Menu terloops
In Lysie-lysie [4 Aug 2026]

‘Diepe Waters’ in Augustus: 5 storielyne wat kykers vasgenael gaan hou


Van trouklokke tot begrafnisse – dis omtrent ’n woeste winter dié Augustus in ‘Diepe Waters’.

Deur Redaksie
‘Diepe Waters’ in Augustus: 5 storielyne wat kykers vasgenael gaan hou

Augustus se Diepe Waters-drama gaan vir baie liefde en leed sorg in Boskruin. Hier is vyf van grootste storielyne waarna kykers kan uitsien:

1

Die nadraai van Frans se motorongeluk

Frans beleef terugslae met sy gesondheid in die hospitaal en raak gefrustreerd dat hy nie so vinnig herstel soos wat hy wil nie. Zelda bly agterdogtig en probeer agter die kap van die byl kom. Maar dinge begin al moeiliker raak wanneer Frans die gebeure net voor die motorongeluk onthou.

Dan is daar nog Nella en Abel se begrafnis… Gaan Frans ooit die volle waarheid uitvind? En meer belangrik, gaan Cloete hom toelaat?

Zelda het omtrent haar hande vol met haar verlede en hede wat dreig om te bots.

2

Rossouw is jaloers op Jacques? 

Rossouw raak al hoe meer geïrriteerd met die wisselvallige natuur van besigheid en toon geen entoesiasme vir Jacques wat ’n moontlike groot kontrak kan losslaan én ’n sakereis na ’n ander land toe moet vat nie. Rossouw begin nuwe stokperdjies en aktiwiteit op die proef stel, ná Sanet se raad om nuwe dinge te probeer. Terwyl Gys vir Jacques met die nuwe kontrak gelukwens, kan Rossouw egter nie help om effens uitgesluit en jaloers te voel nie.

3

Fouché se geheimsinnige projekte

Katinka waarsku haar boer, Fouché, pertinent om sy geheimsinnige “projekte” heeltemal van haar sosiale kring af weg te hou. Fouché maak egter sy eie planne en tree op as ’n vertroueling wanneer Karla haar hart kom uitstort oor haar huweliksprobleme. Hy moedig haar aan om haar bekommernisse te laat vaar en eerder saam met hom uit te hang. Hulle geniet hul tyd só baie, dat Karla amper haar afspraak met Gys misloop… 

4

Sanet is terug en is pure moederlike figuur

Sanet is terug van haar reise oorsee en vind sommer vinnig weer haar plek in Boskruin as die moederlike figuur.

Karla voel Arno manipuleer haar om ’n groot lewensbesluit te neem en hul huwelik begin wankel. Sanet let op die koue dinamika tussen Karla en Arno en raak baie besorg daaroor.

Boonop is Sanet ook daar vir Rossouw wat self ’n bietjie onseker oor sy toekoms en die verhoudings in sy lewe voel.

5

Trouklokke lui in Boskruin

Jacques en Theresa trou! Maar daar is beslis ’n paar duwweltjies op die pad voor hul groot dag. Die troureëlings veroorsaak spanning tussen die verloofdes en Jacques weerhou belangrike inligting van sy toekomstige bruid. Jacques raak ook effens deurmekaar wanneer bygelowe en ’n vermeende vloek voor die troue hom begin pla.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies