Menu terloops
In Wat om te kyk [12 Feb 2024]

Jou telenovela-gids: Hierdie week se scoop oor ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (12 tot 15 Februarie 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Hierdie week se scoop oor ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 12 Februarie

Ahmet jaag Ceylan uit die winkel uit en Cemre roskam Kaan. Fazil se eks maak amok op kantoor en Emel gee hom die trekpas. 

Dinsdag, 13 Februarie

Ahmet besoek vir Nefise om haar te vertel van sy bedoelinge met Zeynep.  Zeynep sê vir Ahmet dat hy nie haar hart gaan verower deur haar familie te paai nie.

Woensdag, 14 Februarie

Emre konfronteer Zeynep omdat sy en Nefise hom nooit ingelig het oor die trouplanne nie.  Azime terroriseer vir Tugba.  

Donderdag, 15 Februarie

Onur voer vir Zeynep weg en wys vir haar ’n ander soort lewe. Tugba slaag daarin om Muzaffer en Nefise se aand weg kort te knip. 


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 12 Februarie

Aras vertel vir Duru hy weet Can is sy seun. Ahmet stuur Efe om Aysem te beskerm teen haar kliënt se gewelddadige man.  

Dinsdag, 13 Februarie

Perihan word verdink van Hakan se moord en moet ’n tronksel met Ferda deel. Aras neem baba Can na sy huis toe sonder Duru se medewete. 

Woensdag, 14 Februarie

Met Perihan in die tronk moet ’n nuwe voorsitter van die direksie gekies word. Merve probeer om vir Efe te kry om ’n verklaring teen Ahmet af te lê.

Donderdag, 15 Februarie

Ahmet word verkies as die voorsitter van die raad. Sahin vertel die polisie dat hy betrokke was by Hakan se dood.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies