Menu terloops
In Gons [15 Feb 2024]

Koebaai ‘Arendsvlei’, hallo ‘Skemergrond’


As die geliefde telenovela ‘Arendsvlei’ later vanjaar tot ’n einde kom, word dit deur ene ‘Skemergrond’ vervang – ’n nuwe telenovela wat afspeel in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hul blomplaas

Koebaai ‘Arendsvlei’, hallo ‘Skemergrond’

In Julie vanjaar begin Skemergrond, ’n nuwe en opwindende Afrikaanse telenovela, en beloof dramatiese TV-vermaak wat wissel van diep bewaarde familiegeheime en wraak tot ware liefde, leuens en verbrokkelende vriendskappe.

Skemergrond kom in die plek van Arendsvlei wat ná meer as vyf jaar op kykNET&Kie. in Junie vanjaar tot ’n einde kom. Arendsvlei het baanbrekerswerk as ’n Afrikaanse telenovela gedoen sedert die eerste episode op 1 Oktober 2018 uitgesaai is.

Skemergrond sal, nes Arendsvlei, ook vier aande ’n week uitgesaai word en sal ook beskikbaar wees om terseldertyd te stroom op DStv Stream, of later op te vang via DStv Catch Up.

Die storie

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hul blomplaas.

Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi as onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.

Ou wonde word oopgekrap en nuwe bande word gesmee om die Louws en hulle nalatenskap te beskerm.

Agter die skerms

Roxanne Blaise, bekend vir haar rolle in Sara se Geheim en White Lies, is die hoofregisseur. Sy was ook een van die regisseurs van Arendsvlei. By verlede jaar se Silwerskermfees het sy saam met Mujaanhid Valley die toekenning vir die beste draaiboek gewen vir die kortfilm Die Blokke. Roxanne is ook as beste regisseur vir Die Blokke benoem. 

“Ons is verheug oor hierdie fantastiese geleentheid. Die vars en opwindende rolverdeling gaan ’n epiese familiesage na die kassie bring. Skemergrond speel af tussen die Wes-Kaapse platteland en die blommemarkte van Kaapstad en is vol interessante karakters wat donker geheime saam met hul dra,” sê Roxanne.

Die ander regisseur is Marissa Drummond, wat ook as aktrise bekend is vir haar rolle in onder meer Spoorloos: Die eiland, en Suidooster. Bobby Stuurman, wat met Arendsvlei sy opleiding as regisseur gekry het, is die leerlingregisseur en dialoog-afrigter. 

Die gedugte skryfspan het tussen hulle al aan vele plaaslike sepies en telenovelas gewerk. Hulle is: Jo-Ann Scholtz (7de laan), Johann Davis (ArendsvleiSuidooster), Alyzzander Fourie (High RollersIsidingo), Margaret Goldsmid (Diepe WatersArendsvleiAfgrond), Meesha Aboo (Diepe WatersUnseenArendsvlei), Kanya Viljoen (Arendsvlei), Lauren Scholtz (ArendsvleiDiepe Waters), Henry Cloete (ArendsvleiDiepe WatersSuidooster) en Tristam Atkins (Diepe WatersUnseenArendsvleiSuidooster). 

Die reeks word deur Penguin Films vervaardig wat reekse en films soos Sara se GeheimFishy Fêshuns, Afgrond en Diepe Waters op hulle kerfstok het. Roberta Durrant en Andrea Frankson-Titus is die kreatiewe vervaardigers van Skemergrond.

“Ons het ’n uitsonderlike rolverdeling en ’n briljante span mense agter die skerms bymekaar gebring om hierdie veelvlakkige storie vol geheime, liefde en wraak te vertel. Kykers gaan aangegryp en verras word deur al die emosionele kinkels,” sê Roberta.


Die rolverdeling van Skemergrond word later aangekondig, maar veteraanakteurs én nuwelinge in. Skemergrond begin in Julie 2024 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit sal van Maandag tot Donderdag om 19:30 uitgesaai word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies