Menu terloops
In Gons [29 Okt 2023]

‘Boer soek ’n vrou’: Hier is die tien boere wat liefde soek


Die aftel na die 16de seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse het afgeskop met kykNET se bekendmaking van 2024 se top-tien boere vir ‘Boer soek ’n Vrou’.

Kyk vorige seisoene op Showmax

‘Boer soek ’n vrou’: Hier is die tien boere wat liefde soek

Vanjaar se oes van Boer soek ’n Vrou-deelnemers se ouderdomme wissel tussen 23 en 40, en die boere verteenwoordig sewe provinsies. Daar is ook twee vroue-boere, Sanel (39) van Dwaalboom, en Lulani (40) van Philippolis, wat deel van die groep uitmaak.  

Marciel Hopkins gaan vir ’n vierde keer Boer soek ’n Vrou aanbied, en die reeks sal van Julie 2024 op kykNET (DStv-kanaal 144 of op DStv Stream) uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.  

Ontmoet 2024 se boere

Andre, Boer soek 'n Vrou
André, 31, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n vee-, wild- en-pekanneutboer in Modimolle (Nylstroom), Limpopo. 
Hendri, 31, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n bees-, skaap- en olyfboer in Dewetsdorp, Vrystaat. 
Janco, 37, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n bees-,skaap- en wildboer in Colesberg, Noord-Kaap. 
Lulani, 40, soek ’n vroulike pasmaat. Sy is ’n bees- en skaapboer in Philippolis, Vrystaat.
Quintus, 38, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n vee- en saaiboer in Winburg, Vrystaat. 
Daandré, 26, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n groenteboer in Brits, Noordwes.
Boer soek 'n vrou
Jacques, 26, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n skaap- en beesboer in Venterstad, Oos-Kaap. 
Boer soek 'n vrou
JW, 23, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n appel-, peer- en skaapboer in Villiersdorp, Wes-Kaap. 
Boer soek 'n vrou
Niel, 30, soek ’n vroulike pasmaat. Hy is ’n saai- en veeboer in Dannhauser, KwaZulu-Natal.
Boer soek 'n vrou
Sanel, 39, soek ’n manlike pasmaat. Sy is ’n wild- en beesboer in Dwaalboom, Limpopo.

Skryf só in

Diegene wat vir een van die tien boere ’n brief wil skryf, moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 30 November 2023 ingedien word. 

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:  

– Besoek www.kyknet.tv 

– Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER 

– Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229 

– Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com 

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per  koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse:  

– Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129  

– Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.  


Seisoene 14 en 15 is tans op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
Sien alle opsies