Menu terloops

Magda Louw S1-2

Op DStv [Gepubliseer op 1 Jan 2024]


‘Magda Louw’ vertel die storie van Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê.

Kyk nou

Magda Louw S1-2

Magda Louw is aanvanklik deur Desiré Gardner, wat ook die naamrol vertolk as ’n eenvrou-verhoogproduksie geskep. Nadat dit eers in 2021 deur kykNET tot ’n storiefilm ontwikkel is, is dit toe in ’n komediereeks omskep. 

Die storie draai meerendeels om Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê. Die akteur en Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk is as Erhard te sien. Die rol van Magda se dogter, Gertrude, is in die eerste seisoen deur Cintaine Shutte vertolk, met Binnelanders se Cindy Swanepoel wat in die nuwe seisoen dié karakter lewe gee. Die rol van Baltus, die paartjie se seun, word deur Taktiek se Bennie Fourie gespeel. 

Gershwin Mias is die kameraman Shaun, wat die Louws oral heen rondvolg.

Weeklikse episodes van Magda Louw vanaf Maandag, 1 Januarie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook op Catch Up beskikbaar (ná uitsending).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies