Menu terloops
In Gons [20 Feb 2024]

Kyk nou: Almal wil ’n stukkie van dié ‘Koek’ hê…


In die nuwe Afrikaanse Showmax-reeks, ‘Koek’, lewer die ‘Binnelanders’-aktrise Cindy Swanepoel “die vertoning van haar lewe”. En nee, dis beslis nie ’n storie oor gebak nie.

Kyk nou: Almal wil ’n stukkie van dié ‘Koek’ hê…
Kyk lokprent

Showmax het pas die lokprent vir Koek, dié platform se jongste Afrikaanse misdaadkomediereeks, vrygestel.

As die Kaapstadse huisvrou Christelle Smit vermoed dat haar man ’n affair met ’n ontkleedanseres genaamd Candi Floss het (I mean…), neem haar ondersoek haar binne ’n wêreld wat hemelsbreed verskil van die noordelike voorstede-utopie waarmee sy bekend is. Soos in, hemelsbreed.

“Hierdie is die storie van ’n vrou wat alles moet verloor om haarself te vind,” vertel die Safta- en Silwerskermbekroonde showrunner Christiaan Olwagen, wie se vorige reeks, Recipes for Love and Murder, nou reeds aan meer as 90 lande verkoop is.

Cindy Swanepoel, wat verlede jaar Safta- en Silwerskermtoekennings vir haar rol as Annelize in Binnelanders gewen het, vertolk die hoofrol van Christelle. Dis nie lank nie, of Christelle beland in die skuld by ene Moekie, wat deur die veteraanaktrise Sandra Prinsloo vertolk word. Moekie is ’n bendebaas met voorliefdes vir brandewyn, sigare, luiperdpatrone – en niere steel.

Ashley de Lange en Cindy Swanepoel in Koek
Ashley de Lange en Cindy Swanepoel speel susters in Koek. Foto: Verskaf

“Cindy lewer die vertoning van haar lewe: sy is pragtig, sy is snaaks, sy is hartseer en sy is sexy,” sê Christiaan. “Jy voel regtig vir haar.”

Cindy en Christiaan deel ’n wedersydse bewondering vir mekaar. “Ek wou ook nog altyd iets doen wat Christiaan Olwagen betrek en om ’n hoofrol te speel in ’n reeks wat so oorspronklik en anders en waaghalsig is, was vir my so ’n massiewe voorreg,” sê Cindy. “Dit is iets wat ons nog nie in hierdie land gesien het nie.”

Die misdaadkomedie is grootliks in Kaapstad se noordelike voorstede geskiet, waaronder in die Lush-ontkleeklub wat instaan as die fiktiewe Koeksusters. Lush het vir die rolverdeling dansopleiding en leiding gegee om die ontklee-ervaring so outentiek as moontlik te maak.

Sandra Prinsloo is ene Moekie, die bendebaas by wie Christelle (Cindy Swanepoel) diep in die skuld is. Foto: Verskaf

Die lokprent gee vir ons ’n eerste blik op die volgepropte rolverdeling wat Silwerskermwenners Stian Bam (Die storie van Racheltjie de Beer), Jacques Bessenger (Donkerbos), Dawid Minnaar (Legacy) en Carel Nel (Gaia), asook Safta-benoemdes Ashley de Lange (G.I.L.) en Vinette Ebrahim (Barakat, Skemerdans) insluti. Daar is selfs ’n seldsame kameevertoning deur die kletsrymer Jack Parow, wat ook nuwe musiek tot die klankbaan bydra.

Die regisseur en kinematograaf is Johannes Pieter Nel. Nel het verlede jaar vir beste kinematografie by die Silwerskermfees gewen vir sy werk op Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak. Hy is ook aan die stuur van Magda Louw, waarvoor Desiré Gardner die toekenning vir beste akteur in ’n komedie by dieselfde toekennings gewen het. “Ons plaas bekende akteurs in vars en gewaagde rolle wat ons gehoor gaan skok en vermaak; hulle is in vir ’n bederf.”

Koek is deur Wolflight Films vervaardig en première op Showmax op 29 Februarie 2024 met nuwe episodes op Donderdae tot 2 Mei 2024.

Koek is nuutste toevoeging van bekroonde Afrikaanse misdaadreekse op dié stroomplatform. Dit bou voort op die sukses van Donkerbos, wat vir die Berlinale Series Market Selects gekies is; Spinners, wat die eerste reeks uit Afrika is wat aan Canneseries deelgeneem het; en Trompoppie, oor ’n span hoërskool-trompoppies wat die een ná die ander dood opduik. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies