Menu terloops
In Onderhoude [29 Des 2023]

terloops se lekkerste onderhoude van 2023


Van ‘Devil’s Peak’ se Jozua Malherbe tot Cintaine Schutte wat gesels oor die toorkrag van TV – terloops se skrywers het met heelwat mense oor die afgelope jaar onderhoude gevoer. Hier is van die hoogtepunte uit dié gesprekke wat ons nog lank ná 2023 sal bybly.

<em>terloops</em> se lekkerste onderhoude van 2023

Ons skrywers het vanjaar met van Suid-Afrika se talentvolste kunstenaars gesels – van TV-skeppers en regisseurs, tot veteraanakteurs en nuwelinge met sterre in hul oë. En volgende wag daar nog baie onderhoude. 

Vir eers, hier is van ons beste onderhoude van 2023 (in geen spesifieke volgorde):

1

‘Real Housewives van die Wynlande’ se ‘Karries’ praat prontuit

Real Housewives van die Wynlande, ONDERHOUDE
Karen Schwendtke op Real Housewives van die Wynlande. Foto: Skermgreep

“Agter die skerms het almal met mekaar gepraat. Ons het verskriklik baie gelag. Daar was geen mislukheid tussen die dames agter die skerms nie. Inteendeel, ons het regtig moeite gedoen, en regtig probeer gesels met mekaar die tydjies wat ons kon, en probeer om elke liewe ding te geniet. Agter die skerms was daar baie, baie, baie fun gewees – ongelooflik baie fun. Dit was vir my lekker en ’n challenge, en ek hou van challenges. Ek het elke liewe oomblik regtig ten goede ervaar.”

2

Irvine van der Merwe oor ‘Suidooster’ se slinkse Nazeem: ‘Hy’s ’n survivor’

“Daar is nooit ’n dull moment met Nazeem nie. Daar is altyd iets wat verbasend sal wees. So hou aan kyk, want met elke stap is daar iets nuuts, iets opwindend en iets interessant. Dit is wie hy is.”

3

‘Devil’s Peak’: Dís die regte Suid-Afrika, meen regisseur Jozua Malherbe

“Ons het van die begin af daai gesprek gehad dat ons net gou real moet raak oor mense in Suid-Afrika. En ons wou dit nie ʼn cop show noem nie, want dan sou ons doodgewoon True Detectives of Seven met Suid-Afrikaanse akteurs in ʼn Amerikaanse storie kon maak. Die reeks is ʼn manier om ʼn gesprek te voer oor wie óns is.”

4

Cintaine Shutte oor die toorkrag van teater en TV

“My grootste leermeesters, wat spasie vir my hou, is my regisseurs en die casts saam met wie ek werk. Janice Honeyman, die regisseur van Tuis, ek’s liefie en Sylvaine Strike (wat die regie van The Promise gedoen het), het altyd gevra hoe hulle dinge vir my kon makliker maak.”

5

Aktrise Melinda Viljoen: Saam-saam stap sy en ‘Binnelanders’-karakter deur swangerskap

Melinda Viljoen Binnelanders, onderhoude
Melinda Viljoen Foto: Nicolene Meyer Photography/Verskaf

Melinda, wat nog altyd sterk in haar geloof gestaan het, sê as aktrise was sy aanvanklik bekommerd oor die invloed wat Tracy se soms emosioneel-belaaide tonele op haar baba sou hê. Maar sy het in die Here vertrou.  

“Dit was een ding wat ek moes leer om heeltemal anders te benader, omdat daar nou ’n klein babatjie in my is wat nie die verskil tussen ware paniek, hartseer en toneelspeel ken nie.

“Maar ek het al vroeg in my swangerskap vir die Here gesê ek weet nie hoe om dit te doen nie en hom gevra, eintlik gesmeek, om my te lei en te leer. My man het ook baie vir beskerming oor my en babatjie se gemoed tydens die storielyne gebid.”

6

‘7de Laan’ groet: Geliefde karakters ‘Tiaan’, ‘Wilmien’ en ‘Aggie’ deel herinneringe van dié baanbrekende sepie

“Die Hillside-universe was baie relatable. Ek dink dit het op ’n kritieke tyd in ons politieke geskiedenis gekom en het vir ons as ’n land gewys wat ons kan wees.”

7

‘Binnelanders’ se Hykie Berg: ‘Alles wat in my lewe gebeur, is sodat ek kan groei’

“Soos wat jy ’n nuwe seisoen in jou lewe beleef en jy ouer raak, kom daar ’n ander kant wat jy in jou werk sit. Veral in acting, want jou emosionele intelligensie groei… of ek hoop dit groei.  

“Byvoorbeeld, toe my broer ’n jaar gelede oorlede is, en ek daai dag nog nege tonele moes skiet, was daai die eerste dag wat Conrad eintlik moes huil, want hy huil mos nie regtig nie. En hoe ’n mens dan daardie ervaringe gebruik om die regte emosies na vore te bring, wys hoe jou lewe absoluut ’n impak op jou spel het. Dit is seker die beste voorbeeld van hoe ’n mens dit wat in jou lewe gebeur, in die karakter bou.”

8

Dokkie bied uitlaatklep vir diepe seer, vertel ‘Stella Murders’-regisseur

“As ’n nasie ervaar ʼn mens ʼn tipe trauma as jy van hierdie tipe voorvalle hoor. Die moorde op Stella was opspraakwekkend. Aan die een kant omdat daar ʼn persepsie van veiligheid op klein dorpies is, en in die tweede plek omdat twee tienermeisies vermoor is in ʼn skoolkoshuis, waar daar ʼn ekstra gevoel van veiligheid was. Dit laat mense in onsekerheid leef. Ons wil meer insig hê oor waarom so iets kon gebeur. 

“Die gemeenskap en die meisies se families, maar Suid-Afrikaners in die algemeen, wil geregtigheid sien. Al het die regsproses sy loop geneem, is daar nog vrae wat bly spook.”

9

‘Diepe Waters’ se Tracey-Lee Oliver oor onblusbare lewenslus: ‘Doen wat jou gelukkig maak’

“Net omdat ons nie groot begrotings het nie, beteken dit nie dat ons nie groot talent het nie. Ek dink die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het regtig oor die afgelope tien jaar sy stem gevind. Die stories wat ons vertel, en die produksies en flieks wat ons maak, is ongelooflik. Daar is soveel Suid-Afrikaanse akteurs wat naam op die internasionale verhoog maak. Ek dink die wêreld sien ons uiteindelik raak. Ons het dalk nie altyd in die verlede al die geleenthede gehad nie, maar dinge is beslis besig om te verander. Ek is trots om deel van hierdie bedryf te wees.”

10

Die vroue van aktrise Illse Roos se hart en wese

“Ek bring nie my karakters huis toe nie. By die huis is ek ’n straightforward, down-to-earth, kaalvoet-ma wat swem, stap, in die tuin werk en baie rooiwyn drink. Ek hou van die eenvoudige lewe, sodat ek ver kan spring met my karakters.”

11

‘Arendsvlei’ se Kim Syster ná jare se seer: ‘Ek wil in die hier en nou lewe’

“Daar is ’n dieper waardering vir my ma en al die vroue in my lewe. Ek sien nou hul opofferings en dat dit nie net dade is nie, daar is ’n doel agter alles. As kind mag ons nie altyd alles verstaan nie, maar op ’n dag tref dit jou, veral wanneer jy deur sekere dinge gaan. Dit is so mooi om van ander te kan leer en om op ’n plek te wees waar sekere opofferings nou eers sin maak.” 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies