Menu terloops
In Gons [1 Aug 2026]

‘Diepe Waters: Nuwe bloed bring moeilikheid na Boskruin:


Daar’s ’n nuwe duo wat amok maak in ‘Diepe Waters’ se Boskruin. Anya Human en Ruan Wessels vertel oor hul karakters, die broer-en-suster-paar Katinka en Fouché.

Deur Redaksie
‘Diepe Waters: Nuwe bloed bring moeilikheid na Boskruin:

Hoewel hulle saam op die gewilde universiteitsdrama Wyfie gewerk het, deel Anya Human en Ruan Wessels dié keer vir die eerste keer die skerm as broer en suster op Diepe Waters. Hul karakters, Katinka en Fouché, bring ’n goeie dosis drama en onvoorspelbaarheid na dié kykNET-telenovela.

Katinka: Sarkasties, reguit en sonder ’n filter

Diepe Waters Katinka
Anya Human as Katinka. Foto’s: Skermgrepe/Verskaf

Wanneer Theresa (Mandi du Plooy-Baard) se kleinniggie, Katinka (gespeel deur Anya Human), in Boskruin opdaag, verwag ’n mens miskien dieselfde vriendelike eienskappe. Maar Katinka stap op ’n traak-my-nieagtige wyse haar familie se lewe binne.

“Sy het sover ’n rowwe lewe gehad en moes vroeg die rol van ’n ouerlike figuur aanneem. Haar ma is vroeg oorlede en haar pa was ’n afwesige alkoholis wat onlangs oorlede is,” verduidelik Anya. “Aan die begin het ek en die regisseurs aan haar gewerk en besef ek as persoon lean in, maar Katinka lean back. Sy vou haar arms en kyk jou op en af.”

Anya, wat onlangs vanaf die Kaap na Johannesburg verhuis het, geniet die uitdaging om ’n meer ingewikkelde karakter te vertolk. “Katinka is nogal baie sarkasties en sê ’n ding soos sy dit voel. Sy kan nooit net likeable wees nie, want sy kom in as ’n bietjie van ’n booswig. Maar ’n mens moet ten volle commit.”

Anya praat ook met lof oor haar ervaring op stel saam met Mandi du Plooy-Baard, by wie sy baie oor die telenovela-medium geleer het.

Fouché: ’n Nuwe voorkoms en moeilikheid op pad

Diepe Waters Fouche
Ruan Wessels as Fouché.

Kykers wat reeds vir Katinka ontmoet het, kan hulself nou voorberei op die koms van haar broer, Fouché, vertolk deur die akteur Ruan Wessels.

Fouché wurm hom vinnig in Karla se lewe in en laat mense dadelik wonder wie hy werklik is. Ruan het sy voorkoms spesiaal vir die rol verander met ’n nuwe haarstyl, snorretjie, soul patch en oorbelle.

“Dit is elke dag uitdagend om te sien wat Fouché vandag aanvang. Dit is glad nie wie ek is nie,” sê Ruan. “Hy tree soms nogal onbeleefd op en is altyd reg om sy vuiste te swaai of moeilikheid te maak. Is hy ’n misdadiger? Nee. Maar hy gaan beslis vir ’n paar interessante gebeure sorg.”

Paaie kruis weer

Vir Anya en Ruan is die samewerking op Diepe Waters ’n besondere mylpaal. Die twee het voorheen saam aan die Showmax-reeks Wyfie gewerk – Ruan as akteur en Anya as deel van die grimeringspan.

“Dit was lekker om vir die eerste keer saam met haar die vloer as akteurs te deel en ’n vriendskap te bou,” sê Ruan.

Anya stem saam: “Katinka en Fouché het ’n interessante dinamika; hulle is al deur baie saam en daar is baie geskiedenis. Dit was heerlik om saam met Ruan te werk.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies