Menu terloops

Telenovela

7

Shêm. ‘Diepe Waters’ se Sanet se slegte geluk ken geen perke nie

Of dit nou probleme met die bottel of die liefde is – as iets in Sanet (Nadia Valvekens) se lewe kan verkeerd gaan, sal dit. Daarop kan jy maar geld wed. Ons kyk terug na dié 'Diepe Waters'-karakter se grootste terugslae... sover.

Meer

‘Skemergrond’ se Mario Haupt oor dáái skokkende wending

Toe die akteur Mario Haupt hoor wat sy 'Skemergrond'-karakter, Ronnie Maarman, se voorland is, was hy net so geskok soos die kykers wat nie kon glo watter wending dié telenovela se storielyn vandeesweek geneem het nie.

Meer
4

‘Skemergrond’: Nuwe storms broei in Gemoedsdrif in November

In November word die inwoners van 'Skemergrond' se Gemoedsdrif se grense getoets wanneer liefde en lojaliteit onder druk kom en groot besluite ter wille van oorlewing geneem moet word. Hier is die vier storielyne wat kykers vandeesmaand op die voorpunt van hul stoele gaan hou.

Meer
5

‘Diepe Waters’: Die 5 storielyne wat jy in November moet dophou

In November word die inwoners van Boskruin in 'Diepe Waters' gekonfronteer met keuses wat hul lewens vir altyd kan verander...

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir November 2025

Hazel wankel onder al die druk met Fabian wat haar tot breekpunt dryf, terwyl nuwe romanse vir Patty wink. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Sepievoorskou: Jaloesie saai onmin in ‘Suidooster’, verrassings wag in ‘Binnelanders’

Selfs vriendskappe wat glad nie bybedoelings het nie, maak ander dié week jaloers. Maar wanneer is vriendelik té vriendelik in sepieland? Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Meer

‘Binnelanders’: Akteurs vertel oor twintig jaar se troos, trane en triomf

Met meer as 4 000 episodes, ’n lojale kykersbasis en ’n span wat elke dag nuwe lewe in bekende gange blaas, is 'Binnelanders' meer as net ’n sepie – dis ’n instelling. Ons het met regisseur Jolette Roux en van dié sepie se mees geliefde karakters gesels oor wat ‘Binnelanders’ se storiehart laat klop. 

Meer

Die Viljoens maak golwe: 5 skokkende oomblikke sedert ‘Diepe Waters’ se nuwe familie Boskruin binnegestorm het

Toe kykNET se 'Diepe Waters' aan die einde van Augustus die Viljoen-gesin bekendgestel het, het kykers vinnig besef hierdie is nie sommer net nog ’n mooi gesin nie… Watwou! Ons kyk terug na die tonele wat ons (sover) die meeste laat sidder het. 

Meer

Sepievoorskou: Spanning loop hoog in ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ trek hartsnare

Een familie vind uiteindelik hul voete, terwyl ’n ander heeltemal uitmekaar gedryf word. Lees ons sepievoorskou vir meer oor al die belangrikste storielyne wat vandeesweek op ons sepies ontvou.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir die res van Oktober 2025

Die oorgeklankte Turkse telenovela ‘Dikker as water’ vervang hierdie maand die Brasiliaanse smartsaga 'Plaas van passie'. Hier is ons handige gids met meer oor wat die eerste sarsie dramabelaaide episodes van dié nuwe telenovela vir kykers inhou.

Meer

Sepievoorskou: Die gort is gaar in ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’

Vertroue is iets wat jy moet verdien. Ongelukkig vind ons sepiekarakters op die harde manier uit dat daar altyd mense is wat jou eerder in die rug sal steek… Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Meer

‘Dikker as water’: Als wat jy oor dié nuwe telenovela moet weet

Die oorgeklankte Turkse telenovela ‘Dikker as water’, met plaaslike akteurs soos Ilse Klink, Roberto Kyle en Reze-Tiana Wessels as stemkunstenaars, vervang die Brasiliaanse telenovela ‘Plaas van passie'.

Meer

Sepievoorskou: Huismoles dreig in ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’

Verhoudings is nie swart en wit nie, en ons sepiekarakters is almal hierdie week in ’n ongemaklike, soms pynlike, grys area. En dít sorg beslis vir naelbytende aksie. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Meer

Wie’s die? ’n Hele lot nuwe karakters tree ‘Diepe Waters’-wêreld binne

Aanhangers van ‘Diepe Waters’ kan uitsien na ’n opwindende Oktober met talle nuwe karakters wat hul verskyning maak. 

Meer
5

‘Diepe Waters’: Dié storielyne sorg vir drama in Oktober

Beide Sanet en Juvan se naastes is rasend van kommer oor hulle, terwyl Zelda onkant gevang word. Hier is vyf 'Diepe Waters'-storielyne wat kykers vandeesmaand moet dophou.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Oktober 2025

Die oorgeklankte telenovela ‘Plaas van passie’ loop vandeesmaand tot ’n einde. Hier is ons handige gids met meer oor wat die laaste dramabelaaide episodes vir kykers inhou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Oktober 2025

Christine steek weer haar neus in Everlasting se sake en Ronnie se wind word uit sy seile geruk... Dít en nog meer wag op 'Skemergrond'-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Oktober 2025

Sanet se lewe dreig om heeltemal te ontspoor ná die troue-drama en Juvan kry homself in die moeilikheid. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Sepievoorskou: Dis g’n kinderspeletjies in ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’

Nie almal se dade kan vergewe word nie, maar nie almal kan met hul eie keuses lewe nie. Daar is dié week groot sake wat op die hart lê in sepieland. Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op ons sepies uitspeel.

Meer

‘Diepe Waters’ se dubbeltroue eindig met ’n groot skok!

Met die waarheid nou onthul, hang Fourie se toekoms aan ’n dun draadjie.

Meer

Anel Alexander terug op die kassie – en dié keer broei daar moeilikheid in ‘Diepe Waters’…

Met 'Diepe Waters' wat behoorlik nou opwarm, is daar een karakter wat dreig om die hele appelkar om te gooi. Jip, Linda – vertolk deur die aktrise Anel Alexander – gaan oor die volgende ruk kykers beslis op hul tone hou… 

Meer
7

Lobola, Pretoria-Afrikaans en janazahs: Hoe Suid-Afrikaanse kultuur in ons sepies gevier word

Van lobola-onderhandelinge en Afrikaaps praat, tot tradisionele troues en die Kaapse blomverkopers – dis heerlik om verskillende elemente van Suid-Afrika se kulturele erfenis op die kassie te sien uitspeel. En hierdie uitbeeldings is meer as net blote vermaak – dit voed ook op en bemagtig. Hier is ’n sewe sepie-storielyne wat ons kulturele uniekheid vier.

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies