Menu terloops
In TV [9 Des 2025]

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd


Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Deur Redaksie
Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd
1

Stroom dit op Showmax. 

Die romantiese komedie met Kate Winslet, Cameron Diaz, Jude Law en Jack Black in die hoofrolle is een vir die boeke. Dit is volgende jaar twee dekades sedert dié immergroen-film sy debuut gemaak – en diep in harte gekruip het. 

The Holiday draai om Iris (Winslet) en Amanda (Diaz) wat huise en kontinente oor die Desember-vakansietyd ruil in ’n poging om van hul seer harte en verhoudingsprobleme te ontsnap. Soos ’n Nancy Meyers-fliek betaam ontmoet hulle egter nuwe mense op hul pad wat hul lewens handomkeer verander. 

2

Dr. Seuss’ How The Grinch Stole Christmas

Kersfeesflieks
Jim Carrey as die Grinch. Foto: Verskaf

Stroom dit op Showmax.

Die Oscar- en Emmy-wenner Ron Howard is in die regisseurstoel van dié fliekverwerking van die gelyknamige 1957-boek deur Dr. Seuss. Dié fliek, met Jim Carrey as die Grinch, was die eerste Dr. Seuss-boek wat in ’n rolprent omskep is. 

Die storie volg die Grinch se planne om Whoville se feestydvieringe te kniehalter deur al die dorp se versierings en geskenke te steel – natuurlik met sy hond, Max, aan sy sy. 

In dié iterasie is Anthony Hopkins die verteller en akteurs soos Molly Shannon en Christine Baranski verleen stemkuns. 

3

The Grinch 

Kyk dit op DStv Stream.

Dié 2018-fliek is die tweede filmverwerking van Dr. Seuss’ How The Grinch Stole Christmas-kultusboek, met Benedict Cumberbatch as die ikoniese Grinch. 

Rashida Jones, Kenan Thompson, en Angela Lansbury verleen ook hul stemme as byspelers, met die sanger Pharrell Williams as die verteller. 

4

A Merry Little Ex-Mas

Kyk dit op Netflix. 

A Merry Little Ex-Mas draai om ’n paartjie, Kate (Alicia Silverstone) en Everett (Oliver Hudson), wat op skei staan, maar besluit om een laaste feestyd saam met hul kinders as gesin te spandeer. Maar as Everett se nuwe meisie saampiekel, word ou gevoelens opgegrawe. 

5

The Family Stone 

Kyk dit op Netflix. 

’n Goue oue. Diane Keaton, Craig T. Nelson, Sarah Jessica Parker en Luke Wilson tel onder die rolverdeling van die romantiese komedie. Die storie volg die manewales van die Stone-gesin oor die feestyd wanneer die oudste steun, vertolk deur Dermot Mulroney, sy meisie (Parker) saamsleep na sy ouerhuis. Meredith pas egter van meet af nie in by dié lot nie en sy smeek haar suster, Julie (Claire Danes), om haar te kom ondersteun, maar dít bring net nog moeilikheid. 

6

Liewe Kersfeesvader 

Kersfeesflieks
In Liewe Kersfeesvader besef Herman (Morné Visser) dat sy roeping is om Kersvader te word… Foto: Verskaf

Stroom dit op Showmax. 

As ’n ma onverwags haar man en kinders vir ’n nuwe lewe saam met ’n ander man verlaat, is die gesin so te sê aan skerwe. Dit boonop op Kersdag! Ná afloop hiervan – en met haar depressiewe pa wat vir drie maande lank in sy slaapkamer wegkruip – word Nonnie (Mila Guy, Hotel) die ouerfiguur in die huis ter wille van haar klein boetie, Hugo (Eloff Snyman). Een oggend maak pa Herman (Morné Visser, Trackers) ’n onverwagse aankondiging. Hy het besluit om Kersvader te word! 

7

Posbus 1

Kersfeesflieks
Die veteraanakteur Carel Trichardt vertolk die hoofrol van Ben in die hartverwarmende fliek, Posbus 1. Foto: Verskaf

Stroom dit op Showmax.

Sedert Haas Das in die 1980’s die aap uit die mou gelaat het dat Kersvader se posadres Posbus 1, Pretoria, is, het oom Ben (Carel Trichardt) en sy vrou Ria (Petru Wessels) duisende Kerswense van hoopvolle kinders van reg oor Suid-Afrika ontvang. Die briefies het egter onaangeraak gebly. Om selfs net een oop te maak, sou beteken om almal oop te maak. Om verantwoordelikheid vir ál die kinders se kerswense te neem, sou ’n onbegonne taak wees.

Ria sterf dan onverwags, en in ’n poging om ontslae te raak van alles wat die familie aan haar herinner, vernietig Ben se dogter, Anna (Cindy Swanepoel) al dié Kerskaartjies. Sy kyk een (genadiglik) mis. Ben sien dit as ’n teken dat sy vrou vanaf die hiernamaals uitreik en maak die briefie oop.  Daarin vind hy ’n baie onverwagse wens wat hom op ’n reis van genesing stuur.

8

The Star

Kyk dit op DStv Stream.

Die oulike fliek is ’n andersoortige hervertelling van Jesus se geboorteverhaal met die storie wat vanuit ’n groepie diere se oogpunt gedeel word. Dit begin met ’n klein maar dapper donkie, Bo, wat na iets meer as sy vervelige bestaan by die dorp se meul smag. Op ’n dag skraap hy dan genoeg moed bymekaar om te ontsnap en só begin ’n nuwe avontuur. Hy ontmoet vir Ruth, ’n verlore skaap, en ’n duif, Dove en later kom drie spitsvondige kamele en ’n hele paar ander eksentrieke diertjies by. Die hele lot van hulle word uiteindelik helde in die verhaal van die heel eerste Kersfees.

9

Holidate 

Kyk dit op Netflix. 

Dié romantiese komedie vertel oor Sloan (Emma Roberts) wat nou net mooi genoeg gehad het van haar familie se vrae oor haar verhoudingstatus. En tydens die feestyd is die druk net erger. Maar ’n vrou maak ’n plan, en as sy vir Jackson (Luke Bracey) ontmoet, is dit asof hy deur Kersvader afgelaai is. Want sien, Jackson is net so gatvol van almal wat dates op hom afdwing en al die druk om ’n verhouding aan te knoop. Dié twee besluit dan om mekaar se plus-ones vir ’n hele jaar te wees om só enige inmengery van vriende en familie vry te spring. Natuurlik ontwikkel hulle egter gevoelens vir mekaar en… wel, kyk die fliek om te sien hoe dinge uitspeel.  

10

My Secret Santa 

Kyk dit op Netflix. 

’n Enkelma maak benoude spronge nadat sy haar werk verloor – Taylor (vertolk deur Virgin River se Alexandra Breckenridge) gaan selfs sover om haarself as ’n ou ma te vermom om as die plaaslike ski-oord se Kersvader aangestel te word. Dinge raak egter gekompliseerd as die ski-oord se bestuurder ’n rot ruik én Taylor op die eienaar van die oord se seun, Matthew (Ryan Eggold, New Amsterdam), verlief raak…

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies