Menu terloops

Skemerdans

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Sep 2021]


’n Neo-noir moordraaisel speel af op die Kaapse Vlakte in die Oasis Jazz Club in Skemerdans, ’n Showmax Original reeks.

Kyk nou

Skemerdans
Kyk lokprent

’n Neo-noir moordraaisel speel af op die Kaapse Vlakte in die Oasis Jazz Club,  die middelpunt van ’n magstryd tussen twee broers, ’n weduwee en ’n misdaadsindikaat.

SAFTA-wenners Kevin Smith (Arendsvlei), Ilse Klinch (Stroomop) en Brendon Daniels (Sara se Geheim) lei die sterbelaaide rolverdeling wat ook Trudy van Rooy (Die Byl, Sara se Geheim), Vinette Ebrahim (7de Laan) en Bongo Mbutuma (Die Spreeus) insluit. Skemerdans is ook een van die ontslape Ceagan Arendse (Suidooster) wat in Februarie 2021 oorlede is, se laaste rolle.

Amy Jephta is die reeks, wat by die legendariese Club Galaxy in Rylands en in Voortrekkerweg verfilm is, se showrunner.

Skemerdans ontvou oor 13 episodes met Kaapse jazz en die stad se ewe eiesoortige Engels-Afrikaans-geselstaal. Kyk dit nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies