Menu terloops

Lui maar op, Belinda S1-3

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 3 Apr 2023]


Geliefde aktrise Brümilda van Rensburg speel die hoofrol in hierdie kykNET-komedie nou op Showmax.

Lui maar op, Belinda S1-3
Kyk lokprent

Daar wag vreugde, komedie én trane in die nuwe seisoen van Lui maar op, BelindaBrümilda van Rensburg vertolk steeds die naamrol teenoor Annelisa Weiland (Annetjie) terwyl Duncan Johnson (Ian), Wian Taljaard (Dirkie) en Carmen Maarman (Maggie) steeds sorg vir heerlike vermaak. Eric Nobbs, wat die geliefde karakter Frans gespeel het, is oorlede tydens verfilming van die nuwe seisoen en is steeds in die eerste drie episodes te sien. Die rol van Frans word daarna deur die veteraan-akteur Chris van Niekerk vertolk.

Hierdie kykNET-komedie gaan oor ouer word en draai om die mense van Ian en Ander, ’n winkeltjie in George. Dit behoort aan ene Ian Jantjies, ’n middeljarige man wat die gedruis van die stad agterweë laat vir die sogenaamde vrede van ’n klein dorpie. Maar toe is dit als behalwe! Sy drie…effens ouer werknemers, maak hom by die dag gryser.

Belinda is ’n voormalige beroemde Afrikaanse aktrise wat meer tyd voor die spieël as voor haar kasregister bestee. Annetjie Nel is ’n bakker wat haar meer by die winkel se gebak as by die winkel se probleme moet bepaal. Dan is daar die sjarmante Frans Wessels wat sy bes probeer om die vrede tussen Annetjie en Belinda te hou. Die arme siel slaag selde. Saam-saam ervaar hulle die lewe se tweede kanse en leer ook dat pret niks met ouderdom te doen het nie. 

Aan die einde van die vorige seisoen het Belinda ontdek sy het borskanker. Met die aanvang van die derde eisoen word dié storielyn hervat. Dis ’n wipwarit van emosies wat op kykers wag soos dié reis van Belinda uitgebeeld word. 

Die eerste twee seisoene is op Showmax beskikbaar. Die derde seisoen se episodes word weekliks vanaf Maandag, 3 April, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Kyk dit ook op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies