Menu terloops
In Onderhoude [8 Jun 2023]

Simone Biscombe oor ‘Suidooster’ se swartskaaprebel: ‘Jy weet nooit wat volgende op Bianca wag nie’


Sy word dikwels gesien as die swartskaap van die Samsodien-familie omdat sy altyd haar eie kop volg en dinge in die familie lelik bly omkrap – ons gesels met Simone Biscombe wat die rol van Bianca Fourie in ‘Suidooster’ vertolk.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Simone Biscombe oor ‘Suidooster’ se swartskaaprebel: ‘Jy weet nooit wat volgende op Bianca wag nie’

Vir aanhangers van die gewilde kykNET-sepie Suidooster, is die karakter van Bianca Fourie – vertolk deur Simone Biscombe – teen dié tyd ’n huishoudelike naam.

Sy word dikwels gesien as die swartskaap van die Samsodien-familie omdat sy altyd haar eie kop volg en dinge in die familie lelik bly omkrap.

Bianca is Mymoena (Jill Levenberg) se biologiese dogter wat haar ná jare in Ruiterbosch kom opspoor het. Maar sedert haar oorspronklike storielyn, het Bianca reeds diep spore in kykers – én die Ruiterbosch-gemeenskap – se harte getrap.

Bianca is een van die OG Suidooster-akteurs, maar so ook ’n karakter wat een van die grootste glow-ups in ’n plaaslike sepie gehad het. Tog, hoewel Bianca se karakter al baie evolve het wat haar loopbaan, styl en persoonlikheid betref, is Bianca altyd, maar altyd, in die middel van een of ander dramasage vasgevang.

terloops het met Simone, ’n Stellenbosch-boorling, oor haar karakter se mees ikoniese storielyne gesels, insluitend Bianca se dwelmprobleem en nou haar verhouding met Dirk (Evan Hengst) wat haar geliefde stiefpa, oom AB Samsodien (Cedwyn Joel), se lewe gekos het.

Wat is vir haar die lekkerste van Bianca se evolusie en sal Bianca ooit drama free wees?

As ’n rol nog nuut is, wil mense gewoonlik weet of daar enige ooreenkomste tussen die akteur en karakter is. Maar as jy al so lank ’n karakter vertolk het, dink jy daar is nog blote ooreenkomste, of voel dit eerder teen die tyd asof Bianca deel van jou is?

“As akteurs loop ons die gevaar om van die dinge wat jou karakter deurmaak in jou persoonlike kapasiteit aan te neem. Soos byvoorbeeld Heath Ledger wat destyds die psige van die Joker-karakter (in The Dark Knight) aangeneem het.

“Toe ek die rol kry, was ek deeglik bewus van hierdie fenomeen en ek het ’n daaglikse ritueel om vir Bianca af te skud en weer in Simone se skoene te staan.

“Ek tap eers weer 100% in Bianca in as ek haar klere en grimering dra en haar woorde op stel sê.” 

Bianca het al deur baie veranderinge en eras oor die afgelope agt jaar gegaan. Wat is die grootste verandering vir jou tussen die Bianca van destyds en nou?

“Sy’t beslis meer volwasse oor die agt jaar geword. Al die dinge waardeur sy is, het karakter gebou en sy’t definitief ’n meer oop uitkyk op die lewe.”

Bianca het altyd so skaam en onseker voorgekom. Deesdae vat sy nie nonsens nie en volg sy altyd haar eie kop. Raak dit lekkerder vir jou om Bianca te vertolk soos die tyd aangaan; of was dit meer opwindend om die OG Bianca te speel?

“Die storielyne waarmee die skrywers vir my karakter vorendag kom, is altyd opwindend. As ek met ’n storielyn klaarmaak, dink ek altyd oor wat nou nog met Bianca kan gebeur. Maar daar is altyd nog, so dit raak definitief lekkerder!”

Jy het al baie interessante storielyne vertolk, insluitend Bianca se affair met Stefan (Gideon Lombard), haar verhouding met ’n geskeide man, haar oorspronklike soektog na Mymoena, toe haar pa, dwelms, ’n ontvoering, AB se tweede huwelik wat die familie geruk het en nou jou liefde met Dirk wat ’n deel gespeel het in AB se dood. Watter storielyn oor die jare was vir jou die moeilikste om te vertolk en het jou as Simone die meeste geraak?

“Die AB-storielyn! Dit het my op ’n verskriklike persoonlike vlak getref juis omdat ek my eie pa in April 2022 verloor het. Ek het troos daarin gevind dat ek darem nog ’n TV-pa het. So, ek was nogal hartseer toe ek uitvind wat met AB sou gebeur.

“En boonop was die uitsaaidatum van AB se begrafnis op 4 Mei (2023) – my oorlede pa se verjaarsdag en ook die dag wat ons hom presies ’n jaar vantevore begrawe het. So emosies was hoog!”

Ná agt jaar het jy al die skerm met almal op Suidooster gedeel. Saam met wie is dit die moeilikste of lekkerste om te skiet? Iemand wat jou heeltyd laat lag, huil of net te ernstig is?

“Ek het nie ’n gunsteling-storielyn of gunsteling-speler nie. Almal is uniek en bring daardie uniekheid na die toneel. As ek iemand móét uitsonder, is dit Greta Pietersen wat Michelle vertolk het. Ons het op stel ontmoet en alhoewel haar karakter die sepie in 2020 verlaat het, is ons tot vandag toe boesemvriendinne.”

Was jy verbaas oor die reaksie rondom Dirk en Bianca se verhouding? En hoe hanteer jy dit as Bianca in ’n storielyn is wat baie reaksie van die publiek ontlok?  

“Ek is gaande oor debatte so dit was heerlik om te sien en te hoor wat mense se opinies oor die storielyn was.” 

Simone Biscombe en Evan Hengst in Suidooster.
Oomblikke voor AB se dood… Bianca (Simone Biscombe) en Dirk (Evan Hengst) op hul troudag in Suidooster. Foto: Verskaf

Bianca se styl is nog iets wat ’n groot glow-up gekry het oor die afgelope agt jaar. Wie besluit wanneer dit tyd is vir ’n refresher en het jy ook inputs as dit by Bianca se styl kom?

“Die vervaardigers maak besluite ten opsigte van voorkoms en dan sal die verskillende departemente koppe bymekaarsit en besluit wat die beste sal werk. Almal is darem oop vir insette van die akteur.”

As jy dink aan daardie eerste jaar op stel tot nou, waaroor is jy die meeste trots as jy aan Bianca se evolusie dink?

“Die feit dat die karakter vars gehou word. Soos vroeër genoem, ’n mens weet nooit wat volgende op haar wag nie, maar dit is altyd opwindend en ’n nuwe uitdaging.”

’n Mens verander ook oor ’n dekade en gaan soms deur groot life changes. Watter groot verandering het jy as persoon oor die afgelope agt jaar ervaar?

“Ek voel definitief meer volwasse en in beheer van myself, meer geanker. Ek het definitief ’n ligter lewensperspektief wat geprikkel is deur die dood van my pa. Die dood leer ’n mens om vir die hier en nou te leef en te besef dat elke dag ’n geskenk is.”

Min mense weet dat jy as ’n klassieke sanger en pianis opgelei is, maar deesdae sien mense darem jou ander kant as julle as deel van die Suidooster Stormsterk-produksie by die Artscape optree. Is dit vir jou lekker om daardie kant te kan wys? En hoekom het jy destyds besluit om eerder ’n akteur as sangeres te word?

“Ek het vir agt jaar gevryskut voordat ek Suidooster gekry het, en meeste van my ervaring was op die verhoog, so dit was lekker om weer vir ‘n slag op die verhoog te wees. Ek het doelbewus besluit om eerder ’n akteur te word, want die stem is ’n baie delikate instrument en kan oud en moeg word, wat die gehalte beïnvloed. Maar mens sal altyd ouer mense nodig hê om rolle te vertolk.”

Wat is jou toekomsdrome vir Bianca?

“Dat sy nog meer haar man sal staan en meer op instink, eerder as met haar kop, reageer.”

Wat is nog op jou persoonlike bucketlist

“Om soveel moontlik tale te kan praat (ek kan tans drie en ’n bietjie praat), die wêreld te sien, om soveel moontlik ’n gesonde gebalanseerde lewe vol liefde en warmte te volhou, om op verskillende plekke te bly en my grootste potensiaal as mens te kan bereik.”


Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies