Menu terloops
In Gons [15 Feb 2024]

Koebaai ‘Arendsvlei’, hallo ‘Skemergrond’


As die geliefde telenovela ‘Arendsvlei’ later vanjaar tot ’n einde kom, word dit deur ene ‘Skemergrond’ vervang – ’n nuwe telenovela wat afspeel in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hul blomplaas

Koebaai ‘Arendsvlei’, hallo ‘Skemergrond’

In Julie vanjaar begin Skemergrond, ’n nuwe en opwindende Afrikaanse telenovela, en beloof dramatiese TV-vermaak wat wissel van diep bewaarde familiegeheime en wraak tot ware liefde, leuens en verbrokkelende vriendskappe.

Skemergrond kom in die plek van Arendsvlei wat ná meer as vyf jaar op kykNET&Kie. in Junie vanjaar tot ’n einde kom. Arendsvlei het baanbrekerswerk as ’n Afrikaanse telenovela gedoen sedert die eerste episode op 1 Oktober 2018 uitgesaai is.

Skemergrond sal, nes Arendsvlei, ook vier aande ’n week uitgesaai word en sal ook beskikbaar wees om terseldertyd te stroom op DStv Stream, of later op te vang via DStv Catch Up.

Die storie

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hul blomplaas.

Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi as onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.

Ou wonde word oopgekrap en nuwe bande word gesmee om die Louws en hulle nalatenskap te beskerm.

Agter die skerms

Roxanne Blaise, bekend vir haar rolle in Sara se Geheim en White Lies, is die hoofregisseur. Sy was ook een van die regisseurs van Arendsvlei. By verlede jaar se Silwerskermfees het sy saam met Mujaanhid Valley die toekenning vir die beste draaiboek gewen vir die kortfilm Die Blokke. Roxanne is ook as beste regisseur vir Die Blokke benoem. 

“Ons is verheug oor hierdie fantastiese geleentheid. Die vars en opwindende rolverdeling gaan ’n epiese familiesage na die kassie bring. Skemergrond speel af tussen die Wes-Kaapse platteland en die blommemarkte van Kaapstad en is vol interessante karakters wat donker geheime saam met hul dra,” sê Roxanne.

Die ander regisseur is Marissa Drummond, wat ook as aktrise bekend is vir haar rolle in onder meer Spoorloos: Die eiland, en Suidooster. Bobby Stuurman, wat met Arendsvlei sy opleiding as regisseur gekry het, is die leerlingregisseur en dialoog-afrigter. 

Die gedugte skryfspan het tussen hulle al aan vele plaaslike sepies en telenovelas gewerk. Hulle is: Jo-Ann Scholtz (7de laan), Johann Davis (ArendsvleiSuidooster), Alyzzander Fourie (High RollersIsidingo), Margaret Goldsmid (Diepe WatersArendsvleiAfgrond), Meesha Aboo (Diepe WatersUnseenArendsvlei), Kanya Viljoen (Arendsvlei), Lauren Scholtz (ArendsvleiDiepe Waters), Henry Cloete (ArendsvleiDiepe WatersSuidooster) en Tristam Atkins (Diepe WatersUnseenArendsvleiSuidooster). 

Die reeks word deur Penguin Films vervaardig wat reekse en films soos Sara se GeheimFishy Fêshuns, Afgrond en Diepe Waters op hulle kerfstok het. Roberta Durrant en Andrea Frankson-Titus is die kreatiewe vervaardigers van Skemergrond.

“Ons het ’n uitsonderlike rolverdeling en ’n briljante span mense agter die skerms bymekaar gebring om hierdie veelvlakkige storie vol geheime, liefde en wraak te vertel. Kykers gaan aangegryp en verras word deur al die emosionele kinkels,” sê Roberta.


Die rolverdeling van Skemergrond word later aangekondig, maar veteraanakteurs én nuwelinge in. Skemergrond begin in Julie 2024 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit sal van Maandag tot Donderdag om 19:30 uitgesaai word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies