Menu terloops

Magda Louw S1-2

Op DStv [Gepubliseer op 1 Jan 2024]


‘Magda Louw’ vertel die storie van Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê.

Kyk nou

Magda Louw S1-2

Magda Louw is aanvanklik deur Desiré Gardner, wat ook die naamrol vertolk as ’n eenvrou-verhoogproduksie geskep. Nadat dit eers in 2021 deur kykNET tot ’n storiefilm ontwikkel is, is dit toe in ’n komediereeks omskep. 

Die storie draai meerendeels om Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê. Die akteur en Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk is as Erhard te sien. Die rol van Magda se dogter, Gertrude, is in die eerste seisoen deur Cintaine Shutte vertolk, met Binnelanders se Cindy Swanepoel wat in die nuwe seisoen dié karakter lewe gee. Die rol van Baltus, die paartjie se seun, word deur Taktiek se Bennie Fourie gespeel. 

Gershwin Mias is die kameraman Shaun, wat die Louws oral heen rondvolg.

Weeklikse episodes van Magda Louw vanaf Maandag, 1 Januarie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook op Catch Up beskikbaar (ná uitsending).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies