Menu terloops
In Gons [3 Nov 2023]

‘Boer soek ’n vrou’: Boer Jacques is keelvol daarvoor om alleen na sy pelle se troues te gaan


‘Boer soek ’n vrou’ se boer Jacques is alreeds besig om plek te soek waar hy sy ideale pasmaat wil vra om te trou.

‘Boer soek ’n vrou’: Boer Jacques is keelvol daarvoor om alleen na sy pelle se troues te gaan

Jacques, ’n 26-jarige boer van die Venterstad-omgewing, is een van die tien boere wat liefde in die 16de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind.

Jacques is die vyfde geslag op ’n plaas tussen Venterstad en Steynsburg waar daar met wolskaap en bees geboer word.

Hy was van plan om ’n graad én dalk ’n vrou te gaan vang, maar toe ry die pandemie sy planne in die wiele en moes hy terugkeer plaas toe en sy honneursgraad aanlyn voltooi.

“Ek is ’n persoon wat nooit opgee nie”

Toe alles rustiger geraak het, het iemand die idee van bemarking aan hom genoem. En hy het daardie roete gevolg.

“Ek love dit. Dit is een van die lekkerste goed vir my om te doen, want ek werk elke dag met boere, elke dag met vee. Ek kan nie lank stil sit nie, ek moet besig wees. Dit vat lekker hande met die boerdery.”

Jacques sê dis nie altyd so besig op die plaas nie. Junie-vakansies is dit jagtyd met die familie; bergfietsrenne en skemerdrankies met vriende.

Hy verklap dat hy soms wanneer hy met sy bakkie op die plaas rondry, kyk vir plekke waar hy sy pasmaat graag sal wil vra om te trou. Vir hom is die plaas besonder mooi, en hy geniet dit geweldig om daar te wees.

Jacques was ’n hakkelaar as kind en het disleksie, maar vandag is hy ’n welsprekende jong man propvol vertroue.

“Ek is ’n persoon wat nooit opgee nie.” Dis dalk hoekom hy partykeer ongeduldig raak. Hy erken hy kan ook baie uitgesproke wees. Volgens Jacques sê sy vriende hy het nie die vermoë om te luister nie. 

Boer soek 'n vrou
“Ek hou van ’n stylvolle vrou wat elegant is en een wat weet wat sy sê. Sy moet weet wie sy is. Ek gun haar haar eie loopbaan en om haar eie sukses te bereik,” sê Jacques.

Hoe lyk sy ideale pasmaat?

Maar aan die ander kant van die muntstuk is hy ’n hardwerkende en waardegedrewe jong man wat altyd positief probeer wees – beide in denke en teenoor ander mense. Hy is ook baie lief vir lag.

“Ek hou van ’n stylvolle vrou wat elegant is en een wat weet wat sy sê. Sy moet weet wie sy is. Ek gun haar haar eie loopbaan en om haar eie sukses te bereik.” 

Alhoewel hy wens vir ’n spontane, energieke meisie met ’n lus vir die lewe, besef hy wanneer die regte mens oor sy pad kom, daardie aspekte nie juis gaan saak maak nie.

Hy dink ook nie romanse is iets wat elke week moet opduik nie, maar hy is nie ongeneë vir die gedagte om so nou en dan iets spesiaals vir haar te doen nie. 

“Ek dink romanse is ’n baie belangrike deel van ’n verhouding en dat dit meer natuurlik sal kom met die regte mens.”

Hy wil ook hê sy vrou moet besef hoe belangrik sy vir hom is. “Jy hoef dit nie net vir haar te sê nie, maar jy moet dit ook lééf deur jou dade.”

Wil jy vir ’n boer skryf?

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen: 

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv.
  • Besoek die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com.
  • Die sluitingsdatum vir briewe is teen middernag op 30 November 2023.

Wanneer kan jy kyk?

Marciel Hopkins bied vir ’n vierde keer Boer soek ’n vrou aan, en dié maatsoekreeks sal van Julie 2024 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreise kan volg, en die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, sal oudergewoonte fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies