Menu terloops

Lui maar op, Belinda S1-3

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 3 Apr 2023]


Geliefde aktrise Brümilda van Rensburg speel die hoofrol in hierdie kykNET-komedie nou op Showmax.

Lui maar op, Belinda S1-3
Kyk lokprent

Daar wag vreugde, komedie én trane in die nuwe seisoen van Lui maar op, Belinda. Brümilda van Rensburg vertolk steeds die naamrol teenoor Annelisa Weiland (Annetjie) terwyl Duncan Johnson (Ian), Wian Taljaard (Dirkie) en Carmen Maarman (Maggie) steeds sorg vir heerlike vermaak. Eric Nobbs, wat die geliefde karakter Frans gespeel het, is oorlede tydens verfilming van die nuwe seisoen en is steeds in die eerste drie episodes te sien. Die rol van Frans word daarna deur die veteraan-akteur Chris van Niekerk vertolk.

Hierdie kykNET-komedie gaan oor ouer word en draai om die mense van Ian en Ander, ’n winkeltjie in George. Dit behoort aan ene Ian Jantjies, ’n middeljarige man wat die gedruis van die stad agterweë laat vir die sogenaamde vrede van ’n klein dorpie. Maar toe is dit als behalwe! Sy drie…effens ouer werknemers, maak hom by die dag gryser.

Belinda is ’n voormalige beroemde Afrikaanse aktrise wat meer tyd voor die spieël as voor haar kasregister bestee. Annetjie Nel is ’n bakker wat haar meer by die winkel se gebak as by die winkel se probleme moet bepaal. Dan is daar die sjarmante Frans Wessels wat sy bes probeer om die vrede tussen Annetjie en Belinda te hou. Die arme siel slaag selde. Saam-saam ervaar hulle die lewe se tweede kanse en leer ook dat pret niks met ouderdom te doen het nie. 

Aan die einde van die vorige seisoen het Belinda ontdek sy het borskanker. Met die aanvang van die derde eisoen word dié storielyn hervat. Dis ’n wipwarit van emosies wat op kykers wag soos dié reis van Belinda uitgebeeld word. 

Die eerste twee seisoene is op Showmax beskikbaar. Die derde seisoen se episodes word weekliks vanaf Maandag, 3 April, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Kyk dit ook op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies