Menu terloops

Nêrens, Noord-Kaap

Op Showmax [Gepubliseer op 21 Feb 2022]


Die kykNET-reeks, ‘Nêrens, Noord-Kaap’, is nou ook op Showmax.

Kyk nou

Nêrens, Noord-Kaap
Kyk lokprent

Drie vervreemde broers vind die kronkelpad terug na hul ouerplaas in die dorre Noord-Kaap, Nêrens, waar hulle die geheime, hartseer en waarheid oor hul ma se dood moet aanspreek om uiteindelik heling te vind. 

Die storie is gegrond op die gelyknamige verhoogstuk deur Nico Scheepers wat in 2017 sy debuut gemaak het. Dit is sedertdien wyd geloof en Scheepers se omskepping van sy hartroerende verhaal na ’n TV-reeks is iets meesterlik. (Lees Riëtte van der Wat se onderhoud met Scheepers hier.)

Die hoofkarakters word deur dieselfde rolverdeling as in die teaterstuk vertolk met De Klerk Oelofse, Albert Pretorius en Geon Nel as die drie broers Andries, Ronnie en Frans.

Elkeen slaan hul eie koers in ná Ronnie se troue. Frans bly op die plaas agter, Andries reis oor die wêreld heen, en Ronnie is in die Kaap met ‘n kind en ‘n verbrokkelde huwelik.

Dis ’n sameloop van tragiese omstandighede wat hulle aanvanklik uitmekaar dryf.

Dis egter dieselfde tragiese omstandighede wat hulle weer bymekaarbring as hulle genoodsaak word om die wonde uit hul kinderjare aan te spreek in hul soeke na verlossing.   

Frank Opperman is te sien as die broers se pa, Lourens Adendorff, en Tinarie van Wyk Loots as hul oorlede ma, Katja.

Die reeks is reeds vir ‘n tweede seisoen hernu.

Op Showmax vanaf 21 Februarie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies