Menu terloops

Spoorloos 3: Steynhof

Op Showmax [Gepubliseer op 28 Feb 2022]


Die derde seisoen van die senutergende dramareeks ‘Spoorloos’, is ook nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

Spoorloos 3: Steynhof
Kyk lokprent

Twee mense word dood in ’n babadogtertjie se ouerhuis aangetref. Beide die oppasser en die baba het spoorloos verdwyn. Wat het daardie nag gebeur? Wie het die ouers vermoor? Waar is die dogtertjie? Dis met dié raaisels wat Spoorloos 3: Steynhof begin.

Sowat 15 jaar later kry haar familie die tyding: Sy is gevind.

Die 15-jarige Adri van Tonder ontdek met behulp van haar vriend Xander dat daar geen wettige rekord van haar geboorte is nie. Dan vind hulle boonop ook uit van die baba wat 15 jaar van te vore verdwyn het. Dit vat nie lank vir hulle om twee en twee bymekaar te sit nie.

Adri is vasberade om antwoorde te kry en is vort na ’n plaas diep in die Noord-Kaap. Maar, kom sy gou agter, nie almal is ewe gretig om die waarheid met haar te deel nie. Só duur die raaisels wat sy probeer ontsyfer voort. 

Die agt episodes van Spoorloos 3: Steynhof volg dieselfde draad as die vorige Spoorloos-seisoene: Dit speel af in ’n plattelandse gemeenskap en die verlede se geheime ontketen ’n drama in die hede. In hierdie seisoen is dit bietjie anders omdat dit nie ’n dorp in rep en roer is nie, maar die mense van Steynhof, ’n spogplaas.

Die rolverdeling van Spoorloos 3 sluit onder andere is Stiaan Smith (Hotel), Jane de Wet (Griekwastad), Brent Vermeulen (Die Stropers), Vinette Ebrahim (Skemerdans), en Kim Cloete (Fynskrif) in.

Stroom al drie seisoene nou op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies