Menu terloops
In Lysie-lysie [6 Feb 2024]

Sepie-paartjies koer-koer so… hier is ons agt gunstelinge (vir nou)


’n Liefdesdriehoek, ’n verlowing, uitmaak én opmaak, saam vry, lekkerkry, evil takedowns, ou liefde of nuwe verhoudings – ons het al álles gesien. Tog is daar steeds niks lekkerder as ’n romantiese storielyn in sepieland nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepie-paartjies koer-koer so… hier is ons agt gunstelinge (vir nou)

If you can dream it, it can happen! Ons sepieskrywers het kykers al oor die jare bederf met ikoniese paartjies soos Hilda en Oubaas in 7de Laan, Nick en Sanet in Egoli, Wendy en Steve in Arendsvlei, en Lienkie en Blitz in Getroud met Rugby

Maak nie saak of jy ’n paartjie love of haat nie, jy kan daarop bargain dat hulle jou minstens gaan vermaak. As kykers het ons al gelag, geskree, gebid en gehuil vir én met ons gunsteling – en mees irriterende – paartjies op die kassie. 

Met Valentynsdag om die draai het terloops ’n lysie opgestel van agt sepie-paartjies wat ons tans voor die kassie vasgenael hou. 

So, wie is jou gunsteling sepiepaartjie? 

1

Hein en Birdie (Arendsvlei

Toe Hein (Merlin Balie) en Yvette (Charlene le Roux) uitmekaar is, het ek nooit gedink Hein sou weer liefde vind nie. Om eerlik te wees – ek het gedink hy en Yvette sou weer mekaar vind. Toe kom Birdie (Hermien de Vos) soos ’n warrelwind ingestorm en daar steel sy binne weke Hein se hart. Hul liefde het so vinnig vlamgevat dat ek oortuig was dat dit nie lank sou hou nie, maar hulle het almal verkeerd bewys en is tans een van die mees stabiele verhoudings in Arendsvlei.  Hul verhouding is net so interessant soos hulle, maar dié ouer paartjie wys ons elke week dat die liefde nie ouderdom ken nie. 

2

Desmond en Rachel (Arendsvlei

Daar is mense wat die beste en die slegste in iemand kan uitlok. Desmond (Alistair Izobell) en Rachel (Kim Syster) bring absoluut die boosheid in mekaar uit. Waar dié twee saam is, weet jy drama gaan volg.  Ons het lanklaas vir Rachel op die kassie gesien, maar ons weet sy trek nog toutjies in die agtergrond. Sy het mos kamstig vir ’n tydjie verdwyn om haar en Desmond se love child in vrede in die wêreld te bring. As hierdie twee eers begin konkel, dan weet jy die poppe gaan dans. Hulle is nou nie my gunsteling-paartjie nie, maar hulle bring ál die aksie en drama. Ek wag in spanning vir Rachel om terug te keer. 

Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

3

Tertius en Tracy (Binnelanders)

Hierdie twee besties het bewys dat vriendskap die beste fondasie vir ’n verhouding is. Tertius (Reynardt Hugo ) en Tracy (Melinda Viljoen) was vir jare net goeie vriende en het mekaar deur lief en leed bygestaan. Skielik ontwikkel hulle gevoelens vir mekaar, and the rest, as they say, is history. Okei, dit was nou nie so maklik nie en hulle deel steeds die geheim dat Conrad (Hykie Berg) eintlik hul baba se pa is… Maar al het hulle amper nie by mekaar uitgekom nie, is ons hier vir hierdie friends turned lovers-romanse. 

4

Louis en Naomi (Binnelanders

Hierdie twee was nog altyd couple goals, maar danksy Louis (Germandt Geldenhuys) se onlangse gesmokkel met organe weet ek nie of hul verhouding hierdie storm gaan oorleef nie. ’n Meer liefdevolle, ondersteunende en toegewyde paartjie kry jy nie sommer in sepieland nie. Verhoudings verander vinniger as seisoene in ons sepies, so hierdie twee se epiese verhouding is beslis een vir die boeke. Ag, ek hoop tog Naomi (Je-ani Swiegelaar) vergewe vir Louis… Hy wou immers net haar lewe red.  

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

5

Johan en Charity (Diepe Waters

As Desmond en Rachel die slegste in mekaar uitbring, is hierdie twee die teenoorgestelde. Johan (Liam Bosman) was sterk op pad na ’n lewe van dwelms en seksuele teistering, terwyl Charity (Dané de Waal) ’n onbeskofte boemelaar was. Nie een van hulle was opsoek na ’n verhouding nie, maar vandat hulle saam is, floreer hulle albei. Hulle bring wraggies die heel beste binne en buite die swembad in mekaar uit. Ek kan nie wag om te sien wat hulle volgende gaan bereik nie. 

6

Sanet en Dominee Ben (Diepe Waters

Vurige soene, vurige liefde? Foto: Skermgreep

Aanhouer wen! Sanet (Nadia Valvekens) was ’n magneet vir romantiese teleurstellings. Eers het haar man haar vir haar suster gelos en toe los haar skelmpie haar vir sy vrou. Dít is erger as om geen matches op Tinder te kry nie. En net toe sy wou opgee, lei die Here vir haar in Dominee Ben (Eric Bouwer) se arms in. Wie sou dan nou dink dat Sanet net ’n kerksuster moes word om liefde te vind? Die oomblik toe sy haar gekonkel met Gys (Justin Strydom) los, word sy gebless. Dit wys jou net, los daai sondes en skelmstreke!

Honorary mention: Zelda en Gys (Diepe Waters

Hulle is nou wel nie ’n amptelike paartjie nie, maar hierdie twee is so lus vir mekaar dat hulle uit frustrasie mekaar se lewens probeer verwoes. Hulle deel ook ’n love child saam en wanneer hulle wel weer lyk asof hulle hul verhouding ’n kans wil gee, is dit die enigste tyd wat ons ’n sagte kant van hulle sien. Ongelukkig hou dit nooit langer as vyf minute nie. Maar dit is darem flippen entertaining

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

7

Susan en Elana (Suidooster

Susan (Natasha van der Merwe) het nou wel op haar vrou ge-cheat en met ’n jonger man weggehardloop, maar sy het haar fout besef en nou is hierdie powerhouse couple weer saam. Elana (Esther von Waltsleben) is die kalm en volwasse een, terwyl Susan altyd vir pret sorg. Saam is hulle soos vinkel en koljander, twee van die beste en lekkerste speserye in my kas. 

8

Angie en Wade (Suidooster

Ek het gedink Wade (Dean Smith) is mal om Angie (Char Carrie) terug te vat nadat sy hom die eerste keer met skuld en sonder familie gelos het. Maar Angie het aan ons almal bewys dat mense kan verander. En al was albei onlangs baie bly toe hulle besluit het om hul verlowing uit te stel, sien ek ’n romantiese toekoms vol kinders vir hierdie twee. ’n Snaakse en meer spontane paartjie kry ’n mens nie en ek het nog nooit so lekker vir ’n paartjie gelag soos vir hulle nie.  

SEPIE-PAARTJIE
Hierdie twee is al deur baie drama, soene en avonture! Foto: Skermgreep

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies