Menu terloops
In Gons [5 Nov 2023]

‘Boer soek ’n vrou’: Ontmoet boer JW wat wens vir ’n goeiemôre-soentjie


‘Boer soek ’n vrou’ se boer JW glo dis nou die regte tyd vir ’n tweede mens-asem in sy huis wat saam met hom kan lag . . . . en dit dalk op die dansbaan sal waag.

‘Boer soek ’n vrou’: Ontmoet boer JW wat wens vir ’n goeiemôre-soentjie

Appels, pere en merinoskape is nie net wat JW, ’n 23-jarige boer van Villiersdorp, se werk is nie, maar dis ook sy groot passie. Hy is een van die tien boere wat liefde in die 16de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind.

JW sê die seisoene op die plaas kan soms kommer veroorsaak, maar vir hom is dit juis hoekom geloof noodsaaklik is. “Ek dink dis een van die sterkste dinge wat ’n boer moet hê. Jou geloof moet sterk wees, want jy werk met die natuur.”

Humor & koffie

Humor speel ook ’n groot rol in dié jong boer se lewe, en al gaan dit hoe sleg, vind hy tog altyd iets wat hom laat lag. En dis daai stukkies lag elke dag wat hom aan die gang hou.

Rugby saam met vriende, musiek en kort road trips is hoe hy kop skoonmaak. En op die dansbaan gaan hy jou beslis nie in die verleentheid stel nie. 

JW sê hy begin nie sy dag sonder daardie noodsaaklike koppie koffie nie. Dít, tesame met sy twee honde, is sy daaglikse alarms vir opstaantyd.

“Maar ek dink in hierdie stadium sal ek verkies om iemand anders as my twee honde se goeiemôre-soentjie te kry,” glimlag hy skaam-skaam.

“Maar ek dink in hierdie stadium sal ek verkies om iemand anders as my twee honde se goeiemôre-soentjie te kry,” sê JW skaam-skaam.

Hoe lyk sy ideale pasmaat?

JW erken hy oordink sake soms te veel en vertrou mense te maklik. Daarmee saam beskou hy homself ook as ’n perfeksionis. Maar klits ’n goeie sin vir humor, lojaliteit en eerlikheid daarby in, en jy kan sien dié jong boer se kop en hart is reg vir nuwe dinge.

JW sê sy huis is leeg, en dis groot genoeg vir twee mense. “Die tyd is nou reg vir ’n tweede persoon om hier te kom woon.”

Uit sy vorige verhoudings het hy geleer dat ondersteuning en vertroue van beide kante moet kom. Mense moet mekaar se behoeftes verstaan en respekteer. En kommunikasie is ook baie belangrik. Sy ideale tweede persoon moet selfstandig wees, hou van die buitelewe en sportief wees. En sy versugting is na iemand met ’n sin vir humor wat nie net grappies kan maak nie, maar ook sy grappies kan verstaan. 

JW dink hy kan baie romanties wees en verkies klein bederfies om die vlam aan die brand te hou. Sy ideale afspraak sal ’n piekniek langs die dam op die plaas wees terwyl die son rustig begin sak. 

Hy sê hy weet hy is nou op die regte plek vir daardie tweede mens en is bereid om sy als te gee.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen: 

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv.
  • Besoek die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com.
  • Die sluitingsdatum vir briewe is teen middernag op 30 November 2023.

Wanneer is dit op die kassie?

Marciel Hopkins bied vir ’n vierde keer Boer soek ’n vrou aan, en dié maatsoekreeks sal van Julie 2024 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreise kan volg, en die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, sal oudergewoonte fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies