Menu terloops
In Sepies [8 Des 2023]

Van troues tot liefdesdriehoeke: Die beste sepie-oomblikke van 2023


Van soene wat geklap het, tot ’n sepie-sterfte wat ons voor die kassie laat sit en tjank het – herleef die hoogdrama wat vanjaar in ‘Arendsvlei’, ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘7de Laan’ uitgespeel het.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Van troues tot liefdesdriehoeke: Die beste sepie-oomblikke van 2023

Ons sepies se skrywers het hulself vanjaar oortref met storielyne wat ons monde op die grond laat hang het, die tonge laat klap het en vir ons aand ná aand op die punt van ons stoele gehou het. 

Nee, kyk, wanneer dit by sepies kom, het ons ’n wêreldklas-aanbieding en ons akteurs se talente het geen perke nie. Hulle het ons saam laat lag, huil én vloek. Maar dít is dan juis mos die lekkerte van sepies.

Daar is so baie onvergeetlike oomblikke om van te kies, maar ons het ’n lys van 2023 se beste sepie-oomblikke van 2023 saamgestel. 

Die beste soen  

Daar was ’n paar lekker en warm soene hierdie jaar, soos dié van Veroné (Zandélle Meyer) en Justin (Eden Classens) in Suidooster. Maar dan was daar ’n paar wat ons onkant gevang het, soos dié van Lee-Ann (Portia Joel) en Alex (Duane Williams), of selfs die passievolle gesteelde soene tussen Zoë (Lauren Joseph) en Nazeem (Irvine van der Merwe).  Hoewel daar baie contenders in hierdie kategorie was, is daardie eerste vuurwarm soen tussen Leeroy (Roberto Kyle) en Calvin (Duane Williams) in Arendsvlei vanjaar se wenner. Maar met twee benoemings is Duane dalk die wenner van hierdie kategorie! 

Lees ook ons onderhoud met Duane.

Die vreesaanjaendste storielyn 

Illse Roos Rita Suidooster
Illse Roos as Rita. Foto: Verskaf

Wie kan dan nou die Gallant Reign of Terror in Arendsvlei vergeet? Arme Beattie (Jolene Martin)  en die skool is vanjaar deur gangsters en bedrog aangeval. Toe was daar Marissa (Marlee van die Merwe) wat haar eie tweeling (ook deur Marlee vertolk) en Noami (Je-ani Swiegelaar) in Binnelanders vergiftig het. Ook in Binnelanders het Conrad (Hykie Berg) vir weke ’n ander persoonlikheid gehad het ná sy aanval. Maar geen karakter het ons meer meegesleur as Rita (Ilse Roos) in Suidooster nie. Ilse se vertolking van hierdie karakter was uitstekend. Jy kon nie wegkyk as Rita op die skerm verskyn het nie.  

Lees ook ons onderhoude met Hykie Berg en Illse Roos.

Die skokkendste kinkel  

Ons dramabelaaide sepies het beslis nie teleurgestel nie. Wie kan nou vergeet toe ons uitvind dat Pam (Tracey-Lee Oliver) nou eintlik Gys (Justin Strydom) se dogter in Diepe Waters is? Of toe Gys vir Zelda (Sandi Schultz) ná al hierdie jare gesoen het! Of wat van daai keer toe Bianca (Simone Biscombe) op haar ontvoerder in Suidooster verlief geraak het en toe met hom wou trou! Dan praat ek nie eens van psycho Riekie (Zandélle Meyer) in Binnelanders wat haar pa se meisie probeer frame het en sy pasiënte agter sy rug vermoor het nie. Dié lys is eindeloos, maar ek dink ons almal weet Diepe Waters het vanjaar die drama in oorvloed gebring en die grootste kinkel was beslis die feit dat Johan (Liam Bosman) toe eintlik sy oom Jacques (Werner Coetser) se seun is.

Lees ook ons onderhoude vanjaar met Tracey-Lee Olivier, Justin Strydom, Simone Biscombe, Sandi Schultz en Zandélle Meyer.

Pam Diepe Waters Tracey Lee Oliver
Tracey-Lee Olivier as Pam. Foto: Skermgreep

Die skokkendste sepie-sterfte 

Dit was hartverskeurend toe klein Dimpho se biologiese ma haar per ongeluk in 7de Laan doodgeskiet het toe sy Dimpho se aanneem-pa wou bykom. Alex (Carina Nel) was hartgebroke toe sy haar dogter moes groet en ons het almal saam gehuil. Die onverwagse dood van Meghan (Lea Vivier) en haar ongebore baba in Diepe Waters was nog ’n groot skok. Ek dink almal het gedink sy en Jacques sou eventually saam weghardloop en happily ever after gelewe het. Maar dit is mos ’n sepie en min mense bly ooit vir lank gelukkig… Maar niks het ons na die tissues laat gryp soos ons geliefde Oom AB Samsodien (Cedwyn Joel) se janazah in Suidooster nie. As Bianca nie op haar ontvoerder verlief geraak het nie, het hy nou nog gelewe. Dít was die storielyn wat honderde kykers se harte gebreek het. 

Suidooster AB Samsodien, sepies, sepie-oomblikke van die jaar
Ons mis vir Oom AB! Foto: Skermgreep

Die mees realistiese storielyn

Toe Sanet (Nadia Valvekens) haar probleme met die bottel in Diepe Waters probeer oplos en amper haar een kind se bulimie en selfdoodpoging gemis het, het hierdie storielyn aan mense se hartsnare getrek. Almal bereik hul eie laagtepunt in die lewe en baie kykers kon met hierdie storielyn identifiseer. Whalied (Bobby Stuurman) se bekeer tot Islam om saam met die vrou van sy drome te wees, was ook ’n storielyn wat baie reaksie gelok het en iets waarmee kykers kon identifiseer.  Maar ’n storielyn wat ongelukkig baie gebeur, en nie altyd oor gepraat word nie, is geestelike leiers wat gemeentes se geld steel. Toe die bose Orpa (Marisa Drummond) in Ruiterbosch opdaag om geld uit die Ruiterbosch-kerkmense te pers, het dit die tonge behoorlik laat klap. Marisa het hierdie rol so goed vertolk dat sy onder erge kritiek deurgeloop het op sosiale media en sy het beslis onder almal se vel ingeklim. Selfs ek was nie ’n Orpa-aanhanger nie en dit is te danke aan Marisa se ongelooflike toneelspel in dié Suidooster-storielyn.

Lees ook ons onderhoud met Nadia Valvekens.

Sepie-oomblikke van die jaar, sepies, Suidooster
Slinkse Orpa! Foto: Skermgreep

Troue van die jaar 

Daar is niks mooier as die liefde nie, veral as die karakters deur hel moes kom om uiteindelik hul sprokiesdag te kan hê. Ayesha ( Megan Saayman) en Whalied het dit amper nie gemaak nie, maar toe verander hy in die man van haar drome en hy het selfs haar geloof aanvaar. Dít was die Vlei se troue van die jaar, maar die spogtroue van die jaar was beslis dié van Zee (Ray Neo Buso) en Sudesh (Kyle Clark) in 7de Laan. Hierdie gay troue was ’n eerste vir 7de Laan en die manne se regte ouers en familie het in die banke gesit op hul TV-troudag. Dit was ’n all white Top Billing-gehalte troue. 

Skurk van die jaar

Hierdie kategorie is die een wat ons voor die TV laat vloek het en wat ons op sosiale media die meeste bespreek. Die karakters in hierdie kategorie is wel ook die lekkerste om te kyk. Jy weet nooit wat hulle volgende gaan aanvang nie en dit hou dinge interessant. 

Jy kan nie oor skurke praat sonder om Nazeem (Irvine van der Merwe) in te sluit nie. As iets in Ruiterbosch verkeerd gaan, kan jy maar weet hy sit agter die probleem. Nazeem is van die vrotste appels, maar onder daardie harde vel is ’n klein hartjie. Dan is daar natuurlik Desmond Galant (Alistair Izobell). Hierdie skurk het mense onkant gevang, veral omdat Kaapse mal is oor Alistair. Desmond is uit vir bloed en hier kom groot dinge vir hierdie karakter vir die laaste paar maande van Arendvslei.  

Kim Syster se karakter op Arendsvlei, Rachel, sepie-oomblikke van die jaar
Kim Syster se karakter op Arendsvlei, Rachel, is ons sepieskurk van die jaar! Foto: Verskaf

Maar my skurk van die jaar is Rachel met haar gladde bek. Sy het haar familie gelos om Desmond se regterhand te word. Sy het in Arendsvlei aangekom nadat Wendy haar betaal het, so jy weet mos sy is so boos soos hulle kom. Ek kan nie wag vir Rachel se terugkeer in 2024 nie. Sy moet sekerlik vir ons daai Galant-baba kom wys…

Lees ook ons onderhoude met Kim Syster, Alistair Izobell, en Irvine van der Merwe.

Lekkerste liefdesdriehoek  

Wat is die liefde dan nou sonder ’n liefdesdriehoek elke nou en dan? Justin (Eden Classens) het vir Veroné (Zandélle Meyer) by haar verloofde afgevry, maar dit is niks in vergelyking met Rossouw (Altus Theart) wat sy vrou vir haar suster gelos het. Of sy broer, Jacques (Werner Coetser), wat hul pa se vrou afgevry het nie. Hierdie Diepe Waters-broers is obviously mal oor ’n love triangle. Maar die opwindendste love triangle op die oomblik is die van Beatrice (Jolene Martin) en haar twee speurders in Arendvslei. Beattie het beslis ’n tipe, maar gaan sy nou regtig ’n toekoms met Kyle (Dries Botha) bou? Of is daar nog hoop vir arme Clint (Clayton Evertson)? 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: ‘The Whale’, ‘No Hard Feelings’, ‘Lover, Stalker, Killer’ (ril!) en meer

Dié week se TV-gids sluit in een van die snaakste flieks van 2023, ’n ware misdaaddokkie wat jou twee keer gaan laat dink oor online dating en Brendan Fraser se Oscar-bekroonde vertolking in 'The Whale'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 9 goed wat jy ná episode 4 se wilde ompad moet weet

Ai, ná verlede week se warm soen, het ons gedink die sanger Brendan Peyper gaan vandeesweek groot moves maak. Helaas, dit was eerder sy ouma wat wat toe met "vars bloed" in die vroue se slaai kom krap het...

Meer

Redakteurskeuse vir Februarie 2024: Mode, manewales, en Messi

Wat om te kyk: ’n Besonderse dokkie oor die legendariese sokkerenigma, Lionel Messi; ’n reeks oor hoe moderne mode tydens die Tweede Wêreldoorlog gestalte gevind het; en die nuwe Showmax se propvol kykspyskaart wat ikoniese reekse soos ‘The Office’ en ‘Parks & Recreation’ insluit – hier is ons keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Wat om te kyk: Reeksmoordenaars, rugby en roerende drama

Wat om te kyk: 'Donkerbos' is uiteindelik ook beskikbaar vir DStv-kykers; skouspelagtige rugby én agter-die-skerms-drama in ’n Sesnasies-dokkie; M-Net se nuwe gesinsdrama, 'Summertide', première, en ’n epiese oorlogsdrama wag in Steven Spielberg se 'Masters of the Air'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer
Sien alle opsies