Menu terloops
In Gons [20 Jun 2024]

Merke, gereed! 16de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ op pad


‘Plaasjapie’ se stadsjapies maak binnekort plek vir boere wat soek na liefde wanneer ‘Boer soek ’n vrou’ se sestiende seisoen in Julie op kykNET begin. 

Merke, gereed! 16de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ op pad

Boer soek ’n vrou het sedert 2008 ’n móét-kyk afspraak op die Suid-Afrikaanse televisiekalender geword. En sedertdien het tientalle boere al deur hierdie reeks hul lewensmaats ontmoet. Só het drie van die top-vyf boere van 2023 se Boer soek ’n vrou, Francois, Hennie en Louis B, intussen met hul pasmaats getrou. 

Soos voorheen sal dié seisoen van die maatsoekreeks grootliks fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het. Kykers sal dan dié hubare boere se opwindende liefdesreis oor die loop van 13 episodes volg. 

Marciel Hopkins keer ook vir ’n vierde keer as aanbieder van die reeks terug. Haar voorgangers sluit Leah van Niekerk, Minki van der Westhuizen, Nadia Beukes, Angelique Gerber en Elma Postma in. 

Die ouderdom van 2024 se boere wissel tussen 23 en 40, en hulle kom van ses provinsies. 

Hier is die top-tien boere wat kykers gaan ontmoet:

André, 31 (Vroulike pasmaat) Naboomspruit, LimpopoBoerdery: Vee, wild & pekanneute
Hendri, 31 (Vroulike pasmaat) Dewetsdorp, VrystaatBoerdery: Bees & skaap
Janco, 37 (Vroulike pasmaat) Colesberg, VrystaatBoerdery: Skaap, bees & wild
Lulani, 40 (Vroulike pasmaat) Philippolis, VrystaatBoerdery: Bees & Skaap
Quintus, 38 (Vroulike pasmaat) Winburg, VrystaatBoerdery: Vee, saai & gemeng
Daandré, 26 (Vroulike pasmaat) Brits, NoordwesBoerdery: Groente
Jacques, 26 (Vroulike pasmaat) Venterstad, Oos-KaapBoerdery: Skaap & bees 
JW, 23 (Vroulike pasmaat) Villiersdorp, Wes-KaapBoerdery: Gemeng, appels, pere & skape
Niel, 30 (Vroulike pasmaat) Dannhauser, KwaZulu-NatalBoerdery: Saai & vee 
Sanel, 39 (Manlike pasmaat) Dwaalboom, LimpopoBoerdery: Wild & bees

Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) en DStv Stream. Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies