Menu terloops

Spoorloos 3: Steynhof

Op Showmax [Gepubliseer op 28 Feb 2022]


Die derde seisoen van die senutergende dramareeks ‘Spoorloos’, is ook nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

Spoorloos 3: Steynhof
Kyk lokprent

Twee mense word dood in ’n babadogtertjie se ouerhuis aangetref. Beide die oppasser en die baba het spoorloos verdwyn. Wat het daardie nag gebeur? Wie het die ouers vermoor? Waar is die dogtertjie? Dis met dié raaisels wat Spoorloos 3: Steynhof begin.

Sowat 15 jaar later kry haar familie die tyding: Sy is gevind.

Die 15-jarige Adri van Tonder ontdek met behulp van haar vriend Xander dat daar geen wettige rekord van haar geboorte is nie. Dan vind hulle boonop ook uit van die baba wat 15 jaar van te vore verdwyn het. Dit vat nie lank vir hulle om twee en twee bymekaar te sit nie.

Adri is vasberade om antwoorde te kry en is vort na ’n plaas diep in die Noord-Kaap. Maar, kom sy gou agter, nie almal is ewe gretig om die waarheid met haar te deel nie. Só duur die raaisels wat sy probeer ontsyfer voort. 

Die agt episodes van Spoorloos 3: Steynhof volg dieselfde draad as die vorige Spoorloos-seisoene: Dit speel af in ’n plattelandse gemeenskap en die verlede se geheime ontketen ’n drama in die hede. In hierdie seisoen is dit bietjie anders omdat dit nie ’n dorp in rep en roer is nie, maar die mense van Steynhof, ’n spogplaas.

Die rolverdeling van Spoorloos 3 sluit onder andere is Stiaan Smith (Hotel), Jane de Wet (Griekwastad), Brent Vermeulen (Die Stropers), Vinette Ebrahim (Skemerdans), en Kim Cloete (Fynskrif) in.

Stroom al drie seisoene nou op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies