Menu terloops
In Sepies [5 Aug 2026]

‘Skemergrond’: Niemand speel veilig in Gemoedsdrif dié Augustus nie


Terwyl sommige inwoners antwoorde soek, jaag ander nuwe geleenthede na – hou dié storielyne vandeesmaand in ‘Skemergrond’ dop.

Deur Redaksie
‘Skemergrond’: Niemand speel veilig in Gemoedsdrif dié Augustus nie

In Skemergrond is daar dié Augustus min ruimte vir veilig speel. Sommige inwoners is bereid om groot risiko’s te neem om die waarheid bloot te lê, ander jaag nuwe geleenthede na, terwyl enkeles ontdek dat goeie bedoelings soms net meer probleme veroorsaak.

1

Hoe ver is te ver om die waarheid te kry?

Amber, Ruan en Lily se verhouding word tot die uiterste beproef wanneer hul ondersoek na Isaac al gevaarliker raak. Terwyl Amber toenemend bereid is om risiko’s te neem om die waarheid bloot te lê, is Ruan verskeurd tussen sy plig om Isaac vas te trek en sy verantwoordelikheid teenoor die mense vir wie hy omgee. Lily begin vermoed dat iets vir haar weggesteek word en geheime, wantroue en roekelose besluite plaas al groter druk op hul verhouding.

2

Kevin se nuwe obsessie

Kevin bevind hom op ’n onverwagte missie wanneer sy nuuskierigheid oor die geheimsinnige Raffie G in ’n volskaalse obsessie ontaard. Wat as ’n eenvoudige belangstelling begin, ontwikkel vinnig in ’n ondersoek wat sy geduld, sy verhoudings en selfs Gloria se verdraagsaamheid toets.

3

Christine speel weer volgens haar eie reëls

Vir Christine bring Augustus nuwe uitdagings én nuwe geleenthede. Terwyl sy probeer herstel van terugslae en om haar maatskappy se toekoms te beveilig, word sy gekonfronteer met sakebesluite wat alles kan verander. Christine is egter nie iemand wat maklik volgens ander mense se reëls speel nie, en haar vasberadenheid om beheer te behou stuur haar op ’n pad vol risiko’s.

4

Tillie se nuwe lewe is nie so eenvoudig nie

Ná haar troue met Manny sukkel Tillie om haar plek te vind tussen Lang Verloren, die hotel en haar nuwe lewe as getroude vrou. Tillie bevind haarself tussen ou verantwoordelikhede en nuwe verwagtinge. Haar goeie bedoelings lei dikwels tot ongemaklike situasies, oorskryde grense en moeilike keuses.


Skemergrond word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies