Menu terloops
In Kykgidse [27 Jul 2026]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026


Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in Augustus kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag 3 Augustus 2026

Sanet verklaar oorlog teen Juvan. Karla keer depressief terug. Zelda slaak ’n sug van verligting… vir nou.

Dinsdag 4 Augustus 2026

Corrie raak al meer agterdogtig oor Zelda se motiewe. Jacques en Theresa neem ’n besluit na die bakleiery oor hulle troue. Karla voel verneder na haar eerste dag terug by die klub.

Woensdag 5 Augustus 2026                                          

Zelda wonder of sy vir Frans die waarheid moet vertel. Karla maak seker haar fokus bly op die volgende medalje. Jacques besef hy het ’n probleem met die nuutse trouplanne.

Donderdag 6 Augustus 2026            

Dit is Nella en Abel se begrafnis, maar Corrie en is steeds krapperig. Jacques weerhou Theresa van belangrike trouplanne. Balbo weeg Karla en Nina teen mekaar op.

Maandag 10 Augustus 2026                                                

Theresa kry ’n skokkende geskenk. Karla en Nina se vriendskap word bedreig. Zelda dink Frans is veilig, maar iemand hou hom dop.

Dinsdag 11 Augustus 2026                                        

Cloete maak ’n plan om meer tyd saam met Frans te spandeer. Karla neem ’n impulsiewe besluit wat Pam ontstel.

Woensdag 12 Augustus 2026                                                  

Jacques is bekommerd oor die vloek, Karla is ontsteld oor Nina en Zelda sukkel met Frans.

Donderdag 13 Augustus 2026                      

Frans raak moedeloos omdat hy so stadig vordering maak. Karla se verhoudings met Arno en Nina bly stram. Katinka, Jacques en Theresa redeneer hoe om ’n probleem op te los.

Maandag 17 Augustus 2026                                          

Zelda hoor van Frans se nuwe vriend en is nuuskierig. Arno is eerlik met Karla oor sy drome vir hulle toekoms. Rossouw span al die manne bymekaar om Jacques se rampartytjie te reël.

Dinsdag 18 Augustus 2026                                          

Zelda raak al hoe meer agterdogtig oor Frans se geheimsinnige besoeker. Karla se selfvertroue wankel ná nog ’n terugslag. Theresa en Jacques vier hul laaste oomblikke as ongetroudes.

Woensdag 19 Augustus 2026                          

Frans gaan agteruit en Zelda probeer sin daarvan maak. Karla en Arno bots hewig. Iemand onverwags red Jacques se dag. 

Donderdag 20 Augustus 2026                            

Karla en Arno kan nie tot ’n vergelyk oor kinders kom nie. Cloete maak ’n slinkse plan om tyd met Frans te spandeer. Jacques en Theresa se groot dag het aangebreek.

Maandag 24 Augustus 2026                                    

Karla en Arno bly argumenteer. Rossouw is hoogs geïrriteerd. Zelda neem beheer van Frans se sorg, maar is onseker hoe om hom te beskerm. 

Dinsdag 25 Augustus 2026                      

Sanet is bekommerd oor Karla en Arno se huwelik. Zelda is senuweeagtig as Frans al meer onthou. Katinka waarsku vir Fouché om nie met Karla deurmekaar te raak nie.

Woensdag 26 Augustus 2026                        

Fouché maak vir Karla ’n aanbod wat haar onkant vang. Rossouw vind sy vreugde. Zelda ontmoet Cloete, maar dit eindig tragies.

Donderdag 27 Augustus 2026            

Zelda moet die slegte nuus aan Siseko en Gys breek. Mense bespiegel oor die bohaai rondom Skinvestment. Rossouw neem die Viljoens na ’n tangoklas. Arno konfronteer vir Karla.

Maandag 31 Augustus 2026  

Die nuus oor Pam skok die wêreld. Karla soek ontsnapping waar sy nie moet nie. ’n Gebroke Siseko sien geen uitweg nie, maar kry leiding van ’n geliefde.                             


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer
Sien alle opsies