Menu terloops
In Gons [2 Nov 2023]

‘Boer soek ’n vrou’: Dís hoekom boer Hendri se vriende ’n vrou vir hom soek


Gaan ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Hendri een van die gelukkige boere wees wat sy liefdesmaat in die 16de seisoen van dié reeks gaan vind?

‘Boer soek ’n vrou’: Dís hoekom boer Hendri se vriende ’n vrou vir hom soek

Hendri, ’n 31-jarige boer van Botrivier in die Wes-Kaap én Dewetsdorp in die Vrystaat, is een van die tien boere wat liefde in die 16de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind.

Daar was egter ’n kinkel met Hendri se inskrywing. Hy het nie homself ingeskryf nie, maar sy vriende het gevoel dis tyd dat hulle maat die regte vrou ontmoet. 

“Hy sal enige vrou op die hande dra en is werklik ’n all-rounder,” het hulle geskryf. Hulle is ook oortuig hy is die heel beste man waarvoor ’n vrou kan wens. 

Gelukkig het Hendri, wat in dié stadium nog ook ’n prokureur van Durbanville is, nie kop uitgetrek nie en kon die Boer soek ’n vrou-span by hom gaan inloer. 

Hendri vertel daar word met olywe by Botrivier en bees en skaap by Dewetsdorp geboer. Hy word eersdaags ’n voltydse boer, en hy sal hoofsaaklik in die Vrystaat bly waar die familie al sedert 1914 boer.

Hulle verwerk en verpak al hulle vleis op die plaas by Dewetsdorp voordat dit na die padstal by Botrivier vervoer word. 

“Ek het net besef dis soms nodig om uit jou gemaksone te gaan. ’n Mens leer dalk iets oor jouself, en jy’t niks om te verloor nie,” sê Hendri oor sy deelname aan die reeks. Foto: Verskaf

Uitdagings

’n Familieboerdery en -besigheid het volgens Hendri vele uitdagings, maar hy glo hulle hanteer dit baie goed omdat die verantwoordelikhede onder mekaar verdeel is. 

Hendri beskryf homself as ’n dinamiese ou wat daarvan hou om besig te bly. Dié voormalige langafstandatleet is ook baie vaardig in die kombuis en maak graag sy eie pasta. Hy noem kosmaak ’n sosiale ervaring.

Sy vriende meen hy vertrou mense soms te vinnig en dat tydsbestuur nie sy sterkste punt is nie. Hy kan ’n bietjie uitstel, maar hulle beskryf hom as opreg, intelligent en betroubaar.

Hoe voel hy oor sy vriende, ’n egpaar, wat hom ingeskryf het? 

“Ek het net besef dis soms nodig om uit jou gemaksone te gaan. ’n Mens leer dalk iets oor jouself, en jy’t niks om te verloor nie,” sê hy met ’n glimlag.

Hoe lyk sy ideale pasmaat?

Die persoon wat sy aandag sal trek, is ook ’n buitelugmens wat nie bang is om ’n sprong  buite haar eie gemaksone te waag nie – iemand wat gemaklik is met haarself.

Hendri sê sy toekomsdroom sou wees om ’n eenheid met iemand te vorm, oftewel ’n spanmaat te hê.

Vir hom is dit belangrik dat daar wedersydse ondersteuning moet wees. Hy skryf ook nie die idee van ’n gesin af nie en wil net hê dat hulle saam die lewe moet geniet.

“Ek wil liefde vind sodat ek my spanmaat kan kry. Dis aan die einde van die dag net makliker om saam met iemand jou drome en ideale te bereik.”

Wie weet, Hendri vind dalk in hierdie seisoen iemand saam met wie hy, met ’n glasie rooiwyn in die hand, kan kosmaak terwyl mooi musiek in die agtergrond speel wat dalk tot ’n dans of twee in die kombuis mag lei.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen: 

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv.
  • Besoek die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com.
  • Die sluitingsdatum vir briewe is teen middernag op 30 November 2023.

Wanneer kan jy die nuwe seisoen kyk?

Marciel Hopkins bied vir ’n vierde keer Boer soek ’n vrou aan, en dié maatsoekreeks sal van Julie 2024 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreise kan volg, en die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, sal oudergewoonte fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies