Menu terloops
In Gons [30 Jan 2024]

Kyk uit vir dié agt kinkels in ‘Suidooster’ in Februarie


Gryp na die naaste lamppaal om aan vas te klou, want ’n stormsterk wind word vir Februarie in die kykNET-sepie ‘Suidooster’ voorspel.

Stroom Suidooster aanlyn

Kyk uit vir dié agt kinkels in ‘Suidooster’ in Februarie

Die jaar het rustig genoeg vir die inwoners van Ruiterbosch in die kykNET-sepie, Suidooster, begin, maar in Februarie is daar nie vir ’n enkele karakter rus te vinde nie. Hier is agt storielyn-kinkels waarna kykers in die maand van liefde kan uitsien.

1

Danni en Siya probeer maak of alles normaal is, maar hulle sukkel met die realiteit dat hulle nie kan kinders hê nie. Is die Thuli-egpaar se huwelik in troebel waters? 

Suidooster in Februarie
Gaan Danni en Siya se huwelik oorleef?
2

Dit lyk asof ware liefde wél vir Nazeem bestem is! Hy wend ook regtig ’n poging aan om ’n beter mens te wees. Tog gun sy eks-skelpmie hom nie dié geluk nie. Die gort is behoorlik gaar as Zoë sy verhouding met Laylla in die wiele ry. 

3

Lee-Ann, Bianca en Elana maak gereed om ’n groot funksie te hou om fondse vir die skool se nuwe swembad in te samel… Maar dan steek konflik sy kop uit.  

4

Lee-Ann glo die tyd is ryp vir Bridgette om weer haar hand aan liefde te waag. 

5

Mymoena ontmoet die nimlike Sammy, ’n afgetrede landdros, in die parkie en dit blyk dat dié twee dalk meer as vriende kan wees. Maar Mymoena se kinders is nie te beïndruk met dié verwikkeling nie… 

SUIDOOSTER IN FEBRUARIE 2024
Gaan Mymoena weer ’n kans op liefde kry ná al haar seer? Foto: Skermgreep
6

Wade bied ’n jogaklas aan, maar dit loop skeef. Hy en Angie besluit dan om iets anders te kry om saam te doen. Het hulle uiteindelik hul roeping gevind? 

7

Tim wil graag aan ’n ontwerpkompetisie vir argitekte deelneem, maar Bridgette probeer ’n stokkie daarvoor steek. Gaan dit ’n nuwe oorlog tussen dié twee ontketen? 

8

’n Skokgebeurtenis dompel Ruiterbosch in rou… 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná die uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies