Menu terloops
In Kykgidse [28 Jul 2026]

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026


Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval… Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Maandag 3 Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing wanner sy Jaap wil omkoop. Ruan soek hard vir tasbare bewyse teen Isaac. Kevin hoor ’n opwindende aankondiging oor die radio.

Dinsdag 4 Augustus 2026

Dirk besef dat Christine nie vir al sy slegte besluite verantwoordelik is nie. Cheryl begin by die bistro werk. Ruan maak kontak met Isaac se vrou.

Woensdag 5 Augustus 2026                                          

Amber help Ruan met ’n deurbraak in sy ondersoek. Manny en Tillie doen die finale troue voorbereidings. Kevin is geskok wanneer hy die wen-rapliedjie oor die radio hoor.

Donderdag 6 Augustus 2026            

Gemoedsdrif vier Manny en Tillie se troue. Hazel en Lily oorweeg ’n gewaagde plan teen Christine. Amber raak al hoe nader aan ’n gevaarlike ondersoek.

Maandag 10 Augustus 2026                                                

Amber maak ’n indruk op Isaac. Kevin se ondersoek na Raffie G se identiteit eskaleer. Tillie weier om op haar wittebrood te gaan sodat sy vir Patty en Zander kan help om te trek.

Dinsdag 11 Augustus 2026                                        

Tillie neem afskeid van Lang Verloren. Kevin se obsessie met Raffie G bereik nuwe hoogtes. Amber se roekelose gedrag maak die lewe moeilik vir ’n reeds gespanne Ruan.

Woensdag 12 Augustus 2026                                                  

Tillie bevind haar in ’n ongemaklik situasie met Zander. Kevin se hardkoppigheid maak vir Gloria kwaad. Amber sit vir Ruan onder druk om vir Isaac te vang.

Donderdag 13 Augustus 2026                      

Ruan stoei met Amber se voorstel om haar as lokaas te gebruik. Gloria vertel vir Kevin die waarheid oor die kletsrym. Tillie voel geskeur tussen Lang Verloren en die hotel.

Maandag 17 Augustus 2026                                          

Ruan is verlig om te hoor dat Amber haar belofte nagekom het om nie Simon as ’n vriend aanlyn te aanvaar nie.  Erica en Jasmine maak ’n plan om Tillie op die dorp besig te hou.

Dinsdag 18 Augustus 2026                                          

Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval vir Isaac. Lily begin vermoed iets is fout. Christine staan voor ’n sakegeleentheid wat haar lot kan verander.

Woensdag 19 Augustus 2026                          

Lily is bekommerd oor Amber. Christine besef dat sy fokus verloor het. Ruan is bekommerd dat die Isaac-situasie handuit ruk.

Donderdag 20 Augustus 2026                            

Ruan en Amber gaan voort met hul plan teen Isaac. Zander beplan ’n groot verrassing vir Patty. Christine beraam nuwe planne vir haar maatskappy.

Maandag 24 Augustus 2026                                    

Amber stem in om Isaac in persoon te ontmoet. Manny pols Zander oor hoekom hy nie vir Patty gevra het om te trou nie. Christine is vol vertroue dat sy gereed is vir haar voorlegging.

Dinsdag 25 Augustus 2026                      

Ruan finaliseer die lokval. Dit raak al moeiliker om Lily in die duister te hou. Christine weier om volgens Sentinel se reëls te speel. Tillie skiet al dieper wortel op die plaas.

Woensdag 26 Augustus 2026                        

Tillie maak ’n oorlas van haarself. Christine probeer haar besigheid red. Ruan worstel met sy besluit om Amber te gebruik.

Donderdag 27 Augustus 2026            

Ruan is geskeur tussen Lily en sy behoefte om Isaac vas te keer. Patty is desperaat om Tillie en Manny uit die plaashuis te kry. Junior gee vir Amber ’n groot waarskuwing.

Maandag 31 Augustus 2026      

Tillie hou aan grense oorskry op Lang Verloren.  Amber se roekeloosheid veroorsaak paniek onder die Louws, en saai verdere onmin tussen Lily en Ruan. 


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies