Menu terloops
In Sepies [3 Sep 2026]

‘Skemergrond’ in September: Liefde en lojaliteit bots vandeesmaand


September bring nuwe spanning na Gemoedsdrif in ‘Skemergrond’ wanneer verhoudings onder druk kom, ou vriendskappe nuwe betekenis kry en onverwagse gevoelens opduik – hier is drie groot storielyne wat kykers moet dophou.

Deur Redaksie
‘Skemergrond’ in September: Liefde en lojaliteit bots vandeesmaand

Terwyl Lily en Ruan sukkel om hul verhouding ná die Isaac-ondersoek te verwerk, vind Christine haarself onverwags in ’n nuwe romanse, en Jasmine en Winnie verander Ragel se toneelstuk in ’n slagveld van hul eie. Hou dié Skemergrond-storielyne vandeesmaand dop.

1

Lily, Ruan en ’n onverwagse tweede kans

Lily en Ruan se verhouding verbrokkel nadat die gevaarlike ondersoek na Isaac hulle uitmekaar gedryf het. Terwyl die dorp kant kies en Lily met hartseer worstel, verskyn haar ou vriend Genie weer in Gemoedsdrif. Sy teenwoordigheid bring ’n nuwe dinamiek in Lily se lewe, veral wanneer hy haar probeer help om van Ruan aan te beweeg. Wat as ondersteuning begin, word iets meer wanneer Genie ’n impulsiewe skuif maak en Lily met haar eie gevoelens moet worstel.

Skemergrond, lily
Lily en Ruan se verhouding verbrokkel nadat die gevaarlike ondersoek na Isaac hulle uitmekaar gedryf het. Foto’s: Skermgrepe
2

Christine laat iemand in

Christine se lewe neem ’n onverwagte romantiese wending wanneer Rynard Fuchs (Morné Visser) toenemend deel van haar wêreld word. Wat aanvanklik soos ’n nuwe sakeverbintenis lyk, ontwikkel in iets veel meer persoonlik, en Christine begin haar gevoelens vir hom ernstig bevraagteken. Rynard se groot gebaar bring haar egter voor die vraag te staan of sy gereed is om iemand werklik naby haar toe te laat. Wanneer hul verhouding verdiep, bring Christine se verlede en ’n onverwagse besoeker nuwe komplikasies.

3

Jasmine en Winnie betree die verhoog en neem oor

Intussen sorg Jasmine en Winnie vir ’n ligter dosis drama wanneer hulle albei hul stempel op Ragel se toneelstuk probeer afdruk. Saam met die oudisies en repetisies eskaleer hul wedywering. Elkeen is vasbeslote om haar sin te kry. Wanneer Winnie teleurgesteld is oor haar rol as Magda, en Jasmine haar eie planne begin beraam, verander die verhoog vinnig in ’n slagveld waar ego’s en ambisies bots.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies