Menu terloops

Taktiek S1

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Nov 2024]


Die Afrikaanse komediereeks ‘Taktiek’ is op die fantastiese Amerikaanse sitkom, ‘Brooklyn Nine-Nine’, gegrond.

Stroom op Showmax

Taktiek S1
Kyk lokprent

Iewers in Suid-Afrika is daar ’n dorpie genaamd Schusterton. En soos enige ander dorpie in die land, het Schusterton ’n sekuriteitsmaatskappy wat na die veiligheid van die inwoners omsien – Taktiek. 

Daar is net twee probleme… Eerstens is Schusterton die veiligste dorp in die land waar daar min tot niks aangaan nie. Tweedens is die grootbaas tronk toe gestuur vir allerlei ongerymdhede. Só beland die sekuriteitsmaatskappy in die hande van sy dogter.

Taktiek, vervaardig deur Nagvlug Films wat ook vir die trefferreeks Hotel verantwoordelik was, spog met onder andere, Bennie Fourie, Schalk Bezuidenhout, Marion Holm, Mandri Sutherland en Keeno-Lee Hector in die rolverdeling.

Lees ook Riëtte van der Wat se resensie oor dié heerlik-snaaks komedie.


Taktiek is vanaf 7 November 2024 op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies