Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Dinsdag 1 September 2026
Petro wil ’n groot geleentheid prysgee, terwyl Joe haar al meer wegstoot. ’n Onmoontlike besluit dreig om ’n huwelik finaal te vernietig, en Katryn ontdek die waarheid oor Amor.
Woensdag 2 September 2026
Petro is gefrustreerd met Joe, en Johan en Katryn vermoed albei die ander een steek iets weg. Tertius weier om moed op te gee, en Tracy kontak vir Conrad.
Donderdag 3 September 2026
Tracy neem ’n groot besluit oor haar toekoms, Joe soek steeds antwoorde oor sy verlede, en Dewald vermoed Katryn ervaar moontlik’n senuweeineenstorting.
Vrydag 4 September 2026
Tracy stel haar prokureur en vriende in kennis van haar groot besluit, Joe wil weer vir Botes betrek om sy ma op te spoor, en Ella sien ’n foto van Cecile.
Maandag 7 September 2026
Die realiteit van Tracy se besluit skop in, Ella bied vir Katryn werk by Ongevalle aan, en Joe en Botes stamp koppe.
Dinsdag 8 September 2026
Katryn aanvaar die Ongevalle-pos, en Rian vra haar uit oor Johan en Amor. Joe besef hy moet vir Petro laat gaan, en twee gewilde Binnelanders groet hul vriende en vertrek oorsee.
Woensdag 9 September 2026
Joe kry uiteindelik ’n leidraad oor sy biologiese ma, maar die waarheid laat hom meer onseker as ooit. Hannah se skooljuffrou vra vir Louis om haar te kom spreek.
Donderdag 10 September 2026
Louis maak ’n amptelike aanbod aan Thalia, Joe vermoed sy biologiese ma is oorlede, en Naomi nooi ’n dokter om by hulle in te trek.
Vrydag 11 September 2026
Konsert-koors loop hoog – met ’n opgewonde Hannah én Louis. Henry is op die oorlogspad wanneer hy uitvind sy personeel word vir ander werk genader, en Naomi en Annetjie maak vrede.
Maandag 14 September 2026
Thalia is in ’n tweestryd oor haar toekoms, Naomi is benoud oor die kostuum wat sy vir Hannah moet maak, en Joe ontvang ’n onverwagse besoeker.
Dinsdag 15 September 2026
Naomi vra Annetjie se hulp, maar is dadelik spyt. Joe leer meer oor sy verlede, en Henry stel ’n ultimatum aan Dewald.
Woensdag 16 September 2026
Naomi is op haar eie wat Hannah se konsert-kostuum aanbetref, Joe koester die begin van ’n nuwe familieband, en Thalia kry ’n nuwe bewonderaar.
Donderdag 17 September 2026
Joe maak ’n konneksie, Dewald wil Robbie aanspoor om Thalia uit te vra, en Botes beraam alweer ’n slinkse plan.
Vrydag 18 September 2026
Robbie stuur vir Thalia blomme, maar Henry onderskep dit. Uys besef hoekom Hannah vyandig teenoor Katryn optree, en Botes word in Louis en Naomi se huis betrap.
Maandag 21 September 2026
Thalia se vriendinne is baie opgewonde vir haar part, Hannah is skielik minder entoesiasties oor die skoolkonsert, en Joe is nié gelukkig wanneer iemand dreig om huis toe te gaan nie.
Dinsdag 22 September 2026
Joe se lewe is in gevaar, Robbie oorreed Thalia dat ’n sekere dokter hulle eintlik ’n guns gedoen het, en Naomi probeer uitvind hoekom Hannah so negatief oor die skoolkonsert is.
Woensdag 23 September 2026
Uys betrap iemand in Joe se kamer en begin agterdogtig raak. Thalia moedig Petro aan om iemand’n kans te gee, terwyl sy self sterretjies in die oë begin kry.
Donderdag 24 September 2026
Petro, Uys en Bonnie probeer vir Joe waarsku, Hannah erken byna teenoor Katryn hoekom sy haar passie vir die konsert verloor het, en ’n motorongeluk laat Bonnie oor ’n paramedikus wonder.
Vrydag 25 September2026
Joe voel verraai en Petro is daar om die stukke op te tel, Katryn is in ’n tweestryd en plaas druk op Hannah. Bonnie waarsku Thalia dat sy met vuur speel.
Maandag 28 September 2026
Joe kry nóg meer inligting oor sy verlede, Thalia is vasberade om lojaal te bly aan iemand wat nie haar vriende se goedkeuring wegdra nie, en Naomi is steeds in die duister oor Hannah.
Dinsdag 29 Septmber 2026
Petro en Bonnie stamp koppe, die waarheid oor ’n ongeluk word onthul, en Joe hou glad nie van Botes se nuutste plan nie.
Woensdag 30 September 2026
Dewald deel vertroulike inligting met Bonnie, Henry gee vir Thalia ’n onmoontlike taak, en Yvonne ontvang ’n onverwagse oproep.
Nuwe episodes word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30 soggens.
Episodes van die vorige seisoen word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie (kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30 soggens.
Let wel: Met die sluiting van Showmax, is vorige seisoene van Binnelanders nou op DStv Stream beskikbaar.