Menu terloops
In TV [12 Jan 2026]

Golden Globes 2026: Dís waar jy wenners soos ‘Adolescence’ en ‘The Pitt’ kan kyk


‘Adolescence’, die tragiese vertelling oor ’n dertienjarige seun, Jamie (Owen Cooper) wat sy veertienjarige klasmaat op ’n parkeerterrein langs ’n speelgrond met ’n mes doodsteek, en ‘Hamnet’, ’n gedramatiseerde en onrusbarende blik op die lewe van William Shakespeare, was die groot wenners tydens vanjaar se Golden Globe-toekennings. 

Golden Globes 2026: Dís waar jy wenners soos ‘Adolescence’ en ‘The Pitt’ kan kyk

(Hooffoto: Getty Images)

Die komediant Nikki Glaser het vanjaar weer die leisels as aanbieder van die 83ste Golden Globes-toekennings geneem. Daar was nie enige groot verrassings nie – selfs nie toe Jean Smart haar derde beeldjie vir haar spel in Hacks opgeraap het nie. Welverdiend ook – haar vertolking is van die beste op hedendaagse televisie.

Adolescence se Owen Cooper se komplekse vertolking het reeds vir hom etlike toekennings besorg, waaronder die Critics Choice-toekenning en Emmy-toekenning vir beste byspeler. Hy is ook by die Golden Globes vereer en het – soos by die Emmy’s – só die jongste akteur nog geword wat in dié kategorie gewen het. Die besonderse reeks se Stephen Graham en Erin Doherty is ook vir hul spel beloon. 

The Pitt, waaran die tweede seisoen pas in Amerika begin uitsaai het en reeds – genadiglik – vir ’n derde seisoen hernu is – is as die beste dramareeks aangewys. Noah Wyle is ook vir sy uithalerspel as beste akteur in ’n dramareeks vereer. 

’n Nuwe kategorie hierdie jaar was vir die beste podsending met Good Hang with Amy Poehler wat as die eerste wenner aangekondig is.

Die volledige lys wenners – en waar om dié stories plaaslik te kyk – is:

TV-kategorieë:

Beste televisiereeks – drama

  •  The Pitt S1 – Showmax, DStv Stream 

Beste televisiereeks – komedie

  • The Studio – Apple TV+
The Studio
Seth Rogen in The Studio. Foto: Verskaf

Beste beperkte reeks

  • Adolescence – Netflix 

Beste aktrise – drama

  • Rhea Seehorn, Pluribus – Apple TV+

Beste akteur – drama 

  • Noah Wyle, The Pitt – Showmax, DStv Stream

Beste aktrise – komedie 

  • Jean Smart, Hacks – Showmax

Beste akteur – komedie 

  • Seth Rogen, The Studio – Apple TV+

Beste aktrise in ’n beperkte reeks 

  • Michelle Williams, Dying for Sex – Hulu/Disney+

Beste akteur in ’n beperkte reeks

  • Stephen Graham, Adolescence – Netflix
Golden Globes, Adolescence
Owen Cooper as Jamie Miller en Stephen Graham as Eddie Miller in Adolescence. Foto: Netflix

Beste vroulike byspeler

  • Erin Doherty, Adolescence – Netflix

Beste manlike byspeler

  • Owen Cooper, Adolescence – Netflix

Beste stand-up

  • Ricky Gervais vir Ricky Gervais: Mortality – Netflix

Filmkategorieë:

Beste rolprent – drama

  • Hamnet – na verwagting binnekort op die plaaslike kringloop beskikbaar

Beste rolprent – musiekfliek of komedie 

  • One Battle After Another – Prime Video/Apple TV+

Beste animasiefliek

  • KPop Demon Hunters – Netflix

Beste loketprestasie

  • Sinners – Prime Video/Apple TV+

Beste internasionale rolprent

  • The Secret Agent – Prime Video

Beste aktrise – drama

  • Jessie Buckley, Hamnet – na verwagting binnekort op die plaaslike kringloop beskikbaar

Beste akteur – drama

  • Wagner Moura, The Secret Agent – Prime Video 

Beste aktrise – musiekfliek of komedie

  • Rose Byrne, If I Had Legs I’d Kick You – Prime Video 

Beste akteur – musiekfliek of komedie

  • Timothée Chalamet, Marty Supreme (tans op die plaaslike kringloop by teaters soos Ster-Kinekor en NuMetro)

Beste vroulike byspeler

  • Teyana Taylor, One Battle After Another – Prime Video/Apple TV+

Beste manlike byspeler

  • Stellan Skårsgard, Sentimental Value – Prime Video/Apple TV+

Beste regisseur

  • Paul Thomas Anderson, One Battle After Another – Prime Video/Apple TV+

Beste draaiboek

  • Paul Thomas Anderson, One Battle After Another – Prime Video/Apple TV+

Beste oorspronklike klankbaan

  • Ludwig Göransson, Sinners – Prime Video/Apple TV+

Beste oorspronklike liedjie

  • “Golden” – KPop Demon Hunters – Netflix 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies