Menu terloops
In Recaps & Resensies [30 Sep 2021]

Nuwe karakters, nuwe storielyn, dieselfde naelbytdrama


Wanneer dit by Afrikaanse dramas kom, sit kykNET weinig die pot mis. Só ook dan met Spoorloos, nou in sy derde seisoen.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Nuwe karakters, nuwe storielyn, dieselfde naelbytdrama
Kyk lokprent

Wanneer dit by Afrikaanse dramas kom, sit kykNET weinig die pot mis: Fynskrif, Die Boekklub; of dink terug aan Orion met Neil Sandilands se vertolking van geteisterde, selfvernietigende ex-cop Zatoplek van Heerden. Só ook dan met Spoorloos, nou in sy derde seisoen, wat die anthology-formaat gebruik om raaisels rondom raaisels rondom raaisels te draai, daaraan te karring en uiteindelik die boute losmaak vir die Big Reveal(s).  

Soos American Horror Story, The Sinner en True Detective is elke seisoen ’n standalone-storie wat niks te make het met dit wat voor, of na, dit kom nie. ’n Nuwe seisoen beteken onbekende karakters, en ’n splinternuwe storielyn. Maar hoekom dit dan nie elke keer ’n nuwe naam gee en dit ’n onafhanklike reeks maak nie? Volgens Spoorloos se regisseur, Christo Davids, is dit juis uit nuuskierigheid wat kykers sal terugkeer.

“Dit was Ilse van Hemert (draaiboekskrywer) se plan. Die DNA van elke reeks bly dieselfde, maar die storie verander,” sê hy. “Ek dink dit gee ’n geleentheid aan die gehoor om elke keer ’n nuwe storie te beleef. Mense geniet dit baie en sien uit na wat die volgende raaisel wat hulle moet oplos gaan wees.”

Ek stem met Christo, maar dit is nou ás jy die raaisel kán oplos, want met Spoorloos dink ek elke episode dat ek weet wat gaan vir wat en dat my teorie in die volgende episode bevestig sal word…Uhm…Toe nou nooit nie. En dit is die magic van Spoorloos: even when you think you have it, you don’t, you really don’t! 

In Spoorloos: Steynhof neem die storielyn vir ons na Steynhof, ’n spoggerige familieplaas in die Noord-Kaap, waar ’n baba en haar oppasser spoorloos in die nag verdwyn en die babatjie se ouers dood aangetref is. En só begin die vrae terg: Wat het gebeur? Waar is hulle nou? Is die babatjie veilig?

Dis nie die tipe reeks, á la Grey’s Anatomy, waar jy ’n episode kan mis en bloot weer by ’n ander inspring nie. Liefs nie, want jy sal nooit jou pad uit daai doolhof vind nie.

Die reeks begin met Adri van Tonder (vertolk deur Jane de Wet) wat wéér by ’n nuwe skool ingeskryf word nadat haar ma Therese (vertolk deur Franci Swanepoel) nie ’n geboortesertifikaat vir haar kan verskaf nie. By die skool ontmoet Adri vir Xander (vertolk deur Brent Vermeulen), ’n outistiese seun wat homself speurder hou en self ondersoek instel om antwoorde vir die vrae rondom haar geboortesertifikaat te vind. Dis Xander wat dan Adri se hele wêreld op sy kop draai wanneer hy met haar deel dat sy dalk nié Therese se wettige kind is nie.

En…dít is al wat ek oor die storielyn kan verklap, want soos met die vorige seisoene, Spoorloos en Spoorloos: Heksejag, begin die raaiselreis reeds die oomblik wat die eerste toneel oor die skerm flits. Dis nie die tipe reeks, á la Grey’s Anatomy, waar jy ’n episode kan mis en bloot weer by ’n ander inspring nie. Liefs nie, want jy sal nooit jou pad uit daai doolhof vind nie. Die pas is snel, die kinkels oorvloedig. Jy moet byhou. Konsentreer en verbeel dat jy Sherlock Holmes of Detective Clouseau is. Skryf die leidrade neer, teken kaarte – it gets messy! En dís die lekkerte wat die reeks se vertellers vir jou geskep het – jy is werklik vas in hul fynbeplande, angsbevange greep.

Die rolverdeling is weereens ongelooflik en die akteurs vertolk hul karakters met diepe oortuiging, veral Brent Vermeulen, wat net ongelooflik is in die rol van outistiese Xander. Dit laat my onmiddellik dink aan Dr. Shaun Murphy wat deur Eddie Highmore gespeel word in die Amerikaanse drama The Good Doctor (nog ’n reeks wat jy beslis nie moet misloop as jy dit nog nie gekyk het nie).

Ander bekende gesigte wat jy hierdie seisoen sien, is Vinette Ebrahim, Kim Cloete, Diaan Lawrenson, Stiaan Smith, Wayne van Rooyen en Anro Marias. Daar is ook nuwe talent waarvoor jy moet uitkyk, want ek dink ons gaan hulle beslis meer sien.

  • Spoorloos: Steynhof is ’n moet-kyk-lysie-reeks. Dis op DSTV Catch Up tot en met 26 Oktober, en dan gaan jy tot volgende jaar moet wag om dit met die eerste twee aflewerings, wat reeds op Showmax is, te binge.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies