Menu terloops
In TV [21 Sep 2026]

‘Sy, die Meeue en die Heilige Gees’: Nuwe minireeks verken ma-wees én geloof


’n Splinternuwe karaktergedrewe dramareeks, ‘Sy, die Meeue en die Heilige Gees’, neem kykers op ’n intieme reis deur die uitdagings van moederskap en geloof.

Deur Redaksie
‘Sy, die Meeue en die Heilige Gees’: Nuwe minireeks verken ma-wees én geloof
Kyk lokprent

Sy, die Meeue en die Heilige Gees is ’n nuwe minireeks wat draai om Ingrid, ’n vrou wat omtrent enigiets kan laat werk. Maar om die enkelma van haar sesjarige dogter, Zoey, te wees, is die een ding waarop sy net nie ’n houvas kan kry nie. Met die hoop op ’n nuwe begin verhuis Ingrid en Zoey na Vishoek.

Ingrid, vertolk deur Simone Pretorius, is ’n ongewone ma, wat alles vir Zoey, vertolk deur Mila-Sofi Clasen, sal doen. Want iewers tussen alles wat sy vir haar kind opgeoffer het en haar desperate poging om dinge reg te doen, het sy begin glo dat goeie ma-wees iets is wat sy net harder moet probeer regkry.

Vishoek bring egter meer as net ’n verandering van omgewing. Tussen die see en die meeue, nuwe vriendskappe en ’n geloof wat ongemaklik maar aanhoudend aan haar kom sit, begin Ingrid se hart stadig oopgaan vir die moontlikheid dat sy nie alles self hoef te dra nie. Dat genade nie iets is wat verdien moet word nie. En dat geloof dalk minder gaan oor al die antwoorde hê, en meer oor die bereidheid om jou greep te verslap.

Ook in die rolverdeling is Evan Hengst, Cintaine Schutte, Albert Pretorius, Daneel van der Walt, Ira Blanckenberg en Marion Holm.

‘Ontdekkingsreis’

Sy, die Meeue en die Heilige Gees is ’n ontdekkingsreis van ma-wees en bekering. Van identiteit en verlossing. Maar ook die aanvaarding dat ons beste somtyds nie genoeg is nie, en dat die opofferings wat ons vir ons kinders maak, nie hulle las is om te dra nie,” sê Chanel Muller, vervaardiger, skrywer en regisseur van die reeks.

Volgens Muller is die reeks nie daarop gemik om geloof te romantiseer of antwoorde voor te skryf nie.

“Hierdie is nie ’n verhaal oor openbaring nie, maar oor nabyheid en teenwoordigheid. Ingrid is nie ’n perfekte karakter nie. Sy is impulsief, hardkoppig, soms heeltemal uit haar diepte, maar sy is diep menslik. Ek hoop kykers herken iets van hulself in haar reis, of dit nou as ouer, kind of iemand op soek na genade is,” voeg sy by.


Sy, die Meeue en die Heilige Gees begin Dinsdag 29 September om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies