy familie na Australië verhuis. Hy en JP, sy tweelingbroer, het in 2008 na Suid-Afrika teruggekeer om hul matriekjaar by Paarl Gimnasium te voltooi. Ná sy matriekjaar het hy by WP aangesluit en daarna vir spanne soos die Brumbies (2012–2016), Toyota Verblitz in Japan (2015–2017), die Queensland Reds (2018–2020) en die Melbourne Rebels (2021–2022) uitgedraf. In 2022 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en tot 2024 vir die Lions in Johannesburg gespeel.

Vandag woon hy in Alberton, waar hy saam met JP hul rugbykliniek, Eight7, bestuur. Deur hierdie projek identifiseer en ontwikkel hulle jong rugbytalent, met ’n spesiale fokus op plaaslike en behoeftige gemeenskappe.

Wanneer hy nie met rugby of die gemeenskap besig is nie, geniet hy eenvoudige dinge soos braai, vakansies by die see, gholf speel en oefen. Sy ideale lewensmaat beskryf hy as lojaal en eerlik. Nie iemand veeleisend nie en wat nie net gefokus is op aardse dinge nie. Ambisie is vir hom ’n belangrike eienskap.

Hy lag as hy vroue aanmoedig om in te skryf. “Maak net seker julle ken die verskil tussen my en JP. En sê net ek is die mooi broer – al dink julle dalk nie so nie. Wat het julle om te verloor?”


Inskrywings vir die nuwe seisoen van Op my eish! is tans oop. Vroue wat gereed is vir ’n kans op liefde, kan inskryf by kyknet.tv.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies