Menu terloops

Flieks

’n Bom sonder plofstof – ‘Tiek Tok Boem!’ kon soveel meer wees

‘Tiek Tok Boem!’ het die potensiaal om ’n ontnugterende en plofbare dokumentêre prent te wees, maar daarvoor sou die storievertellers hulself tot ’n waarlik omvattende ondersoek – met die tipe indringende vrae wat ’n komplekse onderwerp soos dié vereis – moes toewy.  

Meer

‘Tiek Tok Boem!’: Omstrede Afrikaanse TikTokkers kom onder loep in nuwe dokkie

’n Nuwe dokumentêr delf diep in die donker van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse TikTok-persoonlikhede se dramabesaaide lewens in ‘Tiek Tok Boem!’.

Meer

Van vriende tot verlief… op die skerm: Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck vertel oor hul romkom, ‘Soos Pynappel op Pizza’

Vir die jare lange vriende en komediante Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck is Showmax se 'Soos Pynappel op Pizza' die eerste keer wat hulle die hoofrolle in ’n romkom vertolk. Dié duo vertel meer.

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
19

19+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Eksie Perfeksie' tot vanjaar se Silwerskermfees-oes.

Meer
20

terloops se lekkerste onderhoude van 2024

Van 'Een keer om die son' se Donnalee Roberts en 'Suidooster' se Lauren Joseph, tot ’n in-diepte gesprek oor intimiteit op die skerm en doyenne Sandra Prinsloo oor haar geliewe Moekie in 'Koek' – ons skrywers het vanjaar met van Suid-Afrika se talentvolste kunstenaars gesels.

Meer
8

Gesinsvermaak: Kyk dié 8 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Barbie’ tot ‘Fuller House’ – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lange skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer

Tobie Cronjé: ‘Lag is altyd die beste medisyne’

Vir die veteraanakteur Tobie Cronjé was sy rol in die Showmax-fliek 'Die Bloedhonde' nie net ’n wonderlike leerproses nie, maar ook ’n herinnering van hoe waardevol dit is om vir onsself te kan lag.

Meer

Elani Dekker oor hoe ‘Die Bloedhonde’ tot lewensverandering lei

Aanvanklik het Elani Dekker nie gedink sy sou die rol van Katrien in 'Die Bloedhonde' kon vertolk nie, maar uiteindelik sou dié hoofrol ’n lewensveranderende leerskool vir haar wees.

Meer

Safta-benoemings: 9 vir ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ kry 5, en nog talle vir kykNET en Showmax

Die kykNET-sepies ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’, Mzansi Magic se ‘Shaka Ilembe’ en Showmax se ‘Rosemary’s Hitlist’, ‘Outlaws’, ‘Dam S2’ en ‘Spinners’ tel onder vanjaar se top-benoemdes vir Safta-toekennings.

Meer

‘My F*k, Marelize’ word wraggies ’n fliek

Die verfilming van die vollengte filmweergawe van dáái ikoniese 'My F*k, Marelize'-oomblik begin eersdaags in Namibië.

Meer

‘Koek’ vat die koek by Silwerskermtoekennings vir Film en TV

Showmax se Afrikaanse misdaadkomedie 'Koek' het met die louere weggestap op vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV. Dít volg nadat ’n tweede seisoen onlangs aangekondig is.

Meer

En die benoemings vir die Silwerskermfees se film-kategorieë is…

'Die Kwiksilwers', 'Marie se laaste dag' en 'Hier.Na' is onder die top-benoemdes in die filmkategorië op vanjaar se Silwerskermtoekennings.

Meer

Quanita Adams se ‘Hier.Na’ ’n pragstuk oor diverse dimensies van rou

"In heelparty opsigte is hierdie nie sommer net nog ’n fliek vir my nie; dit is ’n refleksie oor rou en dood, en spesifiek oor my pa se dood," vertel die filmmaker en aktrise Quanita Adams oor haar nuwe film, 'Hier.Na'.

Meer

‘Vergeet van my’: ’n Storie wat met jou oerkoek praat

’n Stowwerige swart krat met foto’s, joernale en plastieksakke vol van DV8-videokassette wat ’n musiektoer vasgevang het, was maar net die begin van ’n projek wat later in die dokumentêr, 'Vergeet van my', omskep sou word. Rozanne Els het met dié musiekstorie se skeppers, Beer Adriaanse en Dirkie van der Merwe, gesels.

Meer

Simoné Pretorius oor regisseursdebuut: ‘Ma-wees help my om drome vreesloos aan te pak’

Sy het sowat ’n dekade terug haar Silwerskerm- en loopbaandebuut in Bouwer Bosch en Bennie Fourie se kortprent 'Vuil wasgoed' gemaak. Intussen het die aktrise Simoné Pretorius as ’n talentvolle aktrise ontluik, met rolle in die gewilde sitkom 'Hotel', die hospitaaldrama 'Hartklop', en flieks soos 'Vir die Voëls', en 'Wonderlus'. Haar nuwe rol, as regisseur, is egter wat nou wind in haar werkseile blaas.

Meer

‘Steek vir steek’: Lekkerlag-lawwigheid, ten spyte van uitdagings

'Steek vir steek', met geliefde akteurs soos Susan Coetzer en Jürgen Helberg in die rolverdeling, is ’n komedie met ’n unieke aanslag en stoute humorsin. Dié kortprent maak eersdaags sy debuut by vanjaar se Silwerskermfees.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

(Veilige) Seks op skerm: ‘Dit kan mooi wees. Maar ook real’

Intimiteitskoördinering is die nuutste beroep in die televisie- en rolprentbedryf en die bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur Sara Blecher doen plaaslik en internasionaal baanbrekerswerk op dié gebied. Sy het met Riëtte van der Wat gesels.

Meer

‘Die dekonstruksie van Retta Blom’: Ons eie ‘Thelma & Louise’

Daar wag ’n emosionele reis van liefde, leed, humor, vriendskap, verraad en selfontdekking in die speelfilm 'Die dekonstruksie van Retta Blom'. Dié fliek maak by vanjaar se Silwerskermfees sy debuut.

Meer

‘Die bloedhonde’ ’n raaiselprent met heerlike rolverdeling, humor

In die whodunnit komedie-drama, 'Die bloedhonde', skuif die bekroonde akteur Stiaan Smith agter die skerms in as dié Silwerskermfees-speelfilm se skrywer en regisseur.

Meer

‘Die Kwiksilwers’ ’n lieflike herinnering dat jy nooit te oud vir enigiets is nie

In 'Die Kwiksilwers' onderneem vier bejaarde vriendinne ’n skreeusnaakse reis deur die Karoo om ’n meteorietstorting te beleef. Jordy Sank, regisseur en mede-draaiboekskrywer van dié Afrikaanse fliek, vertel meer oor die nuwe speelfilm en sy ongelooflike rolverdeling.

Meer

Kyk nou: Lokprent vir ‘Eksie Perfeksie’, Showmax se nuwe Afrikaanse romcom

Kan jy vriende bly met jou ekse? Ja of nee?’ Dié verdelende vraag is die kern van Showmax se nuwe Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie'.

Meer
9

Agter die skerms: 9 rolle wat wonder van TV, film help skep

Om reekse soos 'Een keer om die son' en 'Succession', of flieks soos 'Barbie' en 'Challengers' te skep, verg veel meer as net bekwame akteurs en regisseurs. Ons vertel jou meer oor wat agter-die-skerms op jou gunsteling stories gebeur en wat dié beroepe behels. 

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies