Menu terloops
In Wat om te kyk [20 Aug 2026]

Uiteindelik! ‘Diepe Waters’ se Jacques en Theresa kry hul droomtroue


Ná al die seer uit die verlede, en struikelblokke wat Jacques en Theresa moes oorkom, het die liefde uiteindelik vir dié ‘Diepe Waters’-paartjie oorwin.

Deur Redaksie
Uiteindelik! ‘Diepe Waters’ se Jacques en Theresa kry hul droomtroue

Kykers van kykNET se gewilde telenovela Diepe Waters is meegevoer deur ’n romantiese en emosionele hoogtepunt toe twee van die reeks se mees geliefde karakters, Jacques en Theresa, in Donderdag 20 Augustus se episode uiteindelik hul beloftes van ewige liefde aan mekaar afgelê het. 

Die pad na die altaar was ’n oploop van drama, misverstande en selfs ’n beweerde “familie-vloek”. Maar ná ’n private en amptelike seremonie by binnelandse sake die vorige dag, het die paartjie die feestelikhede afgesluit met ’n onvergeetlike tuintroue by die Swarts-woning. 

Diepe Waters troue Jacques en Theresa
Uiteindelik het dié geliefde paartjie ewige trou aan mekaar gesweer. Foto’s: Verskaf

Maar eers… ’n paar hobbels

Die aanloop tot die troue het vele uitdagings ingehou. Jacques het oorspronklik beplan om ’n afrigtingprojek in Kenia te kombineer met hul vakansie- en trouplanne na Zanzibar, wat ’n groot verhoudingskrisis veroorsaak het toe Theresa daarvan uitvind. Kort daarna het Theresa se ma, Petru (Roelien Spruyt), en haar eksentrieke Tannie Patricia (Ilse van Niekerk)opgedaag. Patricia het beweer dat daar ’n dodelike bloedlyn-vloek op hul familie rus en het geëis dat Theresa in ’n stowwerige Victoriaanse trourok trou om te verhoed dat Jacques dieselfde lot as vorige eggenote tref. 

Nadat Katinka en Fouché bewys het dat die “vloek” bloot ’n leuen van Patricia was om geld te eis, het Theresa die saak met R100 000 afgehandel sodat voorbereidings vir die regte droomdag kon begin. Die spanning was egter nie verby nie: tydens ’n onbeplande “ontvoering” vir Jacques se vrygeselpartytjie het hy ná ’n paintball-wedstryd gestruikel en met ’n lelike blouoog geëindig. Danksy Petru se behendige grimeervaardighede kon die bruidegom steeds op sy allerbeste lyk! 

Eksklusiewe ontwerpe

Vir hierdie besondere geleentheid het die produksie die kundigheid van die bekende Suid-Afrikaanse mode-ontwerper Diaan Daniels ingespan. Daniels was verantwoordelik vir die eksklusiewe ontwerp van die trougeselskap se uitrustings:

  • Theresa (Mandi Baard): Asemrowende bruidsrok 
  • Jacques (Werner Coetser): Stylvolle troupak
  • Sanet (Nadia Valvekens): Elegante uitrusting vir die hoofstrooimeisie 
  • Leandri (Christel van den Bergh): Pragtige strooimeisierok
  • Rossouw (Altus Theart): Stylvolle troupak vir die hoofstrooijonker 
  • Pam (Tracy-Lee Oliver): Unieke en elegante rok vir die “best person”
Diepe Waters troue Jacques en Theresa
Theresa (Mandi Baard) se rok is deur Diaan Daniels ontwerp.
Diepe Waters troue Jacques en Theresa
Sprokiesmooi.

Feesgangers

Gys (Justin Strydom) het nie net die seremonie gelei nie, maar ook die paartjie as ’n trotse pa geseën. Rossouw (Altus Theart) het as hoofstrooijonker gedien en ’n roerende heildronk op die familie ingestel, terwyl Pam (Tracy-Lee Oliver) – in haar rol as Jacques se “best person” – die gaste met haar sang betower het. Theresa se bruidsgevolg het bestaan uit haar hoofstrooimeisie, Sanet (Nadia Valvekens), en strooimeisie, Leandri (Christel van den Bergh). 

Diepe Waters troue Jacques en Theresa
Jacques (Werner Coetser) is deur sy pa en broer bygestaan. Gys (Justin Strydom) het nie net die seremonie gelei nie, maar ook die paartjie as ’n trotse pa geseën. Rossouw (Altus Theart) het as hoofstrooijonker gedien en ’n roerende heildronk op die familie ingestel.

Juvan (Christiaan Ackerman) het beheer van die tuinkroeg geneem en ’n unieke middeleeuse aksent gebring deur Tommie en Fouché in middeleeuse drag te klee. 

Lettie (Stephanie Baardman) het gesorg dat gaste smul aan haar spyseniering, insluitend haar bekende wortelkoek wat as die amptelike troukoek gedien het. 

Ná al die seer uit die verlede, en struikelblokke wat Jacques en Theresa moes oorkom, het die liefde uiteindelik oorwin. Hierdie droomtroue is nie net ’n viering van hul huwelik nie, maar die begin van ’n nuwe, pragtige hoofstuk vir hulle. 


Diepe Waters word Maandae to Donderdae 18:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies