Die viering van die Afrikaanse filmbedryf die afgelope paar dae met die vertoning van kortfilms, dokumentêre en speelfilms by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai bereik Saterdag 22 Augustus ’n hoogtepunt wanneer die Silwerskermtoekenningwenners in verskeie kategorieë aangewys word.
Onder die tien kortfilms is dit Twee persent met sy ouwêreldse sjarme, die intieme drama Genoeg, en Wag ’n bietjie met sy goeie skeut donker humor, wat voorloop met onderskeidelik ses, vyf en vier benoemings. Onder die vyf kort dokumentêre prente neem Die grond onthou en Pappa Kitsch die voortou met drie benoemings elk.
Met net drie speelfilms wat in die kompetisie meegeding het, is daar in die meeste kategorieë nie benoemings bekend gemaak nie. Slegs wenners sal in die volgende kategorieë aangewys word: beste klankontwerp, beste oorspronklike klankbaan, beste grimering en haarstilering, beste kostuumontwerp, beste produksieontwerp, beste redigering, beste draaiboek, beste kinematografie, beste regie en beste speelfilm. Daar is egter benoemings in die kategorieë vir beste akteur en aktrise, asook beste vroulike byspeler. Die kategorie vir beste manlike byspeler val vanjaar weg.
Die meerderheid van die pryse in die filmkategorieë word Saterdagoggend by ’n geleentheid in The Bay Hotel in Kampsbaai oorhandig, maar die wenners van die Silwerskermtoekennings vir beste speelfilm, beste aktrise en akteur, asook beste vroulike byspeler sal Saterdagaand saam met die wenners van die TV-kategorieë by ’n glansryke gala-geleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aangekondig word.
Die benoemdes in die verskeie kategorieë is as volg:
KORTFILMS
Beste draaiboek
- Michelle le Roux – Twee persent
- Frances Sholto-Douglas – Change
- Roberto Kyle – Genoeg
- Peter-John Titus – Verwerking
Beste regie
- Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent
- Roberto Kyle – Genoeg
- Hennie van Deventer – Short Back & Sides
Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
- Michelle le Roux – Twee persent
- Roberto Kyle – Genoeg
- Peter-John Titus – Verwerking

Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker
- Wag ’n bietjie
- ’n Poppy op die heuwel
Beste akteur
- Danny Ross – Wag ’n bietjie
- Ayden Croy – Genoeg
- Zane Meas – Genoeg
- Albert Pretorius – Twee persent

Beste aktrise
- Lauren Joseph – ’n Poppy op die heuwel
- Anoecha Krüger – As ek kon kies
- Cintaine Schutte – Trilstraat
- Beáta Bena – As ek kon kies
Beste kinematografie
- Jason Haji-Joannou – Wag ’n bietjie
- Michael Ellis – Twee persent
- Gray Kotzé – ’n Poppy op die heuwel
Beste redigering
- Heinrich Laubscher – Twee persent
- Gideon Breytenbach – Wag ’n bietjie
- Canya Cruywagen – Change
DOKUMENTÊR
Beste redigering
- Anlerie Cilliers – Rooi van aard
- Juniper Hammond, Adam Heyns, Luke Housdon – Pappa Kitsch
- Roxanne Dalton – Die grond onthou
Beste regie
- Mia Cilliers – Die grond onthou
- Stefanus Nel, Adam Heyns – Pappa Kitsch
- Pierre Malan – Die gees agter die spiere
Beste dokumentêr
- Die grond onthou
- Pappa Kitsch
- Die gees agter die spiere
SPEELFILMS (pryse oorhandig by Kiks)
Beste vroulike byspeler
- Nicole Holm – Landmyn
- Dhania Schultz – Landmyn
- June van Merch – Al wat ek weet
Beste akteur
- Jonan Mouton – Al wat ek weet
- Beer Adriaanse – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
- Ben Albertyn – Landmyn
Beste aktrise
- Anna-Mart van der Merwe – Landmyn
- Carla Smith – Landmyn
- Zenobia Kloppers – Al wat ek weet
*Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV word op Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.