Menu terloops
In Gons [1 Nov 2023]

‘Boer soek ’n vrou’: Boer Daandré glo dis nou sy beurt vir liefde


Boer Daandré gee nie moed op nie. Hy glo die 16de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ kom op die regte tyd vir hom om die perfekte liefdesmaat te vind.

‘Boer soek ’n vrou’: Boer Daandré glo dis nou sy beurt vir liefde

Daandré, ’n 26-jarige boer van Brits, is een van die tien boere wat liefde in die 16de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind.

In die 15de seisoen het hy net-net die toptien misgeloop – iets waaroor hy vandag bly is omdat baie dinge in daardie tyd gebeur het wat sy aandag te veel in beslag geneem het. Maar vanjaar is die jaar vir dié groenteboer van Noordwes.

“Ek vertrou op die Here dat die tyd reg is vir my om my trouvrou te ontmoet, want die alleen is nie meer lekker nie.” 

Daandré en sy familie woon al 21 jaar op die plaas, en hy sê sy liefde vir boer kom van sy pa en oupa af. Dis ’n familieboerdery, wat aan sy pa en oom behoort, en hy en sy broer is ook hierby betrokke.

Boer Daandré draai nie doekies om nie. As hy die regte vrou vind, gaan daar kort voor lank voor die kansel gestaan word… Foto: Verskaf

Soeke na balans

Hy is verantwoordelik vir die pakhuis, bemarking en aankope van produkte wat deur die pakhuis moet gaan, maar hy erken die ure op die plaas maak hom moedeloos.

Seisoentyd beteken groot druk op die pakhuis, maar dis vir hom belangrik om balans tussen werk en vrye tyd te handhaaf.

“Jy kan nie net werk, werk en werk nie,” sê dié donkerkop.

Gelukkig is daar vrye tyd waartydens hy staproetes doen, bergfietsrenne ry, kampeer en reis. Tussendeur erken Daandré dat hy by tye té eerlik kan wees. En wanneer iemand hom omkrap, is hy geneig om te onttrek. Hy krop ook soms sy emosies op omdat hy nie van konflik hou nie. Hy glo wel hy is ’n baie lojale mens wat reguit praat, en hy beskik oor hope dryfkrag wanneer hy iets aanpak.

Ongeveer drie jaar gelede het ’n nuwe belangstelling in plante wortel geskiet en het hy sy liefde vir broodbome ontdek. Nadat hy sy eerste saailinge geplant het, is hy behoorlik deur die broodboomgogga gebyt en gaan sy kwekery net van krag tot krag.

“Ek het ’n groot liefde vir die Here. My passie is daarin, en veral onder die jeug,” en daarom moet sy ideale vrou ook daardie liefde deel.

Hoe lyk sy ideale pasmaat?

“Ek het nie baie meisies in die verlede gehad nie. Ek kan hulle waarskynlik op my een hand tel. Party mense sien dit as ’n slegte ding, want jy het nie ervaring opgedoen nie. Maar in my oë – hoekom moet jy ervaring opdoen om liefde te vind? As jy regtig weet wat jy soek, gaan sy oor jou paadjie kom.”

Daandré sê al hy het nie ’n verhoudingsgeskiedenis nie en al was hy nog nooit in ’n vaste of “Facebook Official”-verhouding nie, is hy wel romanties. Vir hom is dit ’n piekniek vir twee by kerslig langs die dam onder die maanlig.

Maar hoe weet jy dis die regte een?

“Elkeen het ’n ander ervaring, en dit hang af waar jou geloofvlak lê. Ek soek iemand met goeie familiewaardes en ’n sterk geloofagtergrond. ’n Mens help bou aan mekaar se geloof.”

Daandré draai ook nie doekies om nie. As hy die regte vrou vind, gaan daar kort voor lank voor die kansel gestaan word, en binne vyf jaar sal daar ook hopelik twee kinders wees.

“Daar’s soveel goed wat ek wil doen, plekke wat ek wil sien, maar ek wil dit nie alleen doen nie. Ek wil dit share met iemand special. Jy kan nie die vreugde van sulke dinge alleen ervaar nie.”

Wil jy vir ’n boer skryf?

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen: 

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv.
  • Besoek die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com.
  • Die sluitingsdatum vir briewe is teen middernag op 30 November 2023.

Wanneer is dit op die kassie

Marciel Hopkins bied vir ’n vierde keer Boer soek ’n vrou aan, en dié maatsoekreeks sal van Julie 2024 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg, en die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, sal oudergewoonte fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies