Menu terloops

Arendsvlei S1-4

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 28 Sep 2021]


’n telenovella wat draai om die leerders, hul ouers, en die onderwysers van ’n hoërskool op die Kaapse Vlakte.

Kyk nou

Arendsvlei S1-4
Kyk lokprent

Die SAFTA-benoemde Arendsvlei is ’n meesleurende telenovella wat draai om die leerders, hul ouers, en die onderwysers van die Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte. 

Dit gee ’n blik op die wêreld van tieners met storielyne wat wissel van groepsdruk, seks en dwelms, tot druk om te presteer, in te pas, maar ook om getrou aan hulself te bly. Dan is daar natuurlik ook die volwasse garde se sagas – ’n bietjie moord hier, ’n affair of wat daar – en saam is dié kombinasie uiters boeiende kykstof. 

Die rolverdeling sluit in veteraan-sepiester Ilse Klink (Nêrens, Noord-Kaap), Carmen Maarman (Lui maar op, Belinda) en Jolene Martin (Fishy Fêshuns). Die eerste drie seisoene is nou op Showmax. Kyk dit ook op kykNET & kie op DStv of DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies