Menu terloops
In Gons [8 Nov 2023]

‘Boer soek ’n vrou’: Boer Sanel deins nie terug vir enige uitdaging nie


Sanel het vir ‘Boer soek ’n vrou’ ingeskryf op soek na iemand wat haar kan aanvaar vir die mens wat sy is.

‘Boer soek ’n vrou’: Boer Sanel deins nie terug vir enige uitdaging nie

Boer Sanel, ’n 39-jarige boer van Dwaalboom in Limpopo, is een van die tien boere wat liefde in die 16de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind.

Sanel boer met beeste, maar sy het ook wild op haar plaas, met jagters wat gereeld besoek aflê. Sy self jag al van haar skooldae af. Sy sê sy dink haar liefde vir boerdery kom van haar oupa af, wat ook daar geboer het, en veral haar beesboerdery lê haar baie na aan die hart.

Van haar trotsste oomblikke is wanneer haar kalwers op ’n veiling kom en mense dit onmiddellik eien as komende van haar plaas omdat sy haar stoetbulle sorgvuldig kies vir vorm en vleis.  

Altyd reg vir ’n uitdaging

Haar groot liefde vir diere kom al van kleintyd. En sy sê sy het waarskynlik meer geduld met diere as met haar vier kinders (drie seuns en ’n dogter). Hulle beweer glo hul ma kla en dat sy baie kwaai is. Sanel erken skottelgoedwas is een van haar swakste eienskappe. 

Daarteenoor beskryf sy haarself as lewenslustig, dapper en liefdevol.

Sanel boer met beeste, maar sy het ook wild op haar plaas. Foto: Verskaf

Sanel het al baie harde lesse in die lewe geleer en wat sy daaruit geneem het, is dat jy al jou liefde moet gee sonder om te veel in ruil daarvoor te verwag. “Die lewe is kort, en God is in beheer.”

Sanel vertel ook sy het baie vriende. 

“Jy gaan altyd weet as ek by ’n plek instap, want ek is loud en altyd reg vir ’n uitdaging,” lag sy.

Sanel glo sy het alles in die lewe bereik wat sy wou, maar nou kort daar een ding – ’n lewensmaat. Sy het drie jaar gelede haar man, Driekus, met wie sy 15 jaar lank getroud was, aan Covid verloor.

Sy vertel dat haar seun, Driekus, na sy pa aard. HW is haar ysterseun wat al kanker oorwin het en alhoewel Wessel nie gek oor skool is nie, is beeste en boer beslis in sy bloed. Suné was haar pa se blom, volgens Sanel.

Hoe lyk haar ideale pasmaat?

Sanel soek iemand wat haar kan aanvaar vir die mens wat sy is. “Ek is nie regtig op soek na ’n pa vir my kinders nie. Ek voel hulle het hul pa gehad. Maar liefde en ondersteuning is vir hulle baie belangrik.”

Uit haar verhouding met Driekus het sy ook baie geleer. Hulle het in matriek ontmoet, ses maande later oor die telefoon verloof geraak en September voor die kansel gestaan.

“Ek het saam met hom deur die lewe gegroei, en hy het my baie geleer. Een daarvan was om kos te maak. Ek sal nooit weer iemand soos hy kry nie, maar ek hoop om iemand te kry wat vir my lief kan wees soos wat hy was.”

Hoe voel Sanel oor romanse?

“Jy het nie altyd geld nodig om iemand uit te vat nie. Ek bedoel, ’n kombers en ’n piekniekmandjie net daar in die ope lug, of agterop die bakkie om net na die sterre te kyk en na mekaar te luister – daai kan vir my die ultimate wees.”

Haar ideale man se fondasie moet reg wees in die sin dat hy moet weet die Here het almal geskape.

“Hy moet gevestig wees in sy lewe, sy man kan staan en met die regte intensies kom om my hart te wen en om hier te wees vir my.”

Wil jy vir ’n boer skryf?

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen: 

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv.
  • Besoek die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com.
  • Die sluitingsdatum vir briewe is teen middernag op 30 November 2023.

Wanneer is dit op die kassie?

Marciel Hopkins bied vir ’n vierde keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal van Julie 2024 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreise kan volg, en die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, sal oudergewoonte fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies