Menu terloops
In Lysie-lysie [19 Jul 2022]

Wie’s wie in ‘Spoorloos: Die eiland’


‘Spoorloos: Die eiland’ se sterbelaaide rolverdeling vorm deel van die groter ‘Spoorloos’-legkaart wat met aksiebelaaide tonele en emosionele oomblikke en kinkels, kykers aan die raai hou.

Kyk nou

Wie’s wie in ‘Spoorloos: Die eiland’
Kyk lokprent
1

Bobby van Jaarsveld as Stefan

Bobby van Jaarsveld in Spoorloos: Die eiland
Bobby van Jaarsveld as Stefan. Foto: kykNET/Verskaf

Die immergewilde sanger Bobby van Jaarsveld maak sy debuut in ’n dramareeks as Stefan Claasen, die argitek wie se lewe chaoties word as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore eerste liefde, Emma (Izel Bezuidenhout) hom by ’n web van bedrog insleep as sy dan vermis raak. Hy word dan die hoofverdagte in die saak. Hoewel Bobby al in die musical-flieks As jy sing en Liefling gespeel het, is hierdie sy eerste dramatiese rol. Hy het ook in die kykNET-komedie Mense mense gespeel en as mentor in The Voice opgetree.

Lees Tarren-Lee Habelgaarn se onderhoud met Bobby hier.

2

Izel Bezuidenhout as Emma

Izel Bezuidenhout as Emma in Spoorloos: Die eiland. Foto: kykNET/Verskaf
Izel Bezuidenhout as Emma. Foto: kykNET/Verskaf

Die aktrise Izel Bezuidenhout vertolk die rol van Emma Eloff – dis nou Stefan (Bobby van Jaarsveld) se one that got away… Die vrou op wie Stefan jare gelede verlief geraak het en dan weer uit die bloute haar verskyning in sy lewe maak.

Izel is bekend vir haar rolle in flieks soos Dis ek, Anna, Dominee Tienie, Vaselinetjie en Flatland.

3

Armand Aucamp as Lucas

Armand Aucamp as Lukas in in Spoorloos: Die eiland. Foto: kykNET/Verskaf
Armand Aucamp as Lukas. Foto: kykNET/Verskaf

Armand Aucamp, wie kykers se harte verower het as Tom Niemand in die kykNET-dramareeks Die boekklub, is te sien as Emma (Izel Bezuidenhout) se man, Lucas Eloff. Armand het ook onlangs in die Showmax-reeks Troukoors verskyn en is ook in die speelfilms Krotoa en Ballade vir ’n enkeling. Hy is daarbenewens die stigter van die heel eerste Afrikaanse dating app, KOER, en die kosboekskrywer van die topverkopers Kook kaal en Kook kaal volume 2.

4

Deon Coetzee as Freek

Deon Coetzee as Freek in Spoorloos: Die eiland. Foto: kykNET/Verskaf
Deon Coetzee as Freek. Foto: kykNET/Verskaf

Deon Coetzee is alombekend vir sy rolle in reekse soos Agter elke man, Egoli en Binnelanders.

Hy vertolk die rol van Emma (Izel Bezuidenhout) se pa, Freek Lambrecht, wat as voorman vir Lucas (Armand Aucamp), sy skoonskeun en Emma se man, werk.

5

Marisa Drummond as Cobie

Marisa Drummond as Cobie in Spoorloos: Die eiland. Foto: kykNET/Verskaf
Marisa Drummond as Cobie. Foto: kykNET/Verskaf

Marisa Drummond is te sien as Cobie Lambrecht – Freek (Deon Coetzee) se vrou en Emma (Izel Bezuidenhout) se stiefma. Marisa is nie net ’n aktrise wat bekend is vir rolle in Getroud met rugby en die komedie Elke skewe pot nie, maar ook as ’n skrywer, regisseur en vervaardiger. 

6

Esmerelda Bihl as Sylvia

Esmerelda Bihl in Spoorloos: Die eiland. Foto: kykNET/Verskaf
Esmerelda Bihl as Sylvia. Foto: kykNET/Verskaf

Esmeralda Bihl en Donovan Pietersen speel ma en seun, Sylvia en Darryl September – twee karakters wat ’n interessante element tot dié drama byvoeg. Esmeralda het al in verskeie TV-reekse verskyn, insluitend A Place Called Home, Scandal, Riemvasmaak en Binnelanders. Sy het ook vroeër vanjaar in die kykNET-storiefilm Party kry ’n naweek gespeel.

Donovan was in die vorige seisoen van Spoorloos te sien, maar kykers sal hom ook onthou vir sy rolle in Binnelanders en Getroud met rugby, sowel as die Storiefilms Kamer 6 en Krismisboks.

7

Leché Joubert as Leandri

Leché Joubert in Spoorloos: Die eiland. Foto: kykNET/Verskaf
Leché Joubert as Leandri. Foto: kykNET/Verskaf

Spoorloos: Die eiland is Leché Joubert se eerste rol in ’n dramareeks. Sy vertolk die rol van Stefan (Bobby van Jaarsveld) se verloofde. Leché het in die rolprent Vergeet my nie gespeel, asook die kykNET Storiefilm, ’n Duisend woorde. Leché is ook ’n stemkunstenaar wat verskeie karakters in die animasieprent Die Sneeukoningin 3 vertolk het.

8

Tiaan Slabbert as Philip

Tiaan Slabbert
Tiaan Slabbert as Philip. Foto: kykNET/Verskaf

Stefan (Bobby van Jaarsveld) se beste vriend, Phillip Naudé, word deur Tiaan Slabbert vertolk. Hy is ’n bekende verhoogakteur en het ’n Naledi-toekenning vir sy spel in Porselein gewen. Hy besit ‘n opvoedkundige kinderteatermaatskappy, What Walrus?, en het ook al gesig gewys in die kykNET-sepie Getroud met rugby, die kykNET-dramareeks Knapsekêrels en die kykNET Storiefilms, Kansel, Ongepoets en Boetie ontmoet ’n alien (wat 30 Julie uitgesaai word).

Nog bekende gesigte in die rolverdeling:

Die bekende Kwêla– en Hannes aan huis-aanbieder, Hannes van Wyk, is te sien as ’n professor in marine biologie. Hy het in verskeie TV-reekse soos Waterfront, Lui maar op, Belinda en Fynskrif, gespeel en het reeds ’n rol in een van die vorige Spoorloos-reekse vertolk. Hannes is ook ’n gesoute teaterakteur. Hannes is ook spelvervaardiger vir die sepie Suidooster

Belinda Paige, die ma van Stefan se seuntjie, Lenny, word deur Robyn Rossouw vertolk. TV-reekse waarin sy al te sien was, sluit in Legacy, Arendsvlei en Sara se geheim

Die veteraanaktrise Ilse Klink het ’n lang lys TV-rolle agter haar naam, waaronder Skemerdans, Diamond City, Arendsvlei en Nêrens Noord-Kaap. Sy was in die sepie Binnelanders as Steve (Clint Brink) se ma te sien. In Spoorloos: Die eiland maak haar karakter, Melanie Paige, die lewe moeilik vir Belinda (Robyn Rossouw) en Stefan (Bobby). 

Brendon Daniels vertolk die rol van George Paige, die man aan Melanie (Ilse Klink) se sy en Belinda (Robyn Rossouw) se pa. Brendon is bekend vir rolle in ’n verskeidenheid kykNET-reekse, insluitend Valllei van sluiers, Die Boland Moorde, Sara se geheim, Skemerdans en Arendsvlei

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies