Menu terloops
In Lysie-lysie [4 Aug 2026]

‘Diepe Waters’ in Augustus: 5 storielyne wat kykers vasgenael gaan hou


Van trouklokke tot begrafnisse – dis omtrent ’n woeste winter dié Augustus in ‘Diepe Waters’.

Deur Redaksie
‘Diepe Waters’ in Augustus: 5 storielyne wat kykers vasgenael gaan hou

Augustus se Diepe Waters-drama gaan vir baie liefde en leed sorg in Boskruin. Hier is vyf van grootste storielyne waarna kykers kan uitsien:

1

Die nadraai van Frans se motorongeluk

Frans beleef terugslae met sy gesondheid in die hospitaal en raak gefrustreerd dat hy nie so vinnig herstel soos wat hy wil nie. Zelda bly agterdogtig en probeer agter die kap van die byl kom. Maar dinge begin al moeiliker raak wanneer Frans die gebeure net voor die motorongeluk onthou.

Dan is daar nog Nella en Abel se begrafnis… Gaan Frans ooit die volle waarheid uitvind? En meer belangrik, gaan Cloete hom toelaat?

Zelda het omtrent haar hande vol met haar verlede en hede wat dreig om te bots.

2

Rossouw is jaloers op Jacques? 

Rossouw raak al hoe meer geïrriteerd met die wisselvallige natuur van besigheid en toon geen entoesiasme vir Jacques wat ’n moontlike groot kontrak kan losslaan én ’n sakereis na ’n ander land toe moet vat nie. Rossouw begin nuwe stokperdjies en aktiwiteit op die proef stel, ná Sanet se raad om nuwe dinge te probeer. Terwyl Gys vir Jacques met die nuwe kontrak gelukwens, kan Rossouw egter nie help om effens uitgesluit en jaloers te voel nie.

3

Fouché se geheimsinnige projekte

Katinka waarsku haar boer, Fouché, pertinent om sy geheimsinnige “projekte” heeltemal van haar sosiale kring af weg te hou. Fouché maak egter sy eie planne en tree op as ’n vertroueling wanneer Karla haar hart kom uitstort oor haar huweliksprobleme. Hy moedig haar aan om haar bekommernisse te laat vaar en eerder saam met hom uit te hang. Hulle geniet hul tyd só baie, dat Karla amper haar afspraak met Gys misloop… 

4

Sanet is terug en is pure moederlike figuur

Sanet is terug van haar reise oorsee en vind sommer vinnig weer haar plek in Boskruin as die moederlike figuur.

Karla voel Arno manipuleer haar om ’n groot lewensbesluit te neem en hul huwelik begin wankel. Sanet let op die koue dinamika tussen Karla en Arno en raak baie besorg daaroor.

Boonop is Sanet ook daar vir Rossouw wat self ’n bietjie onseker oor sy toekoms en die verhoudings in sy lewe voel.

5

Trouklokke lui in Boskruin

Jacques en Theresa trou! Maar daar is beslis ’n paar duwweltjies op die pad voor hul groot dag. Die troureëlings veroorsaak spanning tussen die verloofdes en Jacques weerhou belangrike inligting van sy toekomstige bruid. Jacques raak ook effens deurmekaar wanneer bygelowe en ’n vermeende vloek voor die troue hom begin pla.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
Sien alle opsies