Menu terloops
In Wat om te kyk [12 Feb 2024]

Jou telenovela-gids: Hierdie week se scoop oor ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (12 tot 15 Februarie 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Hierdie week se scoop oor ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 12 Februarie

Ahmet jaag Ceylan uit die winkel uit en Cemre roskam Kaan. Fazil se eks maak amok op kantoor en Emel gee hom die trekpas. 

Dinsdag, 13 Februarie

Ahmet besoek vir Nefise om haar te vertel van sy bedoelinge met Zeynep.  Zeynep sê vir Ahmet dat hy nie haar hart gaan verower deur haar familie te paai nie.

Woensdag, 14 Februarie

Emre konfronteer Zeynep omdat sy en Nefise hom nooit ingelig het oor die trouplanne nie.  Azime terroriseer vir Tugba.  

Donderdag, 15 Februarie

Onur voer vir Zeynep weg en wys vir haar ’n ander soort lewe. Tugba slaag daarin om Muzaffer en Nefise se aand weg kort te knip. 


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 12 Februarie

Aras vertel vir Duru hy weet Can is sy seun. Ahmet stuur Efe om Aysem te beskerm teen haar kliënt se gewelddadige man.  

Dinsdag, 13 Februarie

Perihan word verdink van Hakan se moord en moet ’n tronksel met Ferda deel. Aras neem baba Can na sy huis toe sonder Duru se medewete. 

Woensdag, 14 Februarie

Met Perihan in die tronk moet ’n nuwe voorsitter van die direksie gekies word. Merve probeer om vir Efe te kry om ’n verklaring teen Ahmet af te lê.

Donderdag, 15 Februarie

Ahmet word verkies as die voorsitter van die raad. Sahin vertel die polisie dat hy betrokke was by Hakan se dood.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies