Menu terloops
In Rubrieke [1 Aug 2026]

Sepievoorskou: Die waarheid wag vir niemand dié week


Ons sepievoorskou vertel jou meer oor waarna jy hierdie week (3 tot 7 Augustus) op ‘Binnelanders’, ‘Skemergrond’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die waarheid wag vir niemand dié week

Dié week is een van daardie weke waar die waarheid uiteindelik almal inhaal. Sommige karakters moet rekenskap gee vir die besluite wat hulle geneem het, terwyl ander onverwags ontdek dat moeilike tye soms die begin van iets beter kan wees. Daar is oomblikke wat jou gaan laat glimlag, ander wat jou bloed gaan laat kook en minstens een toneel waarvoor ek ’n staande applous wou gee.

Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat vandeesweek op die kassie uitspeel.

Binnelanders

Die mure begin hierdie week behoorlik op Ella (Marlee van der Merwe) toeskuif en ek dink haar geluk het uiteindelik uitgeloop. Hierdie keer voel haar oortreding vir my onvergeeflik. Soos ons egter sien, is sy nie die enigste een wat die gevolge van haar dade moet dra nie. Gelukkig bewys Binnelanders ook dat nie elke moeilike situasie noodwendig in ’n ramp hoef te eindig nie

Tracy (Melinda Viljoen) sukkel om by haar nuwe vennootskap aan te pas, maar ek begin al meer dink dit is eintlik ’n groot blessing. Terwyl een man haar geduld toets, skep dit ruimte vir gesprekke met iemand anders. Ek hou duim vas dat hierdie uiteindelik die antwoord is waarvoor ek al so lank wag.

Joe (Roberto Kyle) moet intussen sy kop regkry voordat hy nóg ‘n slagoffer van Binneland se berugte verhoudingsvloek word. Ek verstaan dat hy onder geweldige druk is, maar daardie ongemaklike toneel hierdie week het my laat wonder of hy nie besig is om die mense wat die meeste vir hom omgee weg te stoot nie. 

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.

Skemergrond

Hulle sê die wiele van geregtigheid draai stadig, maar hierdie week draai dit uiteindelik in Gemoedsdrift. In een van die lekkerste konfrontasies in ’n lang tyd word die ware kleure van een van ons gunsteling-skurke ontbloot. Ek het behoorlik vir die televisie gesit en glimlag. Party mense vier die oorwinning, terwyl ander moet aanvaar dat hulle lank genoeg iemand se leuens geglo het.

Dit is beslis nie Christine (Devonecia Swartz)se beste week nie, maar as jy bereid is om moeilikheid uit te deel, moet jy ook kan vat wanneer dit jou beurt is. Soms haal die waarheid jou eenvoudig in.

Gelukkig is dit nie net drama wat op die inwoners van Everlasting wag nie. Die week eindig op ‘n besonders mooi noot wanneer die hele dorp saamspan om een van hul geliefde paartjies te vier. Dis een van daardie oomblikke wat jou herinner hoekom Skemergrond so ’n lekker telenovela is. 

Ruan (Dann-Jaques Mouton) hou hom ook besig met iets wat sy vroutjie behoorlik op hol het. Maar as daar een ding is wat ons van haar dogter weet, is dit dat sy nog altyd ’n klein speurder was.

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Gary (Craig Adriaanse) beleef hierdie week twee groot teleurstellings, maar dit is die manier waarop hy dit hanteer wat my nog meer van hom laat hou. Ek was nog altyd ’n groot Gary-aanhanger en hierdie week bewys hy weer dat ’n mens soms die groot base op hul plek moet sit.

Die Samsodiens is intussen stomgeslaan nadat foto’s gedeel word wat wys Zahra (Caitlyn Haywood) gaan nie sommer maklik inpas nie. Haar optrede strook glad nie met die waardes waarmee die familie leef nie en ek dink hul geduld gaan beproef word. Miskien leer hulle haar nog ’n ding of twee, maar ek weet nie of ék so geduldig sou gewees het nie.

En dan is daar die groot oomblik waarvoor ek al lank wag. Dit is ’n groot week vir een van Ruiterbosch se paartjies en ek kon nie meer opgewonde wees nie. Ek weet nie of almal dieselfde gaan voel nie, maar wat my betref is hierdie al long overdue. Ek kan nie wag om te sien hoe dit alles uitspeel nie.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies